Tenkwa ontplof op N1

‘n Swart rookwolk hang oor die toneel. (Foto: Emer-G-Med)

Een persoon is beseer nadat ’n tenkwa Vrydag laatoggend op die N1 naby die William Nicol-afrit in Johannesburg ontplof het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van die nooddiens Emer-G-Med, sê verskeie nooddienste is Vrydag voor 12:00 na die toneel ontbied waar ’n tenkwa in ’n botsing op die snelweg betrokke was.

Dit is nie duidelik watter stof die tenkwa ten tyde van die botsing vervoer het nie. Met paramedici se aankoms was die voertuig reeds in vlamme gehul.

(Foto: Emer-G-Med)

Een persoon is sedertdien op die toneel vir matige beserings behandel en na ’n hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Van Reenen sê die betrokke gedeelte van die N1 is tans gesluit sodat die toneel skoongemaak kan word.

Groot verkeersopeenhopings is reeds opgemerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Veritas ·

Dis erg. Hoop daar is nie sterftes nie. Vermy die area, die verkeer is al klaar ‘n gemors en dit gaan net erger word

GeloofInGodNieMense ·

Hulle sê dis n mini tanker, trailor getrek deur n bakkie. Daar is foto’s

Hennie ·

Tanker wat deur na bakkie gesleep word? Moes n baie klein waentjie gewees het. Media blaas dit weer vreeslik op

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.