Te min geld vir lugmag se tuie

Die Bloemspruit-lugmagbasis. (Foto: Facebook / Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag)

Indien daar nie binnekort praktiese oplossings gevind word om die nasionale weermag te befonds nie, kan dit rampspoedige gevolge vir veiligheid en sekerheid in Suid-Afrika inhou.

Só het Cyril Xaba, voorsitter van die parlementêre komitee oor verdediging en militêre veterane, Woensdag gesê ná afloop van ʼn besoek aan die Bloemspruit-lugmagbasis in die Vrystaat.

Dié basis – wat onder meer die tuiste van die plaaslik vervaardigde Rooivalk-gevegshelikopter, 16 Eskader en die Helikoptervliegskool is – word deur verskeie uitdagings in die gesig gestaar, onder meer die onvermoë om sy helikopters te diens, onbeskikbaarheid van onderdele en ʼn gebrek aan toerusting om vliegtuigloodse en aanloopbane in stand te hou.

Xaba sê Suid-Afrika speel ʼn uiters belangrike rol in die beveiliging van die Suider-Afrikaanse streek en dat indien sy primêre verdedigingstoerusting nie gediens word nie, die land waarskynlik nie vir vredemissies oorweeg sal word nie.

Die lugmagbasis se bevelvoerder het tydens die komitee se besoek ook uitgelig dat vermoeiende verkryging- en administratiewe beleide tot die ondoeltreffende bestuur van die basis lei.

Die basis het ook bedryfsprobleme ondervind tydens ʼn onlangse vragmotorstaking wat tot tekorte aan brandstofvoorraad gelei het. Die komitee beveel nou beter bestuurstelsels aan om te verseker dat daar altyd ʼn voldoende voorraad brandstof is, aangesien brandstof ’n noodsaaklike komponent vir die uitvoer van die lugmag se pligte is.

Defence Web berig dat die Suid-Afrikaanse lugmagbasis ook nie die aantal vliegure wat vir die 2021‑’22‑ finansiële jaar beplan was, behaal het nie. Volgens die departement van verdediging se jaarverslag het die lugmagbasis beplan om 17 100 vliegure af te lê – waarvan die meeste opleidingsure is – maar het met 10% tekortgeskiet.

Dit kan ook toegeskryf word aan die feit dat vliegtuie gedurende dié finansiële jaar vir minstens ses maande nie gevlieg het nie, en omdat een van sy vliegtuie onder meer weens ʼn gebrek aan befondsing en instandhouding nie kon vlieg nie. Ook omdat steunkontrakte nie betyds hernu is nie.

“Die verminderde begroting het tot ’n afname in lugmagvoorbereidingsure gelei, asook tot ʼn agterstand wat instandhouding en dienste betref en die lugmag met minder diensbare, beskikbare lugvaarttuie laat,” lui die verslag.

“Die kwessie van militêre veterane eis ook ’n noodaksieplan deur die staat aangesien die departement van militêre veterane elke jaar geld aan die nasionale tesourie teruggee, terwyl die behoeftes van die militêre veterane nie hanteer word nie,” het Xaba gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat alle lede van die land se nasionale weermag, ook dié wat voor 1994 gedien het, ingevolge die Wet op Militêre Veterane as militêre veterane kwalifiseer.

Hulp aan dié veterane sluit in toelae vir behuising, mediese sorg of ’n begrafnisvoordeel.

Die komitee sê hy wil graag sien dat die voordele van die militêre veterane voor die einde van die huidige boekjaar betaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

annie ·

Kan regerings stilletjies geld druk sonder dat iemand dit sal kan agterkom? Het dit al iewers gebeur? Het ons nog goud of skatte om te ruil vir note. Weet die Wêreldbank/IMF hoeveel goud of bates SA het om te kan sê ons is nog standhoudend of raai hulle? Het die ANC-regering al geld in die geheim gedruk? Hoeveel geld kan ons nog leen voor Zim by die voordeur instap?

Pietertjie ·

Ons geldeenheid is in 1972 al van goud-waarborge losgemaak. Sedertdien word geld op aanvraag van die “Reserwebank” (wat geen reserwes het nie) gedruk. Dis een van die grond-oorsake van inflasie, waarmee burgery verarm word. Indien die weermag wel meer geld kry, sal dit in dieselfde sakke beland as voorheen. Niks verder sal verander of verbeter nie.

