Terreurklag teen Malema

(Foto: EFF/Twitter)

Die landbouorganisasie TLU SA het aanklagte van terreur teen die EFF-leier Julius Malema aanhangig gemaak.

Die aanklagte kom na die uitgesproke leier se opmerkings die afgelope naweek by ʼn byeenkoms in die Vrystaat waar hy gesê het polisielede en hul gesinne sal in huise geteiken word.

Verskeie ander organisasies het reeds aanklagte teen Malema aanhangig gemaak, terwyl die minister van polisie, Bheki Cele, die uitsprake ten sterkste veroordeel het.

Die vakbond Popcru het ook teen die opmerkings uitgevaar.

Henry Geldenhuys, president van TLU SA, het Donderdag in Sheepmoor, Mpumalanga, die klag van terrorisme en ondermyning aanhangig gemaak.

“Dit is totaal onaanvaarbaar dat enige persoon blatant en in die openbaar ʼn aanslag teen die polisie en sy lede loods,” het Geldenhuys gesê.

“Die polisie verteenwoordig die gesag in ons land en sodanige aanslag moet dus in die ernstigste moontlike lig gesien word. Die feit dat hy ook ʼn sittende lid van die parlement is, behoort verswarend teen hom te tel.

“Die staat behoort alle regsmiddele tot sy beskikking in werking te stel om korte mette te maak van hierdie soort gedrag en uitsprake.”

Geldenhuys sê dit is onmoontlik om stabiliteit in die land te bou as gedrag soos dié van Malema net met ʼn verklaring veroordeel word. Hy sê dit is onvoldoende en dat Malema hom nou al herhaaldelik bewys het as iemand wat wet en orde en verhoudinge tussen mense destabiliseer.

“Dit is vir ons as landbouers onaanvaarbaar dat ongegronde stellings soos hierdie gemaak word. Dit is kommerwekkend dat ʼn klimaat geskep word waarin verskille met fisieke geweld besleg kan word. Mnr. Malema en sy trawante se uitsprake dra gewis by tot die geweldskultuur wat Suid-Afrika teister en elke wetsgehoorsame burger se toekoms steel.

“Die regering moet in sy optrede teen mnr. Malema wys of hy regtig die land regeer en of hy maar eintlik – soos baie keer beweer word – net pionne in die EFF se spel is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Lee ·

Dit is tyd vir Malema om van die prentjie te verdwyn, hy is n doring in SA se voet.

Nic ·

Lee faar sal niks van kpm nie doe Anc is te slapgat om teen hom op te tree

Kokerboom ·

Mooi so TLU. As drastiese aksies nie geneem word teen regerende regime en verwante kornuite is ek bevrees is daar net een pad en dis afdraande.

Sussaraaa ·

Ramaposa en Cele kan nou bewys of hul regtig beheer het oor hul navolgers.

Samuel ·

Waat? CR en Cele het geen beheer oor hulle kaders nie. Ons SP het voor sy verkiesing almal ore aangesit. Hy is geslepe.

Persheks Adri ·

Hierdie party MOET ontbind word so gou as moontlik en toe gesluit word vir al hulle haatspraak en aanhitsing van geweld! Kom gaan sluit hom saam met sy minions toe die hele lot van hulle

Raakvatter ·

Persheks, waar is jou pffft, laat my altyd lag! “Die hele lot van hulle, pffft”!

Persheks Adri ·

Hiér kom hy pffft tsssk lol skuus hoor Raakvatter!

SomeOne ·

hoe kan daar na “teen mnr. Malema wys”, mal-emmer verwys word, as “mnr”, hy is glad nie sulke status werd nie, hy moes al lankal agter tralies gewees het
hy en sy hele eff stigting moet verban verklaar word
mal-emmer is die grootste terroris wat die wereld het

Chivago ·

Daars hy, ek wag nou al ‘n paar dae vir hierdie klag! Terreur en terrorisme, dis niks anders nie

Maroela Burger ·

Die regering sal niks aan die EFF doen nie. Hulle wil hulle eie onbeholpenheid en korrupsie wegsteek deur iemand anders die skuld te gee.
Dit is nou die tyd dat die al die inwoners van Suid Afrika besef, dat geen regering na sy volgelinge gaan omsien nie maar slegs na hulle self.
Eff lede kan hulle self afvra wat het hulle leiers al vir hulle gedoen om hulle lewe lekkerder te maak. het hulle enigsins gesorg vir behuising, water, elektrieseteit ens. Die antwoord is nee want hulle hits net hulle lede aan om skade aan te rig.
Kyk wat het by Brackenveld gebeur. Een persoon het probeer om met hulle a;sie leier te praat en is toe summier aabgeval. wys ons net EFF stel nie belang in vrede.
Indie EFF nie vir hulle self kan beskuit wat om te doen nie, en nie kan insien dat hulle optrede skade vir hulle self te weeg bring nie, dan kan hulle maar vergeet om ooit wettig ‘n land kan beheer. tot hulle swart mede burgers begin dit aanvoel deur hongerte en armoede.

