Tazné-saak: Emosies loop hoog by hof

‘n Stampvol hofsaal. (Foto: SAPD)

“Cyril Ramaphosa, slaap jy nog? Hoor hoe huil die kinders.”

Só het lede van die publiek Vrydag buite die Goodwood-landdroshof in die Wes-Kaap gesing voordat Moehydien Pangaker (54) in dié hof verskyn het.

Die emosies het hoog geloop toe Pangaker vanoggend in ’n stampvol hof verskyn het op aanklagte van moord en ontvoering. Dit kom nadat die liggaam van die agtjarige Tazné van Wyk Woensdagaand in ’n stormwaterpyp buite Worcester aangetref is.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die saak teen Pangaker is vanoggend tot 17 April uitgestel. Pangaker sal dan weer in die hof verskyn.

Onstoke gemeenskapslede buite die hof. (Foto: SAPD)

Polisiebeamptes het hul hande vol gehad met ʼn stampvol hofsaal terwyl chaos buite die hof uitgebreek toe nóg mense daarop aangedring het om in die hof toegelaat te word.

Lede van die publiek het polisiebeamptes buite die hof met klippe bestook en geskree: “Waar is hy? Ons soek hom!” ʼn Hek het in die slag gebly, berig EWN.

eNCA berig lede van die gemeenskap het intussen ook ʼn huis in Parow aan die brand gesteek. Hulle glo dat Tazné daar aangehou is voordat sy vermoor is. Die gebou is vermoedelik ’n dwelmhuis.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer-en-reddingsdienste in Kaapstad, het aan Maroela Media gesê verskeie geboue is sedert vanoggend aan die brand gesteek.

Pangaker is vroeër vandeesweek in Cradock in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met Tazné se verdwyning. Daar was toe egter nog geen spoor van die kind nie.

Volgens Potelwa het Pangaker vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van ontvoering waarna hy na Kaapstad geneem is en later die polisie na die dogtertjie se liggaam gelei het.

Lees alle berigte oor Tazné se verdwyning op Maroela Media hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nie Verbaas ·

Weereens n bewys van hoe die regering faal. Daar is absoluut niks goeds wat uit hulle besluite kom nie. Dit is skokkend en hartseer.

Belinda ·

Beste van alles, hulle beskerm hom met hoeveel Polisie beamptes, maar vir daai klein dogtertjie was daar niks!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.