Die liggaam van ʼn verpleegster wat ses maande swanger was, is Vrydag deur ʼn toeris aangetref aan die onderkant van die hange van ʼn ravyn naby die Oribi Gorge-natuurreservaat.
Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, het sy skok en harsteer oor die voorval uitgespreek.
Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam is Vrydagoggend omstreeks 10:00 deur die toeris van Johannesburg, wat besig wat om voëls dop te hou en foto’s van die omgewing te neem, aangetref.
Nelisa Cele (31) se liggaam het tekens van ernstige aanranding getoon.
Cele het glo haar huis Woensdag verlaat om ʼn motorooreenkoms te finaliseer en sou glo met die nuwe motor terugkeer huis toe. Sy het egter nooit by die huis opgedaag nie.
Dhlomo het sy medelye met die gesin betoon en ʼn beroep op wetstoepassers gedoen om alles in hul mag te doen om die verantwoordelike persone op te spoor.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die ondersoek duur voort.
Sterkte aan die familie. Hoop die polisie kan hulle vind.
Sulke wrede dinge, wanneer sy moet bly wees oor nuwe lewe word die hele familie daarvan ontneem.
Ons linkses en liberaliste is deels verantwoordelik omdat oms meer omgee vir die aanvallers as vir die vrou en haar ongebore baba. My liberale vriende, moet ons nie herbesin oor wat ons aan die wereld doen nie? Of mag nie hieroor nadink nie en maar net aanhou vertel dat doodstraf nooit mag teru8gkeer nie?
Ons simpatie met haar geliefdes. So ‘n verlies dat ‘n mens wat soveel vir ander beteken, so wreed weggeneem is. Mag haar moordenaar opgespoor en die straf kry wat dit verdien!
Dit is ‘n dubbele moord en so onnodig. Mag die moordenaar gou gevind word voor daar nog ‘n moord is.
Begin heel eerste soek by die baba se biologiese pa.
Dit is so pragtige vrou….so onnodig!!!