Ramaphosa sê oor Brics-beraad, ‘Lady R’

Pres. Cyril Ramaphosa kort voor die aanvang van die Brics-beraad. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand die nasie toegespreek waartydens hy die uitkomste van die 15de Brics-beraad, sowel as die gevolgtrekking van die paneelondersoek na die Russiese vragskip Lady R bekend gemaak het.

Brics

Hy het na die 15de Brics‑beraad, wat meer as ʼn week gelede in Johannesburg afgesluit het, as ʼn “suksesvolle en geskiedkundige beraad” verwys wat Suid-Afrika “tot eer gestrek het” en wat ’n nuwe hoofstuk vir Brics ingelui het.

“Tydens die Brics-beraad is verskeie besluite geneem om voort te gaan met die stryd vir ’n regverdiger en meer inklusiewe wêreldorde, wat op die gelyke ontwikkeling van alle mense gefokus is.

“Een van die sleutelbesluite wat deur die Brics-lidlande geneem is, was om die oproep vir ’n omvattende hervorming van die Verenigde Nasies, insluitend sy Veiligheidsraad, te steun met die oog daarop om dit meer demokraties, verteenwoordigend en doeltreffend te maak.”

Volgens Ramaphosa het die lidlande tydens die beraad gesê dat daar ʼn groter verteenwoordiging van lande met ontwikkelende ekonomieë in die VN se Veiligheidsraad se ledetal moet wees.

“Sodat lande uit Afrika, Asië en Latyns-Amerika, waaronder Brasilië, asook Indië en Suid-Afrika, ’n groter rol in internasionale aangeleenthede kan speel.”

Ramaphosa sê die ander belangrike uitkoms van die beraad was die besluit om Brics uit te brei en sodoende Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate in te sluit.

“Deur Brics uit te brei, sal ons lande wat ’n regverdiger globale bestuur en finansiële belegging‑ en handelstelsel soek, gegrond op duidelike reëls, beter kan belyn.

“Saam maak hierdie lande byna ’n derde van die globale ekonomie en 46% van die wêreld se bevolking uit.

“Dit beteken ook dat ons meer van ons produkte na groot markte sal kan uitvoer en gevolglik meer kan produseer om sodoende meer werk te kan skep,” sê Ramaphosa.

Hy het daarna bygevoeg dat ander lande wat aansoek gedoen het om by Brics aan te sluit, in ’n latere stadium oorweeg sal word.

Volgens die president het die beraad ook besluit dat die ministers van finansies of sentrale bankbestuurders van Brics-lande, soos toepaslik, die gebruik van die verskillende lande se plaaslike geldeenhede, betaalinstrumente en platforms in internasionale handel en finansiële transaksies tussen Brics en hul onderskeie handelsvennote moet oorweeg. Hulle sal na verwagting by die volgende beraad terugrapporteer.

‘Lady R’ 

Die tweede aangeleentheid waaroor Ramaphosa die nasie toegespreek het, is oor die verdoemende bewerings dat Suid-Afrika einde verlede jaar wapens en ammunisie op die Lady R, wat in Desember in Simonstad vasgemeer het, gelaai het en na Rusland gestuur het.

“Die aantygings wat teen ons land gemaak is, het ’n skadelike uitwerking op ons geldeenheid, ons ekonomie en ons aansien in die wêreld gehad.

“Om te verseker dat die vasmeer van die Russiese skip in Simonstad deeglik ondersoek is, het ek in Mei ’n onafhanklike paneel van drie lede aangestel om navraag te doen oor die omstandighede van die vasmeer van hierdie Russiese vaartuig.

“Die paneel was onder voorsitterskap van regter Phineas Mojapelo en die ander lede van die paneel was adv. Leah Gcabashe SC en Enver Surty.

“Die paneel het die Simonstad-vlootbasis besoek en bewyse onder eed van byna 50 mense in elke relevante komponent van die regering verkry. Meer as ʼn 100 dokumente is vir ondersoek aan die paneel voorgelê.”

