102 buitelanders – wat onder een dak woon – vasgetrek

Foto bloot ter illustrasie (Foto Pixabay)

Die polisie het Vrydag meer as 100 ongedokumenteerde buitelanders – wat in ’n enkele huis in die ooste van Johannesburg woon – in hegtenis geneem.

“Altesaam 98 Ethiopiërs en vier Malawiërs, onder wie kinders van 10 jaar oud, is in ’n huis in Primrose, sowat 14 km oos van Johannesburg, in haglike toestande aangetref,” sê Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake.

“Van hulle is hospitaal toe geneem vir behandeling vir wanvoeding en dehidrasie.”

Motsoaledi sê die Ethiopiër wat die huis bestuur, is sedert 2019 ’n vlugteling in die land nadat hy sy status vier keer hernu het.

“Van wat ek kan verstaan, word die mense hierheen gebring om spaza-winkels reg oor die land te bedryf,” het hy bygevoeg.

Motsoaledi het bevestig dat vier paspoorte in die huis gevind is, met geen teken van ʼn Suid-Afrikaanse visum nie.

“Al 102 buitelanders is in een huis geprop met swak lewensomstandighede en geen meubels nie, net komberse oor die hele vloer, vuil potte en vuil borde.”

Motsoaledi sê dat van die buitelanders “duidelik slagoffers” is en dat ’n “mensehandel-sindikaat betrokke kan wees”.

“Ek dink die huis word gebruik om mense die land in te bring en hulle uit te deel vir… wie ook al goedkoop arbeid wil hê,” sê Motsoaledi.

Volgens die minister sal die verwerking van die onwettige migrante ’n uitgerekte proses wees, en sal die departement met maatskaplike dienste saamwerk om te bepaal of enige van die verdagtes in die land verhandel is.

Suid-Afrika is gaan onder ’n golf van onwettige migrasie gebuk wat deur die ekonomiese ellende in sy buurlande veroorsaak word.

Baie onwettige immigrante kom van lande soos Malawi, Lesotho en ander dele van Afrika, maar die meeste is van Zimbabwe.

Die polisie het onlangs operasies opgeskerp in ’n poging om ongedokumenteerde migrante vas te trek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Frank ·

100 Bewyse in net een huis, van hoe swak die regering se grensbeheer eintlik is, of eerder glad nie eens bestaan nie

Kokerboom ·

Ongelooflik. So rysmier hul die ekonomie. Word wakker regering!Onwettiges moet voorsien word van ‘n elektroniese skyfie en dan teruggestuur word vir latere opsporing

Wondermaarnet ·

Stuur onmiddellik terug! Daar is geen rede vir ‘n uitgerekte proses nie. Hoe moeilik kan dit wees om die mense na hul land terug te stuur?

Amelia ·

ek meeste kom vrywillig dink suid afrika is land van melk en heuning hier is ook nie werk nie so hoekom kom buitlanders dan hier heen kyk hul nie nuus nie

Bolandse Nooi ·

T.o.v. van dít wat in hulle eie land aangaan, IS Suid-Afrika die land van melk en heuning. Hongersnood, oorlog, diktatorskappe, water-tekorte ens. ens. ens. is aan die orde van die dag in lande soos Malawië, Ethiopië, die Sudan, DRK, CAR ens. Daarom word ons in die land oorstroom deur die swart bendes en dit geskied MET die goedkeuring van die ANC, want – vir wie, dink julle – stem hierdie hordes “genaturaliseerdes” en/of onwettiges?

Di ·

Hierdie kan alles voor die onbevoegde, korrupte regering se deur gele word! Hulle is te besig om korrupsie te pleeg ipv om land se grensposte uit te sorteer! Ek is oortuig daarvan dat daar MILJOENE onwettig in die land is. Al wat ‘n Afrika land is, se mense hardloop hierheen want almal is mos welkom hier volgends Malema. Personeel wat op grensposte werk is net so korrup en onbevoeg

Karoo ·

En so misbruik die “previously disadvantage” die huidige “disadvantage” alles onder die vaandel van apartheid.

Elma ·

Ja-nee, die grense is mos soos uitgetrapte voetpaadjies. NOU sit julle met die gepakte pere en wil skielik wet en orde handhaaf. Sterkte met daai een hoor.

Bolandse Nooi ·

Maak TOE die grense, stel BEHOORLIKE, EERLIKE, ONOMKOOPBARE grensdiensbeamptes aan …. en siedaar! 70% van die probleme t.o.v. onwettige immigrante, oorbevolking, misdaad ens. in SA sal gestop word. Maar … dan is ons mos soos “Numbawan” gesê het “Wan country, wan continent”.

Kobie ·

Wat verwag die ANC as hulle die Grense oopgemaak het om te kom soos wat almal wil?

Papsak ·

Die hele SA saam met sy president ministers en al is korrupt skrik wakker

Amelia ·

sloop alle pleke soos daai wat in elk geval nie in stand gehou word nie seker nog n gekaapte gebou

Lillian ·

Nee maar julle laat mos die grense ooplê vir ieder en elk om hier te kom plak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.