Swaar vonnis ná Swartland-plaasmoord

(Argieffoto)

Duran Constable, ’n gereelde oortreder, is vandeesweek in die Kaapstadse hooggeregshof altesaam 76 jaar tronkstraf opgelê vir twee afsonderlike misdade, waarvan een die moord op Ingrid Koch, ’n boervrou van die Swartland.

Ingrid (65) is verlede jaar op ’n plaas in die omgewing van Moorreesburg in die Wes-Kaap vermoor. Haar man, Frans (69), is tydens die aanval ernstig beseer.

Die Koch-egpaar is op 5 April verlede jaar met steekwonde aan hul liggame op hul plaas Klipheuwel aangetref.

Ingrid is die betrokke dag in die plaashuis met ’n mes aangeval nadat Constable die plaashuis binnegegaan en ’n mes uit die kombuis geneem het. Sy is op die toneel dood.

Frans is na ʼn hospitaal gehaas nadat hy tydens die aanval op sy vrou tussenbeide getree en verskeie steekwonde opgedoen het.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê Constable was 17 jaar oud toe hy in 2005 vir die eerste keer met die gereg gebots het. Constable is destyds as tienerseun van diefstal aangekla.

Toe probeer Constable begin verlede jaar ’n vrou verkrag.

Van Wyk sê Constable het op 23 Januarie verlede jaar ’n huis in Velddrif binnegegaan en probeer om ’n 29-jarige vrou te verkrag. Die vrou het ’n mes gegryp om Constable te verjaag. Dit is toe dat Constable die mes by die vrou afneem en haar twee keer in haar regter bo-arm daarmee steek.

Die vrou het eindelik na die bure gevlug en die polisie is ontbied. Constable is die betrokke dag op die toneel in hegtenis geneem.

Constable is van aanklagte van poging tot verkragting en huisbraak aangekla voordat hy op borgtog vrygelaat is.

Toe slaan hy toe op die plaas van die Koch-egpaar.

Constable is eindelik Maandag in die Kaapstadse hooggeregshof drie jaar tronkstraf vir huisbraak en 15 jaar tronkstraf vir gepoogde verkragting opgelê wat die verkragtingsaak betref.

Wat die aanval op die Koch-egpaar betref, is Constable ’n verdere drie jaar tronkstraf opgelê vir huisbraak, 10 jaar vir roof met verswarende omstandighede, 15 jaar vir poging tot moord en 30 jaar vir moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Ek stem saam hopeloos te kort want oor drie of vier jaar kry hy kwytskelding van Pres Ramaphosa en gaan weer netso voort met sy misdaad loopbaan.

Danie ·

Hoe het hy borgtog gekry na hy reeds iemand met n mes aangeval het?

Willem ·

Want hy is minder bevoorreg – alhoewel hy ‘n skurk / moordenaar is en altyd sal wees

john ·

slagoffers van misdadgers wat op parole vrygelaat is moet die staat en department van korreksie begin dagvaar en selfs die kantoor vd staats president. Dan sien ons hoe gou is dit verby met all die vroe vrylatings

Jeanette ·

Ja elke boef kry deesdae parool en in daai tyd pleeg hy meer misdaad en moord as wat hy oorspronklik voor in hegtenis geneem is, hierdie land is ten gronde

electricmango ·

Ai tog ek hoop nie sy familie mis hom te veel nie, klink na n raakvatter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.