Vincent ·

Die eens magtige SAW afgetakel en geplunder deur die ANC kaders en hulle meelopers.

absoluut ·

hulle bly nog steeds van daai tyd af ons grootste vyande en nou is hulle in beheer van alles

Suzette ·

Nie verbasend nie – kom nie van vandag af nie – maar daar word nie geluister nie want niemand moet tog die “people” in beheer vertel wat hulle moet doen nie.

twaalfboor ·

Daar is laaaaank al nie meer veilugheid en sekuriteit in SA nie. Ons het al gewoond geraak daaraan. Dit sal niks vat vir selfs Lesotho om SA in te val en amok te maak nie. Al het ons SANWM al die toerusting, sal hulle nie weet hoe om dit gebruik nie. Daars lankal nie meer “menouvers” om ons weermag 24/7 gereed te hê nie. SA is n “sitting duck”.

Republikein in die Wes Kaap ·

In Potch sal die troepe heerlike varsgebakte brood aan die vyand uitdeel.

Johan ·

En verder het hulle die burgermag vernietig en probeer ons met alle mag ontwapen. Gemors spul

Fran ·

Stuur die hordes spul ‘oorlogsveterane’ na die voorste linies. Hulle heldedade tydens hul oorlog met die ou SAW word mos deur hulle voorvaders in stories oorvertel. Wat ‘n klomp idiote!

whatever ·

hahahahah! Hulle sal eers aandring op kospakkies , behuising, 20% verhoging dan het die vyand ons lankal verslaan.

Heleen ·

Maar dis hoekom Rampossa in die UK is..hyt gaan geld trek…

Kokerboom ·

Tragiese toestand. Uitstekende voorbeeld hoe ‘n land NIE bestuur moet word!

Cornrit ·

So word ons eens trotse Lugmag afgebreek tot in die grond, soos met alles tydens 1994. Ek was in die Lugmag, en kan dit nie verwerk dat ons weermag nou net nog n bankrot staatsinstelling is nie. Ek glo nie eers dat Suid Afrika homself teen n land soos Lesotho suksesvol kan verdedig nie.
Vlieeniers wil vlieg. Dit is hulle passie. Daarom het ons beste vlieeniers ander weivelde gaan soek.
Hulle het nie met n Dakota, terwyl hulle “getaxi” het, in n sloot ingery nie.
Neewat, ons Lugmag is gedoem. Ek dink wyle Genl James Kriel ( eertydse hoof van die Lugmag ), draai in sy graf om, as hy slen wat van die Lugmag geword het.

Realis Thailand ·

Ek kan net dink hoe jy voel
Ek het simpatie met jou en vele van die oud lugmag helde en nie die klomp narre wie nou die hele weermag beheer nie

Lourens ·

Eerstens het ons nie nodig om by vredesendings betrokke te wees nie. Ons het genoeg probleme van ons eie hier.
Tweedens is die sogenaamde “militêre veterane” niks anders as ‘n klomp opportuniste wat probeer geld maak uit hulle beweerde “militêre” dade wat, op die keper beskou, niks anders was as terrorisme teen weerlose burgerlikes nie. Die hele betoog vir vergoeding aan hulle is niks anders as ‘n manier om geld uit te deel aan die huidige regime se ondersteuners nie.

Chris ·

Ek stem saam Hoekom die SANW se geld wat maar ons belastingbetalers sin is op “vredesendings” mors Kry eers sake in ons Weermag in orde

marius ·

Waarom moet daar geld rondgegooi word vir iets wat nie bestaan nie ?

Delia ·

Wanneer Weermaglede nie meer die roeping het om hulle land te DIEN bo alles nie, dan is die toewyding weg en die groter prentjie ook nie meer sigbaar.
Dan gaan dit oor n salaris, mag ens ens.

JohanR ·

annie ek dink daar word al lankal geld gedruk. Die geld van die Wereld Bank is ook al klaar onder die kaders uitgedeel, dis hoekom Cyril bakhand daar by Charles gaan staan het. Kom gou 2024.

Jerry ·

ONS HET NIE N WEERMAG NODIG NIE. “HULLE” RY SULKE VINNIGE KARRE HULLE KAN VINNIG WEGJAAG INDIEN DAAR PROBLEME KOM. VIR DIE RES VAN ONS MENSE TOO BAD.

Mariana ·

Onse genade maar die ANC het hierdie land nou behoorlik in sy peetjie in bestuur. Kan dit wees dat hulle niks maar niks behalwe hul eie beursies kon bestuur nie. ‘n Eens weermag en lugmag en vloot, om op trots te wees, lê in puin. Hulle het ons land vernietig. En dan word Ramapoza in Engeland op die hande gedra en sit daai glimlag permanent op sy bakkies en dit terwyl sy land brand. Skandalig. Hartseer.

