Swaar straf vir oupa wat sewejarige verkrag

ʼn Oupa van Groblersdal in Limpopo is swaar gestraf nadat hy aan die verkragting van sy sewejarige stiefkleindogter skuldig bevind is.

Die 68-jarige man is Maandag in die streekhof op die dorp gevonnis tot 20 jaar direkte gevangenisstraf.

Hy is in hegtenis geneem ná dit aan die lig gekom het dat hy in Maart verlede jaar die meisie verkrag het. Die man het gewag tot die kind se ma die huis verlaat en het haar dan na haar slaapkamer geneem waar hy haar verkrag het.

Die hof het gehoor die man het by meer as een geleentheid die meisie verkrag. Omrede sy slagoffer aan hom verwant en ook minderjarig is, kan die man se identiteit nie bekend gemaak word nie.

Die kind het ná die verkragtings vir haar ma vertel wat gebeur het. Mediese ondersoeke het haar bewerings gestaaf en ʼn klag is by die polisie aanhangig gemaak.

Die oupa se saak is herhaaldelik uitgestel, tot hy Maandag gevonnis is.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het speursers. Pebetse Maile, verbonde aan die Groblersdal-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, vir haar goeie ondersoekwerk in die saak geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jannie ·

Al wat ons kan hoop is dat hy as kinderverkragter in die tronk uitgesorteer sal word. Hy verdien nie om ooit uit te kom nie

Vanessa ·

Hoe siek moet mens wees om so iets te doen. Al word hy toegesluit gaan dit nie daai kind se lewe beter maak nie. Haar hele lewe is verwoes deur sy sieklike dade!!!!!

Karoo ·

Baie baie dankie aan die dapper dogtertjie wat vir haarself opgestaan het, die Ma wat opgetree het, Polisie, Kinderbeskereming en die regter wat die hamer laat val het. Op 68… wonder ek of dit sy 1ste geval was. Nou kan hy iemand anders “dien” in die tronk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.