Swartbergpas gesluit weens vragmotorongeluk

(Foto: Verskaf)

Die Swartbergpas is tans gesluit weens ’n ernstige ongeluk Saterdagaand waarin ’n vragmotor wat lemoene vervoer het, se agterste gedeelte die pad om ʼn skerp draai verlaat het.

Die bestuurder het beserings opgedoen en is na die plaaslike hospitaal vir mediese behandeling geneem.

“Die span van J&B in George is tans op die toneel waar hulle probeer om die vragmotor te herwin en die sleepwa te verwyder,” lui ʼn verklaring van die Oudtshoorn-munisipaliteit.

“Ongelukkig was dit as te gevaarlik beskou om die opruimingswerk Saterdagaand in die donker uit te voer.

“Ons verstaan ​​die ongerief wat die sluit van die Swartbergpas kan veroorsaak, en ons waardeer elkeen se geduld en begrip gedurende hierdie tyd,” lui die verklaring.

“Veiligheid bly ons hoogste prioriteit, en ons sal inwoners op hoogte hou van die vordering met die opruimingswerk.

“Ons gedagtes is met die bestuurder en ons wens hom ’n spoedige herstel toe.”

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

WynandM ·

Dis die mooi historiese Swartbergpas wat nog grondpad is. Dis seker nie probleem as mens met klein tot middelslag soliede vragmotor daar ry nie, maar ek haal my hoed af vir die drywer wat met daai groot trailer vragmotor die pas aangedurf het. Ek is nie ‘n lorrie kenner of op hoogte van watter voertuie op daai pas toegelaat word nie, maar van daai draaie is maar skerp en steil vir so ‘n voertuig,

Bolandse Nooi ·

Dis nie ‘n plaaspad nie. Dis ‘n grond-bergpas, gebou in die 1800’s (oopgemaak in 1888) deur Andrews Bain. Die pas kronkel heen-en-weer oor die Swartberge, die ingang is duskant Prince Albert en jy kom uit in die Schoemanshoekvallei duskant Oudtshoorn. Dit is nie naastenby geskik vir swaar vragmotors soos hierdie nie. Dit was puur dommigheid van hierdie drywer om die bergpas met so ‘n swaar voertuig te probeer kruis.

Prikkie ·

Ek wens ook die bestuurder van die vragmotor ‘n spoedige herstel toe.

Die vraag is egter, wat soek daardie reuse vragmotor op daardie pas? Daar is duidelike borde aan die George kant en die Prince Albert kant wat karavane en swaar vragmotors verbied op die pas (indien die borde nog staan?).

Met of sonder borde, daardie pas is baie nou en so ‘n groot vragmotor behoort nie oor daardie pas te ry nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat soek ‘n groot vragmotor vol lemoene op daai pas?

Bolandse Nooi ·

Wat de duiwel soek ‘n swaarvragmotor van daardie tipe op die Swartbergpas??? Daardie pas is amper nie eens geskik vir ‘n 10-tonnertjie om op te ry/oor te gaan nie, laat staan nog ‘n 18-“wheeler”. En daar IS massa-beperkingsborde aan beide kante van die pas (altans … daar was toe ek nog in daardie omgewing gebly het). Of … is dit ‘n geval van “none is as blind as he who would not see”, soos met Bainskloofpas, wat duidelike hoogtebeperkingsborde het, maar waar daar telkemale ‘n vragmotor vassit onder die “Preekstoel”? Hoe lui die spreekwoord? “as die kop dom is, moet die agterent pakslae vat”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.