Cabous like braai ·

LMGA …..””Indien daar nie binnekort praktiese oplossings gevind word om die nasionale weermag te befonds nie, kan dit rampspoedige gevolge vir veiligheid en sekerheid in Suid-Afrika inhou””. HAHAHA watter weermag?? hul kan nie eens onluste hanteer nie ……

Pannies ·

Ontslaan al die personeel wat net sit en niks doen behalwe wag vir etenstyd en payday.
Dan sal daar oorgenoeg geld wees om toerusting in stand te hou.

Prikkie ·

Pannies, daar is mense wat niks doen nie omdat hulle nie onderdele kry om reg te maak wat ondiensbaar is nie en ook omdat daar nie meer brandstof vir vliegtuie is nie of omdat daar nie ‘n vlieënier is nie.

My siening ·

Watter weermag, die laaste weermag het voor 1994 bestaan. Red n nasie met so n weermag wat ons nou het!

Swerwer ·

Ai siestog, watter veiligheid en sekerheid? Regtig hierdie Sikus Narre raak by die dag erger. Hierdie land het nie meer veiligheid of sekerheid nie. Ai, ai.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die SANDF moet vir elke oud dienspligtige in die SAW ‘n bedrag van R5 miljoen uitbetaal, belastingvry. Dié wat reeds oorlede is se naasbestaandes kan die geld kry.

Manie ·

Voormalige MK terroriste dring nou aan op pensioen, medies en behuising.

Anel ·

Hulle kry almal gratis medies. Hulle het hulle eie hospitale en ek dink hulle noem dit siekeboegde wat hulle gratis besoek , behandel eord en medisyne kry. En hoeveel het hulle al bygedra?????

Papsak ·

JA NEE JY MOET TOG NIE DIE PEOPLE VERTEL WAT EN HOE DIT GEDOEN EN GEMAAK MOET WORD NIE WANT HULLE AAN BEWIND EN DIE STERKSTE EN DIE SLIMSTE KYK JY KAN HULLE NIKS LEER NIE

Strandloper ·

Nog anc sukses storie. Lesotho sal nou ons kan oorweldig

Prikkie ·

Dit gaan orals in die lugmag so – vanaf Ysterplaat to by Makhado (Louis Trichardt).

Ek is so dankbaar dat ek nog in ‘n funksionele lugmag kon dien.

Wil nie deel van die huidige skande wees nie. Het gelukkig meer as 30 jaar gelede die lugmag vaarwel toegeroep.

Samuel ·

Wat is nuut? Ek het nie geweet SA het ‘n lugmag nie. Siestog

Jakes ·

N SAW? Wat is dit? Sedert 1994 het agteruitgang dadelik van krag geword. Gaan goedkoper wees on n paar mikroligte vliegtuie te koop met ketties toegerus want meeste weermag toerusting soos gewere is buitewerking en daar nie fonse om dit te herstel of aan te koop nie. Ek skaam my dood.

Francois ·

Ok, Hoeveel biljoen wil julle van staat hê? Bodemlose put? (Eskom, Poskantoor, en dosyne ander departemente)

Lian ·

Ek sien nie dat die weermag enige tekort aan geld het as omtrent elke lid met met ‘n spoggerige vuurwa rondry nie en dit met weermag registrasie ? En die astronomiese bedrae aan V.I.P. protection is om van te huil. Sluit maar veterane in

Danie ·

Dit kos net een skoot in die regte rigting en boeta hulle gaan spaander.Waarom geld mors op niks.

Jacques ·

Die trein het lankal nie meer brieke nie maar sy spore le nog wyd vir verdere ineenstorting. Daar is geen persoon of instansie wat die regerende party gaan stop nie. Zim is alreeds in SA en ongelukkig gaan die meerderheid dit te laat besef.

Jacobus ·

Dit kan net vir SA en sy inwoners n goeie ding wees dat hierdie hulpelose lot totniet gaan.

Realis Thailand ·

Ek het n antwoord vir deel vandie probleem
Raak ontslae van 95% van die generaals ,Kolonels ens
Verder koop onderdele ens aan by vdie vervaardigers
Hou op soveel motors vir daai vet generaals koop. Hou op soveel geld uitgee op Blue Label
Met ander woorde gaan terug na die ou SAW van voor 1994 se begroting en spandering van geld

Lillian ·

Die lot is buitendien ook so useless, ‘n kleuterskool spannetjie met speel gewere sal hulle ore aansit!

Yvonne ·

Nouja dit het gebeur …..en al die eer kom die ANC toe ….min wat hulle kan nadoen as dit by verwoesting kom

Wildemien ·

Is daar enige staatsbeheerde instansie in hierdie land wat nie heeldag loop en skree “befonds my befonds my!” nie? Verdomp. Gaan doen ‘n Back-a-Buddy of ‘n Go-Fund-Me, man.
‘Tsek

JP ·

Ek giggel altyd as ek hoor hoe hulle “veterane” genoem word…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.