Talle lyke by myn gevind

Argieffoto: @crimeairnetwork, Twitter

Argieffoto: @crimeairnetwork, Twitter

Elf lyke is by die Gold One-myn in Benoni aan die Oos-Rand gevind, het die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid gesê.

Volgens die departement was die oorledenes vermoedelik onwettige mynwerkers. Die oorledenes is vermoedelik ondergronds geskiet en het hul weg boontoe probeer vind voor hulle dood is.

Die departement het gesê die oorledenes is almal verskeie kere geskiet en daar is talle koeëlgate in die skag gevind. Volgens ʼn woordvoerder van die departement “blyk dit dat diefstal van goud die motief was”.

Die lyke is Dinsdagaand van die toneel verwyder.

Een van die onwettige mynwerkers wat oorleef het, het glo aan die polisie gesê dat ʼn ander groep onwettige mynwerkers hulle voorgekeer en beveel het om in een van die skagte in te gaan. “Toe hulle die skag bereik het, is hulle geskiet. Die eerste slagoffer is by die opening van die skag gevind met twee koeëlwonde in sy bors en aan sy regterbeen. Dit blyk dat hy geskiet is toe hy uit die ventilasieskag probeer vlug het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Natuurlik sal hulle mekaar skiet. Die goudprys is nou R493 677,69 per kilogram…..As jy vir ‘n jaar lank in ou myne rondkrap, en ‘n half kilogram goud vind, is jy beter af as 60% van die populasie in terme van jaarlikse inkomste.

Wouter ·

Johann dit is goeie geld maar hulle kry nie naastenby daardie bedrae nie. Hulle kry nie eers n 10de van dit nie.

pop ·

Draai teen mekaar soos honger wolwe. Dis teregstellings!! Ergste is, as hulle gevang word sit hulle paar maande. Dis hoekom kriminele geen vrees het vir die gevolge van so n laakbare daad nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.