Volgens Ramaphosa het die paneel geen bewyse gevind dat enige vrag wapens vir uitvoer op die vragskip Lady R gelaai is nie.

“Die paneel het bevind dat daar geen bewyse is om die bewering te steun dat die skip wapens wat vir Rusland bestem is van Suid-Afrika vervoer het nie.

“Daar is tydens die ondersoek vasgestel dat die skip by Simonstad vasgemeer het om toerusting af te lewer wat in 2018 deur Krygkor, die land se wapenverkrygingsmaatskappy vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, bestel is.”

Ramaphosa sê verder dat al die relevante permitte vir die invoer van die toerusting verkry is en herhaal dat geen wapens na Rusland uitgevoer is nie.

Hy het egter besluit om nie die volledige verslag aan die publiek bekend te maak nie.

“Onder hierdie omstandighede, wanneer lewens in gevaar sou wees as gevolg van die onthulling van die tipe toerusting wat deur ons gewapende magte gebruik word, is die behoefte aan vertroulikheid nodig en geregverdig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Hoekom ·

1. Wie wag 4 jaar vir die aflewering van ‘n produk wat hulle bestel het.
2. Die laaste 2 paragrawe spreek boekdele.

KC ·

Watse betekenisvolle wapens kan binne minder as vier ure gelaai word wat so min weeg???

Jaco ·

Bla Bla Bla, waar daar ‘n rokie is is daar altyd ‘n vuur. Die regering het dit ook altyd bewys.

KC ·

Ja, ek sien duidelik dat al wat jy en die Amerikaners het is Bla, Bla, Bla, en geen stawende bewyse nie.
Wat gebeur met al die sake waarvoor daar wel stawende getuienis is teen die ANC regering, insluitend die van die Zondo kommissie verslag sake???
Nee, ek sien my mede Suid Afrikaners beskik net oor meer bek as binnegoed, en verkies eerder om net aantuigings te maak, en te kla.
Wat het jou klagtes en aantuigings tot dusver bereik, en wat gaan nog een bereik???

Classic ·

Waarom neem dit 5 jaar vir Lady R om Krygkor se bestelling van 2018 af te lewer. Ons het ook nie meer lugmag, vloot of behoorlike weermag nie slegs paar vredesmag soldate in Afrika. Geleentheid gemis om Phala Phala aangeleentheid aan te spreek.

KC ·

Ongeag hoe ons almal voel oor die gebeurtenis by Phala Phala, die Reserwebank se bepaling omtrent die saak is korrek in terme van die wet.
So as jy ‘n ander uitslag wou gehad het, moes die wet verander het, wat dan ook alle talle ander Suid Afrikaners sou benadeel, ongeag hul ras of politieke lidmaatskap.
Waar is jou afskrif van nie bestellings bevestiging, lewerings datum en enige korrespondensie in verband met die wapens wat deur Rusland aan Suid Afrika gelewer is???

Strandloper ·

Ai ek kry die tandetrekkers jammer om so vergelyk te word, wat n skande

Bolandse Nooi ·

Ja, shame, daar word skaamteloos gesê die ANC lieg soos “tandetrekkers”. Foeitog, hoe moet dié mense dan nou ook voel?

A ·

Julle glo mos Rusland baklei teen die Nuwe Wêreld Orde. So wens julle nie Suid-Afrika het wapens verskaf om te baklei daarteen nie?

Bolandse Nooi ·

Weet jy ooit wie en wat die “Nuwe Wêreldorde” is? Ek kan jou waarborg, as húlle wind laat, steier SA tot op die ‘troon’!

KC ·

So, beteken dit dat ons, ons moet onderworpe stel aan die Nuwe Wêreldorde???

TrueMan ·

Wat hy basies gese het, is dat SA n uitvoerland gaan word soos China en Indie. En dat die kapitalistiese westerse wereld gaan parasiteer op die brics lande

KC ·

Ek sien nêrens waar Ramaphosa dit kwyt geraak het.
Sê vir my, is dit jou interpretasie?

