Tegnikus gevonnis wat selfoontoerusting buit

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn Kaapse tegnikus is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die diefstal van selfoontoringbattery en -toerusting.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die 31-jarige David Jenkins is in Februarie 2018 in hegtenis geneem en verbind met minstens 29 voorvalle van diefstal wat in Januarie en Februarie in die Kaapse Skiereiland voorgekom het.

Die ondersoek het bevind Jenkins het sy spaarsleutel gebruik om onwettig toegang tot die persele te verkry.

Die Kaapstadse streekhof het hom tot 20 jaar tronkstraf op elk van die aanklagte teen hom gevonnis. Vyf jaar hiervan is opgeskort. Die vonnisse word gelyklopend uitgedien.

Jenkins was sedert sy inhegtenisneming in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stofdonkie ·

2 jaar vir so eenvoudige saak. Regtig, hoe vertraag is ons regstelsel? Hoeveel tyd word gemors is ons howe om sake so aanhoudend uit te stel?

Scalla ·

Afrika tyd ou Stofdonkie, niks jaag jou nie, more is nog n dag.

Hans ·

Jy moet onthou, die prokureurs moet ook hul spogmotors en huise betaal. Kyk maar na Krion piramiede skema en die kubus kultuur en soveel ander swendel sake. van al daai miljoene het niks oorgebly nie. Elke besoek of brief kos geld, so hoe langer dit rek, hoe voller die sak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.