Te min lewensredders op KZN-strande

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Natalie Grainger/Unsplash)

Die Ray Nkonyeni- plaaslike munisipaliteit moes noodgedwonge talle strande rondom Margate sluit omdat daar te min lewensredders is om die strande te beveilig.

Simon April, woordvoerder van die munisipaliteit, sê die munisipaliteit is bewus van die probleem en spook om al die betrokke strande so gou moontlik weer oop te stel.

“Die probleem is as gevolg van die munisipaliteit se diensverskaffers wat probleme ondervind met sy personeellede,” sê hy.

“Die munisipaliteit druk hulle om die probleem op te los terwyl alternatiewe oplossings ondersoek word.”

Die strande wat tans deur die tekort geraak word, is Hibberdene, Umzumbe, Southport, Uvongo, Manaba, Margate, Ramsgate en Port Edward.

Volgens April kon Marina- en Trafalgar-strand intussen weer oopgestel word nadat alternatiewe reëlings getref is. Die munisipaliteit hoop om Port Edward eersdaags oop te stel deur dieselfde soort reëlings te tref.

“Ons werk onophoudelik om te verseker dat al ons strande oopgestel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.