Talle Bok-ondersteuners op lughawe besteel

Foto: (AP Photo/Themba Hadebe)

Nie minder nie as 14 mense is na bewering besteel terwyl hulle Dinsdagaand op die OR Tambo-lughawe gewag het vir die Springbokke om uit Japan terug te keer.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het gister aan Maroela Media bevestig dat 14 klagtes van diefstal by die polisie aanhangig gemaak is. Duisende mense het Dinsdag by die lughawe in Johannesburg opgedaag om die Bokke terug te verwelkom. Springbok-kaptein Siya Kolisi en afrigter Rassie Erasmus het eers heelwat later geland, omdat een van die Bokke se vlugte vertraag was.

“Die polisie het operasionele planne in plek gehad vir die dag. Dit is jammer dat party mense ʼn feestelike gebeurtenis gebruik om munt uit te slaan,” sê Mathe. Sy het haar meegevoel teenoor die slagoffers uitgespreek en ander slagoffers aangemoedig om na vore te kom.

Sy sê twee mense is tot dusver in hegtenis geneem in verband met die diefstal. “Die polisie werk tans saam met sekerheidsbeamptes by OR Tambo om meer mense in hegtenis te neem.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Andre Ackerman ·

Is die”Bill Cup” nog save? nie dalk al omgeruil met n “fake” een nie , vra maar net!

charmaine ·

Maar die bokke het dan gewen! Dit sou dan die SA verander het?

Hannah ·

Ai tog Charnaine, en jou uitlatings verander alles1000X . Leer om te glimlag. Ek is seker jou “vol” lewe sal nog meer geseënd wees. Net so terloops. Het jy vanoggend in ‘n woning met ‘n dak, in ‘n bed met beddegoed ens, ens. O ja! en die belangrikste. Jy het wakker geword.!

Piet parys ·

Welkom in Sa Bokke en mense word beroof . Liewe magtig nerwyder daai mense uit die samelewing en gee hulle n werk in die staatsdiens en dan kom hulle met als weg . As Zuma en sy trawante nie vervolg word nie hoekom tyd mors met klein diefstalle

Lizzy ·

Lizelda, jy mis die punt, almal is bly oor die bokke se wen, dis die diefstal wat die probleem is.

Marita ·

Ek was daar en glo ek was ook amper n slagoffer. Die persoon het my alleen gesien stap en gevra dat ek asb sy parkeerkaartjie moet betaal aangesien hy syne verloor het. Hy het blykbaar sy wallet ook by die huis vergeet. Ek het net gevoel iets is nie reg nie en my man dadelik gebel. Hy het op n ander vlak geparkeer en was gelukkig nog daar. So, mense wees asb versigtig. Die polisie wat daar was se oe was slegs op die “arrival hall” Volgens my waarneming was hulle geensins daar om na die skare om te sien nie. Hulle enigte commitment was die bokke se aankoms en sekuriteit. Ek is bitter teleurgesteld in AKSA se onvermoe om besoekers te beskerm. Glo my daar was meer as slegs 14 mense wat beroof was . Kyk net na SA se statistieke oor die algemeen. Daar was duisende mense daar…….

Dis Nou ·

Ai Rassie, ek het saam met jou gewens vir die beker, met hoop

Penellope Jones ·

Enige plek, enige tyd, enigiemand, enigiets, net solank iets van iemand erens gevat kan word.

Peper ·

The Struggles… Almal se Struggles… Ek dag dan die beker “unite”ons almal….

A Mac ·

Ja, toe was die jubbelende, juigende ovasie vir die bokke toe nie so ‘n lekker affere vir almal nie. Het gewonder wanneer hoor ons van diefstalle met so baie mense wat so saamgekoek het.

Genieve ·

Misdadigers is oral hulle het geen respek vir niemand se goed nie.

koos ·

Ook dit was voorspel jare gelede. Geniet die mededeelsaamheid met die oorwinning. Beide kan as prestasie gesien of beskou word.

Hennie ·

Afgode diens kos mos geld. Jammer vir die wat daar was vir ander redes.

hendrik ·

Ramaphosa was in Japan om al die toejuigings en roem te geniet. Hy moes maar op die lughawe ook gewees het of miskien het hy ook in sy mou gestaan en lag soos hy in die parlement gelag het toe min. Mboweni die benarde toedrag van sake rondom die finansies verduidelik het. Hy is net so n afwesige president soos sy voorganger.

Kerneels ·

Vowassenes wat soontoe stroom om hul “helde” te sien het reeds hul skroewe ook verloor. Kinderagtig verby.

Kapokkie ·

Ag Kerneels, hoe lam is jou opmerking. Klink of jy n hobbie nodig het. Ontspan n bietjie.

Anti-Negatief ·

Kerneels, hoekom klink dit jy het suur druiwe? Wou jou baas jou nie afgee om daar te wees nie? Daar is niks verkeerd daarmee om helde te hê nie – watter ouderdomsgroep mens ook al in val. Ek stem saam met Kapokkie – kry iets positiefs om jou en jou bitsige kommentaar besig te hou! Miskien kan jy dan ook eendag iemand se held wees!

Hannah ·

Meer personeel gaan nie die probleem oplos nie. Effektiewe, trotse, toegewyde personeel wat goed opgelei is. In alle sektore van ons land is dit ‘n probleem.

Sandra ·

Elkeen na sy smaak. As jy die Bokke wou gaan toejuig. Goed so, As jy nie wou nie, Goed so. Maar ek dink mense moes vooraf dink dat dit ‘n Ganster Paradise sou wees, en nét met hul motorsleutel of treinkaartjie op ‘n veilige plek gebêre, daar saam te drom.

Es ·

He top die radio gehoor dit was oor die 40 mense beroof. Sommige is selfs met wapens gedreig – hoekom kon daar nie net ekstra polisie – ook in gewone klere gewees het nie en almal moet deur metaal scanner sgaan voor hulle die gebou ingaan. Dit sou ten minste die vuurwapens uitgehou het.

Johann ·

Es daar is nie eers genoeg polisiebeamptes om skofte by polidiestasies te beman nie. Veiligheid op die kughawe is hul uitsluitlike verantwoordelikheid. As hul reg beplan het sou hul verseker die moontlikhede van diefstalle geidentifiseer het en hul beplannings daarvolgens gerig het. Nou pak ons die blaam weer op die polisie. Altyd die maklikste uitweg.

Comrade ·

Lekker ou nuwe Suid Afrika. Niks het verander nie en gaan ook nie.

Niklaas ·

Maar was dit dan nie deur hordes mense te wagte gewees nie? Jy kan mos dink dis n ideale geleentheid vir sakkerollers. Dan vertoon jy geen handsak , beursie , selfoon nie. Selfs karsleutel word in die hand vasgehou. Die stelery is dae gelede al beplan en jong kinders vorm meestal deel van die skare diewe .Hierdie is nie België of Swede nie , hierdie land is die planeet se misdaad mekka.

Cuda ·

Waar is mens nog veilig? Ek was in die 90’s by Oppiekoppie. Klomp mense wat net relax van daaglikse gejaag. Nou is die eens musiek, ontspanning, …”toneel”…..so oordonder deur kriminele, dat dit ook gestop was…..Hulle maak wat hulle wil waar hille wil.

Gustav Venter ·

Maar… maar… maar… die WÊRELDBEKER! Dit het dan alles verander! Het dit nie? Het dit nie? Is almal dan nie nou vervul met vreugde, saamblyliefde, begip en nasionale trots nie?
Cyril het dan so gesê, en Cyril weet mos alles; weet Cyril nie alles nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.