Adam Adriaan ·

Hy en sy handlangers moet van hoogverraad aangekla word!!!!

Stefan ·

Hulle is te bang vir hom en sy ‘landmagte’
Hy is al jare besig om te tart en allerhande rassistiese stellings te maak om te sien hoe ver kan hy gaan voor daar regtig opgetree word.
Hy het nou vasgestel dat hy baaaaie ver kan gaan, dis dus wat nou gebeur.

gatgogga ·

En onthou, hy het nog nie eers sy lugmagte en seemagte ontplooi nie.

Misky ·

En Zuma? Ry een vangwa sommer vandag nog en arresteer albei van hulle asb. Wys ons diè keer dit word gedoen – groot asseblief.

Jakes ·

Dis hoogtyd dat die president sy mening lug oor etlike sake van belang want soos dinge nou lyk is hy n president met geen mag of tande.

Marius ·

Daar word omtrent elke week n nuwe klag teen die man gemaak , en niks maar niks kom daarvan nie .
Dit is asof die NVG bitter bang is vir die man . My vraag is – wie is die man nou eintlik regtig en wie finansier sy terorisme organisasie ??? #malema moet NOU tronk toe !!! As dit n wit man was , was hy al lankal in die tronk gewees en sy saak sou al tien jaar elke keur uitgestel gewees het .

Elize ·

Vir my kommerwekkend dat dit hoofsaaklik “wit” organisasies wat dit veroordeel en stappe wil neem terwyl die swartes net toekyk???

Piet ·

Jy moet in gedagte hou dat 1 uit elke 5 swart stemgeregtige reeds vir hom stem. Hy het BAIE steun onder swart kiesers.

Anoniem ·

Die EFF is nie ‘n politieke party nie, dis ‘n terroriste beweging wat in die parlement sit met die ANC se goedkeuring. Verbied die party totdat hulle hulself kan gedra en soos beskaafdes optree.

Cherokee ·

Ten minste malema die onderskeiding behaal deur meer verag te word as selfs zuma.

Dup ·

Ek sal ERG verbaas wees as daar uiteindelik teen hierdie aarts rassis en kwaadstoker opgetree word.Sy optredes raak al hoe meer irrasioneel en militant en een of ander tyd gaan die drukkoker ontplof.

Debbie ·

Ag dis tyd mors. Daar kom absoluut niks van enige saak teen hom nie. Daar is sake teen hom wat al jare hang

Jaco ·

Die EFF dreig die polisie, wat deur die ANC beheer word. So dis ‘n EFF teen ANC probleem. Los terreurklagtes en wees eerder bly dié 2 partye sit al weer vas met mekaar. Hoe langer hulle met mekaar vassit, hoe langer word onteiening sonder vergoeding uitgestel.

Vlam14 ·

Ag hy sal soos elke keer niks oorkom nie, is mos die witbroodjie van die ANC en parlementslede!! Hoekom is dit net die TLU wat iets seg? Waar is die VF nou weer heen??

Tsek! ·

Kom ons kyk of hulle werklik die neute het om hom aan te vat en toe te sluit. Hoekom is daar nog geen arrestasie nie? Laat ek julle vertel, as dit ek was wat die snert kwyt geraak het was al lankal in die tronk met of sonder n lasbrief.

Wakkerslaper ·

GAAAAAP….. Regtig? Daar is al hoeveel klagtes teen malema gemaak… en wat het al OOIT daarvan gekom? Hy loop nog steeds vry rond en sê en doen net wat hy wil. Hou op tyd en geld mors asb…

Genis ·

Het hulle vir Winnie oor Stompie aangevat? Malema moes al lankal gearresteer geword het… Hy dryg nou seker ook die polisie omdat hulle vroeer jare as “die boere” bekend gestaan het? Dog Genis vra maar net.

