Tenderbedrog by polisie: 6 uit op borgtog

Argieffoto

Ses mense is Maandag in die Pretoriase landdroshof op borgtog van R5 000 elk vrygelaat nadat hulle oor die naweek in hegtenis geneem is in verband met grootskaalse beweerde tenderbedrog by die polisie.

Sindisiwe Twala, ʼn woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het die ses verdagtes geïdentifiseer as kol. Lawrence Thahane, lt.kol. Tshepo Mashego, Anna Catharina du Preez, ʼn administratiewe werker by die polisie se afdeling vir verkrygingsbestuur, asook die burgerlikes Pragalathan Gouden, Volan Prithviraj en Kumarasen Prithviraj.

Dié ses beskuldigdes word beskuldig van bedrog, geldwassery, korrupsie en diefstal wat daartoe gelei het dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens net meer as R85 miljoen kwyt is.

Dít sluit in die toekenning van ʼn tender van nagenoeg R56 miljoen om onder meer handelsmerk-kentekens op polisievoertuie aan te bring.

Volgens Twala word altesaam 42 verdagtes nou reeds by dié saak betrek.

Al 42 verdagtes sal na verwagting Dinsdag vir die eerste keer saam in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter ·

Vyf duisend borg die ANC land se regstelsel is een groot grap.

Persheks Adri ·

R5 000 borg vir daai bedrag korrupsie en die res van die klagtes? Dit maak nie sin nie

Anel ·

Daar is net nie meer woorde vir al die skelmstreke nie. En dit nogal van die polisie. En hoë offisiere! Dis die mense wat veronderstel is om skels te vang. Man, sluit toe en gooi die sleutel weg.

Johann ·

Ja ma hoe gaan ons nou weet dis actually n polisie kar? Hierdie ouens het net hulle werk gedoen sodat ons kan weet wie is die skelms en wie is die akelms in polisie voertuie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.