Van vlamme, vulkane tot ʼn helder maan. Beleef saam van die wêreldwye nuusgebeure van die week in foto’s.
Lees meerAlles vir Sondag 3 September 2023
Ramaphosa sê oor Brics-beraad, ‘Lady R’
Hy het na die 15de Brics beraad, wat meer as ʼn week gelede in Johannesburg afgesluit het, as ʼn “suksesvolle en geskiedkundige beraad” verwys wat Suid-Afrika “tot eer gestrek het” en wat ’n nuwe hoofstuk vir Brics ingelui het.
Man gesoek in saak van vermoorde ingenieur
Volgens ao. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, is die polisie in Cradock egter tans op soek na Andrew Kroukamp (28), wat moontlik antwoorde oor die moord kan hê.
102 buitelanders – wat onder een dak woon – vasgetrek
“Al 102 buitelanders is in een huis geprop met swak lewensomstandighede en geen meubels nie, net komberse oor die hele vloer, vuil potte en vuil borde.”
‘Son sak oor gevalle polisiebeamptes’
“Die son kan dalk sak, maar herinneringe sal vir ewig bly. Ons hoop dat vandag se seremonie nie wonde oopmaak nie, maar dat dit vertroosting en afsluiting bring.”
Aussies plant nóg ʼn uitklophou
Australië het die T20-reeks teen die Proteas met 3-0 beklink.
MotoGP: Binder in skok na gru-ongeluk
Binder was kort op sy hakke, kon hom nie vermy nie en het oor sy bene gery. Die Suid-Afrikaner se fiets het in die gruis beland.
10/10 vir manjifieke Max!
Carlos Sainz en Charles Leclerc het vandag hul bes op Ferrari se tuisbaan probeer om Red Bull te stuit, maar Max Verstappen het nogtans die geskiedboeke in Monza herskryf.
Wêreldbekertoernooie: Bokke pronk … gunsteling of buiteperd
Hulle het tydens die vorige Wêreldbekertoernooi in Japan die sogenaamde Bomb Squad ingespan, wat uit ʼn plaasvervangersbank van ses voorspelers en net twee agterspelers bestaan en uiters suksesvol aangewend is.
Video: Van dodelike draadstrik tot juweel-pragstuk
“Wie sou ooit kon dink dat iets wat soveel verwoesting saai, in iets so mooi omskep kan word?”
Beurtkrag: Fase 5 wéér van krag
Fase 4-beurtkrag sal daarna vanaf 05:00 tot 16:00 Maandag van krag wees. Hierdie patroon sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing.
Dodetal van Jhb-brand nou op 77
“Namate meer gesinne na vore kom om hul geliefdes wat moontlik in die brandvoorval omgekom het, aan te meld, kan ek bevestig dat patoloë teen Saterdagaand reeds 58 nadoodse ondersoeke afgehandel het en dat daar slegs 16 oor was om Sondag af te handel.”
Skaaphond durf wêreldkampioenskap aan ná tragedie
Suid-Afrika se skaaphondkampioen gaan vandeesmaand die wêreldkampioenskap in Ierland aandurf nadat sy vroeër vanjaar haar hele werpsel kort ná geboorte verloor het.
All Blacks moet op hul hoede vir Dupont wees
“Sy skrumskakeldiens is uitstekend, terwyl hy ook baie gevaarlik met die bal in die hand is. Sodoende skep hy baie ruimte vir ander spelers omdat al die verdedigers se aandag op hom gevestig is.”
Ouerskap-YouTuber vas vir kindermishandeling
Franke se YouTube-kanaal, “8 Passengers”, waar sy en haar man, Kevin, wenke vir die grootmaak van hul ses kinders met kykers gedeel het, het lesse in streng dissipline gebied – so streng dat baie kykers gekla het.
Bankkrag-klakouse skeel Rassie min
“Ons wil doen wat in die beste belang van die Springbokke is en wat vir ons werk; ons gee nie om wat die ander spanne daarvan dink nie.”
Ramaphosa spreek land toe oor 15de Brics-beraad
Hy sal ook die gevolgtrekking van die paneelondersoek na die vasmeer van die Russiese vragskip ‘Lady R’ in Suid-Afrika bespreek.
Parapleeg se gholfdroom kry vlerke danksy rolstoel
Weldoeners – onder wie twee professionele gholfspelers – het derduisende rand geskenk om vir Meiring de Clercq ʼn spesiale rolstoel te laat invoer.
Oudkankerstryder bring nou geluk aan ander wat dié pad moet stap
Sy het soveel ondersteuning en empatie beleef toe sy teen die groot “K” moes veg, dat sy besluit het om aan ander kankerstryders “terug te gee.
Swartbergpas gesluit weens vragmotorongeluk
“Ongelukkig was dit as te gevaarlik beskou om die opruimingswerk Saterdagaand in die donker uit te voer.”