Samuel ·

Malema is nie net ‘n terroris nie, maar ook Marxis/kommunis. Ek hoop daar kom iets van die TLU se klagte teen JM. Ek glo die EFF se optrede dra baie mense in die regerende party se goedkeuring weg. Waarom is Cyril Ramaphosa so stil? Is hy bang vir die EFF? Hy toon absoluut géén leierskap nie. Zilch.

Renee ·

Eintlik indien ek die nuus en kommentaar sien lyk vir my die EFF is die ANC se Juigleiers dit is hoekom niks met hulle gebeur nie

Johanncb ·

Hoe lank nóg gaan hierdie man toegelaat word om te sê wat hy wil en dan daarmee weg te kom? Is ons regering só bang vir hom en ons wetstelsel só treurig dat almal vir hom terugstaan?

anniekiewiet ·

Dit bly afgryslik dat sekere mense gearresteer word vir net skeef kyk na hom, wat net iets wil vra, maar hy kom weg met al sy anargistiese optredes en opstokery.
Hy kan almal dreig, als afbreek, die land ekonomiese sink, maar nou skrik polisie eers wakker toe hulle self gedreig word. Dit sê maar min van hulle. En nog steeds geen woord uit regeringsgeledere teen hom nie.

Dies ·

Die outjie dink hy kan doen en sê wat hy wil.
Aitog. Gee hom genoeg tou……. of dalk die ander
you??

Maggies ·

Sal ook graag wil weet waar die finansies vir die busvragte wat aangery word vandaan kom. Die groot meerderheid van die spul wat áltyd so opdaag is werkloos. Wie betaal hulle een vir een om saam te gaan? Wie betaal vir hul rooi hemde en pette?

Derek ·

Nog onlangs het Julius en Bheki saam gekuier in Senekal, nou wonder mens hoekom Bheki nie die klagte inbring nie. Is hulle nog vriende agter die skerms of is dit maar net die speletjie wat hulle so graag speel om mense te laat wonder.

daniel ·

Popcru en die Polisie betreur die gebeure, maar le nie formele klagtes nie? Hoekom nie?

daniel ·

Dit laat mens wonder hoekom die Polisie wat die bedreigde slagoffer is ,nie die eerste was om n klag teen die EFF te open nie?.

Yvonne ·

Dit wys net weer….EFF moes in die eerste instansie nooit in die parlement gewees het nie…hulle maak gee bydrae nie

Petrus ·

By Senekal het hulle gou ‘n wit persoon toegesluit vir poging tot moord terrorime en dit is gereel deur CELE, RAMA en EFF en sy bail van R 15 000 en is meer as ‘n moordenaar sin. As iemand dit verstaan laat weet my. Nou Rooi kappie Mal-lemma dreig die staat se Polisie beamptes om hulle aan te val by hul huise en dan sing hy nog steeds kill the boer kill the farmer en nog steeds loop hy vry rond.

Anoniem ·

Nou moet hier opgetree word teenoor hierdie man wat dink die hele wereld behoort aan hom!!!!

Genis ·

My persoonlikke opinie, ek dink Mal-hemma het n houvas op Cyril = stille swye

Jakes ·

Die dag as Malema n oranjepak aantrek moet dit as publieke vakansiedag ingestel word.

Karina ·

Die Engelse gesegde: “Watch this space” is van toepassing Daar sal absoluut niks aan Malema en sy rooikappies gedoen word nie. Hy en sy makkers sing keer op keer “Kill the Boer, Kill the Farmer” en in al die jare is niks aan hom gedoen nie.

Die Goodwoodianer ·

Uiteindelik word ñ klag van terrorisme gelê. Wens die ander linkses sou ook dit doen maar hulle almal se bekke is nou stil.

Agter die skerms ·

Stem saam Androclus – daar moet ‘n voorbeeld gemaak word van hom – want hy is basies die man wat dink hy kan doen wat hy wil en niks gaan daaromtrent gedoen word nie – maak ‘n voorbeeld.

Gert ·

Die Eff is net ‘n aandag afleier vir die ANC se planne. Die Eff vat die heat soos hulle se en die ANC sluip van agter af met hulle planne

Maritza ·

Daar sal niks met hom gebeur nie…hy is mos onaantasbaar

Johan ·

Binnekort gaan diè spul soos Antifa( ala VSA Demokrate) sê dat die Polisie’ defund’ moet word,of lê ek nou gedagtes in hul’mindset’?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.