Talle in Wes-Kaapse busongeluk beseer

Talle mense is beseer toe ’n bus Vrydag naby Swellendam omgeslaan het. (Foto: Wes-Kaapse verkeersdepartement)

Minstens 50 mense is beseer toe ʼn bus Vrydag op die N2 naby Swellendam op pad na Kaapstad omgeslaan het nadat die bestuurder glo beheer oor die voertuig verloor het.

Jandré Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, sê voorlopige inligting dui daarop dat vier vroue in die ongeluk omgekom het, hoewel dit nog deur forensiese patalogiese dienste bevestig moet word.

Die ongeluk het ongeveer 12:55 plaasgevind.

“Alle bane is tans gesluit en die verkeer sal om die beurt in een rigting herlei word sodra dit veilig is om dit te doen.

“Alle nooddienste is tans op die toneel. Die ongeluk sal deur die Swellendam-polisie ondersoek word.”

Bakker moedig motoriste aan om uiters versigtig op die pad te wees – veral oor die langnaweek.

“Provinsiale verkeersdienste is ten volle ontplooi, soos elke dag van die jaar, maar ons het die ondersteuning van elke padgebruiker nodig.”

Meer inligting sal bekendgemaak word sodra dit beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.