Tamaties, aartappels en avo’s weer duurder

Die prys van avokado’s het die afgelope twee weke beduidend toegeneem. (Argieffoto)

As jy vandeesmaand die sente mooi moet omdraai, moet jy dalk mooi dink voor tamaties, aartappels en avokado’s in jou inkopiemandjie beland.

Dr. Johnny van der Merwe, hoof van AMT, sê in sy weeklikse aanlyn oorsig van groente- en vrugtepryse die prys van aartappels het weer ʼn nuwe rekordhoogtepunt bereik. Die prys het met 13% toegeneem en is nou 102% hoër as dieselfde tyd verlede jaar.

Daar is in hierdie stadium ʼn groot vraag na aartappels, terwyl daar ʼn “uiters lae volume” beskikbaar is, sê hy.

Van der Merwe waarsku dat die prys van aartappels deur die loop van die maand moontlik steeds hoog sal bly en eers van volgende maand af sal begin daal wanneer volumes toeneem.

Tamaties is ook beduidend duurder en toon ʼn styging van 41% sedert die vorige week.

Dit kan oor die volgende week selfs duurder word weens hael wat die noordelike produksiegebiede getref het, sê Van der Merwe.

Die prys van avokado’s het die afgelope twee weke ook noemenswaardig toegeneem en gaan weens laer volumes tot minstens die einde van Januarie ʼn opwaartse kurwe ondervind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Pietertjie ·

Eintlik word die goed nie duurder nie. Dis die koopkrag van ons geld wat tuimel, soos die Zim dollar gedoen het. Want inflasie is mos onder vyf persent.

Kokerboom ·

Die Rand bly verbasend sterk maar koste inflasie , politieke onsekerheid , arbeidskoste asook sekerheidskrisis op plase jaag produksiekoste op en lei tot uitsetverlagings. Diestal bly ‘n groot kopseer en middelman lei daaronder

Jacobus ·

Dis korrek groot getalle bv avo’s word gestroop en al die ander faktore dra by dat mense wat onder semi- grendel toestande moet oorleef, word word ontneem van ordentlike vars produkte. Nog ‘n doelwit van die drakoniese regering.

piet ·

Ek wou verlede Saterdag tamaties by Pick ‘n Pay koop. Toe hulle weeg sien ek dis R35,99 ‘n kilo (R7 vir een tamatie). Ek het amper op my rug geval en gese dit moet ‘n fout wees. Hulle se toe dis korrek, toe los ek maar die tamaties. Gister was dit R21 per kilo.

VaalDonkie ·

Ek kon nie glo wat aartappels kos nou die dag toe ek ‘n sakkie koop nie. Gelukkig is ek op die keto dieet. Maar ek kan ook net hoender en beesvleis bekosting (en vark smaak na nat koerant so ek stel nie belang nie).

Francois ·

Probeer vark met peanut butter en lekker spices. Jy sal nie weer n ander manier probeer nie

Fedup ·

But why, why, why?
I was told the owners of our supermarkets did not make money since the first lock down. Call me stupid as we all would have starved by now. One way or the other we need to start forcing these greedy uhm, people to stop this madness.

Andries ·

Dit is elke jaar se storie. Kom lente styg die prys. Koop en bewerk as dit goedkoper is.

Realis Thailand ·

Ek is so bevoorreg hier
Hier styg groente se prys so te se niks
In sewe jaar is die prys van tamaties,boontjies ens nog dieselfde. Ertappels is maar skaars hier daar rys die algemene stysel is en ek my eie rys het op die plaas.
Avo is onbekostigabaar hier so teen R35 vir n Klein Hass. Toe plant ek maar 21 Avo bome van verskillende cultivars en nou het ek avo vir hele buurt.
Wens ek kan vir julle groente aanstuur

Danie ·

“Eintlik word die goed nie duurder nie.”

Verduidelik tog hierdie stelling asb.
Twee weke gelede koop ek 4 avos vir R38.
Gister kos dit 2 vir R50.
Jy hoef nie n rocket scientist te wees nie.

Winnie ·

As en as is verbrande hout die avos weer goedkoper word vries dit vir later gebruik

Eend Bessinger ·

En dis nou juis die drie voedselsoorte wat ek en my man die meeste eet!

Willi ·

Laat die goed net daar le en vrot word. Moenie jou siel verkoop omdat supermarkte wil geld maak nie. Hulle betaal in elk geval die boere net sente vir hulle produkte en melk dan die verbruiker met peper duur produkte. Sien ook nou die dag waartlemoen teen R38,00 vir ‘n kwart waartlemoen, dis ‘n skande. Liewer daar le en vrot word as wat mens ‘n vrot brein het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.