Beurtkrag: Fase 5 wéér van krag

(Argieffoto: Unsplash)

Is fase 6‑beurtkrag om die draai? Fase 5 is reeds hier. Ja, Suid-Afrikaners kan maar gereed maak vir al die frustrasies wat deur hoër fases van beurtkrag veroorsaak word.

Weens die toename in beplande instandhouding, van gemiddeld 3 000 MW in Junie tot ’n gemiddeld van 6 000 MW in September, tesame met opwekkingseenhede wat onlangs onklaar geraak het, sal fase 5-beurtkrag vanaf Sondag om 16:00 tot Maandag 05:00 geïmplementeer word.

Fase 4-beurtkrag sal daarna vanaf 05:00 tot 16:00 Maandag van krag wees. Hierdie patroon sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing.

Volgens die kragvoorsiener is die toename in beurtkragfases nodig om noodopwekkingsreserwes aan te vul.

Altesaam 16 572 MW se kapasiteit is weens onklaarrakings nie beskikbaar nie, terwyl die opwekkingskapasiteit wat vir beplande instandhoudingswerk uit diens gestel is, op 6 287 MW staan.

ʼn Opwekkingseenheid elk by Duvha, Hendrina en Tutuka en twee opwekkingseenhede by Kendal is tans buite werking vir herstelwerk. ʼn Vertraging in die terugkeer van ʼn opwekkingseenheid elk by Arnot, Camden en Grootvlei help ook nie die kragvoorsiener se saak nie.

“Eskom-spanne werk onverpoosd daaraan om hierdie opwekkingseenhede weer in diens te stel.”

Volgens die kragvoorsiener staan die vragvoorspelling vir die aandspitsaanvraag op 26 608 MW en doen hy ʼn beroep op landsburgers om krag spaarsamig te gebruik.

“Ons wil graag diegene bedank wat wel gehoor gee aan die oproep om elektrisiteit spaarsamig en doeltreffend te gebruik, insluitend die afskakeling van geisers en swembadpompe vanaf 17:00 tot 21:00, aangesien dit die vraag verlaag en tot laer fases van beurtkrag kan lei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lydia ·

Wat het van die geld geword wat China geleen het vir Eskom? Miljoene rande se nuwe huise, karre, vakansies ens hier kom ons.

Harley Davidson ·

Dit het nou ‘n norm geword ons aanvaar net alles want ons is al so gebreinspoel dat ons bly voel as die krag verlaag word na fase 2,.

Amelia ·

met minister wat n groooot salaris kry en steeds geen voor uitsig dat beurtkrag verby is nie wonder mens maar net oor al die beloftes gelukkig meeste van ons weet van net lee beloftes maar as verkiesingtyd is sal daar sekerlik krag weess net tot na verkiesing

Papsak ·

Waar us miljoene heen wat gegee is om eskom te help weer sakke toe nuwe karre huise vakansies en troues vir families daar is geld heen maar flip die krag

JohanR ·

En daar het ons gedink Cyril Ramaphosa gaan ‘n nuwe era in lui in 2019. Miskien is hy al ‘n groter skelm as Jacob Zuma maar steek dit net beter weg!

Sue ·

Siestog so pateties. Privatiseer en die probleem is binne 6 mde opgelos.

Taurus ·

Sputla, wanneer gaan jy begin WERK vir die uitermate klomp geld wat jy betaal word maar nie verdien nie ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.