Swaar vonnis vir pa wat dogters verkrag

hof-hamer

(Argieffoto)

Die streekhof op Ntuzuma in KwaZulu-Natal het ʼn 44-jarige man twee maal lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy sy dogters etlike kere verkrag het.

Die pa het sy oudste dogter tien jaar lank herhaaldelik verkrag – vandat sy vyf jaar oud was. Hy het sy sesjarige dogter ook verskeie kere verkrag.

Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in KwaZulu-Natal, sê dit het in die hof aan die lig gekom dat die pa die dogters in die aand in hul huis verkrag het. Die ma en ander kinders het ook in die huis gewoon.

“Die dogters was aanvanklik te bang om die verkragtings aan te meld,” sê Kara.

Die sesjarige dogter het in Januarie 2019 vir haar vriend vertel dat haar pa haar verkrag. Een van die bure, wat in die omtrek was, het dit gehoor en aan ʼn gemeenskapsleier gerapporteer. Dit het daartoe gelei dat ʼn saak teen die pa by die plaaslike polisie aanhangig gemaak is.

“Die ouer dogter het toe getuig dat die pa haar óók verkrag.”

Die pa het al die aantygings teen hom ontken.

Die dogters, buurman, polisiebeampte en dokter wat die dogters ondersoek het, het almal teen die pa getuig.

Verklarings wat uiteensit hoe die dogters deur die verkragtings geraak is, is by die hof ingedien ter strafverswaring.

Luidens dié verslae meen die een dogter haar pa was selfsugtig en dat sy dade hulle baie seergemaak het. Die ander dogter het gevrees dat indien die pa moet teruggaan huis toe, hy hulle dalk weer sal verkrag.

Kara sê die NVG verwelkom die swaar vonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

Hoe kan ‘n dogter(of seun) ooit weer Pappie se? Jy bring kinders in die wereld in, en dan verkrag jy hulle! Tot die dag dat my Pa weg is het ons weedersyds respek en liefde gehad…..ek het hom Pappie genoem, wnt hy was altyd daar, het hard gewerk, kitaar gespeel, ons bioskoop en dam toe gevat… my Ma, twee broers en ‘n suster. He was larger than life, en ek mis hom geweldig. Jy wil altyd nog ‘n pot snooker of ‘n bier saam geniet maar dan is te laat.

Sarel ·

Neem weg die woord ” Pa” want die Spesie is nie een nie

Klipkop ·

Ek vra dit sonder om bevooroordeeld te wees. Of ek probeer immers baie hard en eerlik om nie bevooroordeeld te wees nie, maar…….. kan ‘n mens werklik tot so iets in staat wees????

Sarel ·

SA…2x Lewenslank …word gelyklopend uitgedien so net 1 x Lewenslank dan Parool

Sarel ·

Gisteraand weer na saak in Amerikaxgekyk waar nan wat jong kind verkrag het
Ter dood veroordeel is. Masr ons is te beskaaf vir die doodstraf

Kruidjie-roer-my-nie ·

Die sogenaamde “ma” is nét so skuldig! Sy moes ook gevonnis word, as jy weet van ñ misdaad en niks daaraan doen is jy deel daaarvan. Moenie vir my kom vertel sy het “nie geweet” haar 6 jarige dogtertjie word verkrag nie! Het sy nie haar dogtertjie gebad, aangetrek en versorg nie? Seker nie…. as sy “nie geweet het nie”, dan is sy skuldig aan verwaarlosing van haar dogtertjie. Sy het dan in dieselfde huis gebly!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.