Grassie ·

Hierdie man is beslis nie ‘n vriend van die waarheid nie. Niemand gaan sy ontwykende strorie glo oor die Russiese skip nie. Hy was ook die afglope naweek vir lang tydperke aan die woord op ons nuuskanale. Hy het kastig die volk ingelig oor allerhande sake maar dit was alles net ophemeling van die ANC met die oog op die komende verkiesing. Hy het o,a. vertel hoe goed hulle die land regeer het nadat hulle die land vrygemak het van apartheid. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat al wat hulle goed kan doen is leen, bedel en stee.

KC ·

Nee, die Amerikaners/Weste het hulle “vrygemaak” van Apartheid.
Ja, dieselfde mense wat geen stawende bewyse gelewer het om hul klag te gerugsteun, en die mense vir wie jy wil glo.

hpven ·

Al meer ongeloofwaardig, so sink die land rigtingloos reddeloos al dieper in Afrika ellende…

KC ·

En die Amerikaners is geloofwaardig???
Die Weste is die oorsaak van die probleem in Afrika.
Soos hulle in Engels sê “Let us look to cause proportionate”

KC ·

So, wat is die waarheid dan, aangesien die Amerikaners nog geen stawende bewyse lewer het van hul klag nie?

KC ·

So, wat, of vir wie glo jy, die Amerikaners, wat al meer leuns vertel het as die ANC?

Jaco ·

Wanneer kry SA dan nou goedkoper petrol? Rusland sit met reusagtige oliebronne. Daar kom nou nog 2 groot olielande by. Maar steeds STYG Suid-Afrika se petrolprys. Vreemd…

Amelia ·

Wat het aenc vir die land gedoen baie beloftes gemaak en niks gedoen nie kan iemand vir ons bv se hoeveel damme kragstasies hospitale ens is gebou in die 29 jaar ? moontlik n klomp hop huise wat bars of so iets

Morné ·

Die enigste woord uit jou mond wat die waarheid is, is dat jou naam Cyril is

KC ·

Eerstens, vind ek dit tragies dat soveel Suid Afrikaaners die snert wil glo dat Suid Afrika wapens aan Rusland verskaf het, en klou aan die dunste van moontlikhede deur onsekerheid as hul bewys, maar sonder enige daadwerklike bewyse teen the ANC regering.
Die Amerikaners wat die ongerugsteunde aantygings gemaak het, het tot dusver, Geen stawende bewyse gelewer van wapens gelewer aan Rusland, en het presies dieselfde ongerugsteunde aantygings gemaak teen beide Sjina, asook Noord Korea.
Nog Suid Afrika, nog Noord Korea beskik oor die vermoë om wapens van enige wasrde aan Rusland te lewer nie.
Wat my nog verder pla is die feit dat Suid Afrikaners niks sê omtrent die Westerse ondersteuning van die Oekraïnse NAZI’s, wat tussen 2014 en 2022, veertien duisend, ja 14 000 Rusies sprekende Oekraïners vermoor het.
Het Suid-Afrika ‘n land geword wat graag die terugkeer van Nazi-isme wil bevorder???

Di ·

Dis wonderbaarlik hoe vinnig hierdie spul met ‘n verduideliking vorendag kan kom. Dink nie een van ons glo meer ‘n WOORD wat uit hierdie korrupte spul se monde kom nie. Hulle lieg so baie, hulle glo hulle self al

KC ·

So, waar is jou, en die Amerikaners se stawende feite teen die ANC vir wapens wat veronderstel was om op die Lady R gelaai te word???
Hierdie moes werklik baie spesiale wapens gewees het wat binne so ‘n kort tydperk gelaai kon word, en so te sê niks geweeg het nie, aangesien all foto’s en videos wys die skip baie hoog in die water was toe hy Simonstad verlaat het, wat beteken dat hy so te sê amper geen vrag gedra het nie.

gatgogga ·

Dis nie slegs wapens wat Rusland nodig het vir sy oorlog teen Oekraiene nie. Mediese voorrade, optiese instrumente, voertuig toebehore, ens is ook nodig. Ramaphosa het weer sy woorde so gekies om leuens te verbloem.

