Video: Swaar polisieteenwoordigheid buite hof op Groblersdal

Een van die ondersteuners buite die hof op Groblersdal word deur die polisie weggelei. (Foto: Maroela Media)

Die polisie in Limpopo het Woensdag toegesak op Groblersdal in Limpopo waar ʼn pa en seun, wat van die aanranding van een van hul werkers beskuldig word, na verwagting ʼn borgtogaansoek sal indien.

Piet Groenewald en sy stiefseun, Stephan Greeff, van Wildlife Investigations & Protection Services (WIPS) staan tereg op aanklagte van poging tot moord.

Albei is Donderdag in hegtenis geneem ná hulle glo vir Veneruru Kavari (30), ʼn WIPS-veiligheidswag, aangerand het. Kavari beweer Groenewald en sy seun het hom met ʼn swaar voorwerp geslaan en glo ook ʼn hond aangehits om hom aan te val.

Pa en seun het Vrydag vlugtig in die hof verskyn, waar hul saak tot vandag uitgestel is.

Die voorval is na bewering voorafgegaan deur ʼn woordewisseling by Kwaggafontein in Mpumalanga. Volgens die polisie in Limpopo het Kavari diens gedoen by ʼn selfoontoring. Hy is daarvan beskuldig dat hy besope was. Hy is hierna na bewering teruggeneem na WIPS se kantoor op Groblersdal, waar daar glo ʼn woordewisseling tussen Kavari, Greeff en Groenewald ontstaan het.

Elmarie Groenewald, Piet se vrou, het in ʼn video op sosiale media gesê Kavari was besope en het sy radio stukkend geslaan. Volgens haar was Kavari slegs ʼn week in WIPS se diens.

Kavari het glo baklei met Piet en ook ʼn regstreekse video-uitsending van die voorval gemaak.

Veneruru Kavari (30) by die hof op Groblersdal. (Foto: Isabel Venter/Maroela Media)

Berigte dat Kavari en nog vier EFF-lede, wat glo tot Kavari se redding gekom het, in hegtenis geneem en aangekla is, kon nie dadelik bevestig word nie.

Maroela Media het die provinsiale polisiewoordvoerders in Limpopo en Mpumalanga hieroor gevra. Hul terugvoer sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Ali Maloba, EFF-streeksvoorsitter vir die Sekukhune-distrik in Limpopo, het bevestig vier van sy lede is verlede week in hegtenis geneem.

Maloba sê die lede het WIPS se kantoor in Groblersdal besoek nadat hulle gevra is om een van hul “kamerade wat in die moeilikheid is” by te staan.

Volgens Maloba is hulle aanvanklik toegang geweier. Die lede kon Kavari wel help en het hierna ook druk op die plaaslike polisie geplaas om ʼn saak aanhangig te maak, sê Maloba.

Hy het die voorval veroordeel en ook bevestig dat lede van die EFF in Limpopo Woensdag by die hof sal betoog.

Mense drom buite die hof op Groblersdal saam terwyl die polisie ‘n wakende oog hou. (Foto: Pieter Cloete/Maroela Media)

Ander drukgroepe, soos die Bittereinders, het ook op sosiale media aangedui hul lede sal vreedsaam by die hof betoog.

Willem Petzer, ʼn aktivis teen plaasmoorde, het ook sy ondersteuners gevra om na die hof op te ruk.

Hy, tesame met die Bittereinders se ondersteuners, het al vroeg by ʼn vulstasie op die dorp bymekaargekom. Daar was kort ná 07:00 reeds ʼn handvol mense.

ʼn Swaar polisieteenwoordigheid is ook van vroegdag gehandhaaf. Die straat voor die hof was met polisienjalas afgesper en streng toegangsbeheer is toegepas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

domheks ·

Siestog, Veneruru Kavari moet seker sielkundige behandeling kry na hy opdaag by werk en gesuip is!

Nommer 7 ·

Of ons nou wil of nie, ons lewe al lank nie meer in 1858 nie. Bere maar daai vlae!

Theunis ·

Poging tot moord? maar daar is geen teken dat die slagoffer enige beserings opgedoen het nie.
Om aggresief, onder die invloed van alkohol en met ‘n sekel in jou hand jou werknemer te bedreig, word dit nie ook aangesien as optrede met voorberraad – poging tot moord? Hoekom is die slagoffer ook dan nie aangekla nie vir poging tot moord?
Defnitiewe voorbeeld van dubbel standaarde deur ons wetstoepassers….

bolletjie blom ·

Ag en nou wil hy seker van die boer eis omdat hy dan kwansuis beseer is. Ons het tog mos nou al ‘n hele paar van die sake gesien.

Franz ·

Wonder maar net,oor die eff leier wat n hoe geplaaste polisie lid aangerand het,jare gelede.Niks van gekom nie.

Papsak ·

Poging tot moord asb daai een het nou weer alles uit verband gaan ruk en alles erger gaan maak as wat dit eindlik is dit gaan net so in SA geen ander land sal so op tree nie staan op vir julle mense asb

efjy ·

Wat is die doel van die swaar gewapende polisiemag wat teenwoordig is by ‘n “aanranding” saak. Ek sien nooit die verskynsel as moordenaars van blankes in die hof verskyn nie.

Tokkel ·

Lojaliteit beteken dan jy by jou mense sal staan, reg of verkeerd en dan hom reghelp na die tyd. Wat het geword van ons mense se lojaliteit?

Casper ·

Wat het verkeersbeamptes daarnee uit te waai.Hulle is veronderstel om verkeerbeheer toe te pas volgens hulle aanstellings.

Martie ·

Nee dis nie snaaks nie. Ons gewone mense is mos opgevoed, nie grootgemaak nie daarom sal ons geregtigheid sy gang laat gaan sonder intimidasie van massa betogings. So lyk Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.