KC ·

So, wat het Suid Afrika dan aan Rusland gelewer???
Of verkies jy net om verdere twyfel te skep sonder stawende feite???
Wat het jy en elke ander Suid-Afrikaaner en politieke party bereik met die letterlik, honderde sake waarvoor daar stawende getuienis teen die ANC is, insluitend die van die Zondo kommissie verslag???

Bolandse Nooi ·

“Sodat lande uit Afrika, Asië en Latyns-Amerika, waaronder Brasilië, asook Indië en Suid-Afrika, ’n groter rol in internasionale aangeleenthede kan speel.” JY BEDOEL SEKER, Ramaparra, SODAT DIE OOSTE DIE WESTE KAN OORNEEM EN DIE NUWE WÊRELD ORDE AAN BEWIND KAN KOM.

KC ·

BRICS is ‘n Handels organisasie, Nie ‘n politieke organisasie nie !!!
Kyk na hul stigtingsverklaring.
Dit bygesê, wat het die Weste vir Suid Afrika ooit gedoen, behalwe om vir ons in ‘n stelsel in te dwing, waar ons nie van die ANC ontslae kan word???
Die VSA en sy vennote was die direkte oorsaak van Suid Afrika se huidige posisie en ondergang omdat hulle ‘n sterk land met blanke self beskikking ‘n bedreiging vir hulle orde was.

KC ·

Ten spyte van al die wonderlike geleenthede wat BRICS+ vir Suid Afrika bied in terme van nuwe uitvoer markte en geleenthede, asook moontlikheid vir Suid Afrikaanse ekonomiese groei, vind ek dit ‘n verspilde geleentheid vir Suid Afrika wat belemmer word deur sy eie interne politieke beleide op soveel vlakke.
Die is ‘n saak van die land spin sy wiele om met ‘n spoed weg te trek, maar die ANC het stop blokke voor die wiele geplaas.
Wat die meeste mense miskyk aangaande BRICS+ is dat dit ‘n organisasie is wat bedryf word word met ‘n wortel, en nie met ‘n stok, soos ander Westerse wêreld handels organisasies.
BRICS+ verbind geen land tot ‘n ander se politieke ideologie nie, en gee elke lid land ‘n geleentheid tot handel soos wat hulle wil sonder dwang of beperkings, en daarby ook self beskikkings reg oor waaraan hulle wil, of nie wil deelneem nie, wat die huidige Westerse dwang en idiologiese sisteem totaal omverwerp.

KC ·

Ek bly vir altyd geamuseerd deur diegene wat so graag hul ontevrede gesiggies wys teenoor ‘n kommentaar, sonder dat hulle dit rasioneel of met stawende feite kan regverdig in ‘n teen kommentaar.
Dit bevestig dat diegene wat hul mening so uitspreek, dit sonder enige rasionele denke en stawing doen, en beskik dus nie oor die vermoë om rasioneel te dink nie, of om die waarheid vas te stel en te aanvaar nie.

KC ·

Daar was ‘n stadium toe ek geglo het dat the ANC die grootste gevaar vir Suid Afrika in gehou het, maar ek het sederdien ontwaak en besef dat die onkundige en ongeletterde Suid Afrikaanse publiek en hul standpunt om net te will glo wat hulle wil glo, ongeag of hulle stawende feite het om hul standpunt te gerugsteun of te nie, die grootste gevaar vir Suid Afrika inhou, ongeag ras.
Dit bewys dat die stelling deur beide Socrates en Plato gemaak, twee duisend plus jaar gelede, nog steeds geld, in dat die onkundige kieser die ondergang van demokrasie sou wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.