Tesourie verwerp glo voorstel om kindertoelae te verhoog

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die nasionale tesourie het na bewering die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se voorstel verwerp om die kinderondersteuningstoelae tot die amptelike voedselarmoedelyn te verhoog.

Hierdie voorstel sou die kinderonderhoudtoelae van R510 per maand tot R760 per maand verhoog.

Die nasionale tesourie sê egter hy het eenvoudig nie die geld daarvoor nie. Die toelae sal daarom vanaf 1 April met ’n skamele R20 verhoog word.

Die DA sê hierdie reaksie van die tesourie is “misleidend” en “apaties”.

“Dit is skokkend dat selfs oproepe van ’n hoofstuk 9-instelling wat alarm maak, nie genoeg is vir ons onverskillige ANC-regering nie,” sê Bridget Masango, die DA se skaduminister van maatskaplike ontwikkeling.

Die opposisieparty is oortuig daarvan dat Suid-Afrika kan bekostig om hongersnood onder kinders te pak sou sommige fondse in die nasionale begroting bloot herprioritiseer word.

Volgens Masango steun die DA die verhoging van die kinderondersteuningstoelae tot die amptelike voedselarmoedelyn.

Die party stel ook voor dat die BTW-vrye kosmandjie uitgebrei word om items soos hoender aan die been, beesvleis, geblikte boontjies, babakos, koringmeel, soppoeier en margarien in te sluit.

Die opposisieparty stel verder voor dat die kinderondersteuningstoelae aan swanger moeders sowel as leerders tot ná die voltooiing van hul Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) uitgebrei word.

Maroela Media het verlede jaar berig ʼn verslag deur die Nelson Mandela Kinderfonds toon dat 4,8 miljoen van die land se 20 miljoen kinders daagliks honger ly.

Pres. Cyril Ramaphosa is gevolglik in November verlede jaar by die Menseregtekommissie (MRK) verkla vir die “sentrale rol wat hy gespeel het in die land se verwoestende werklikheid dat byna vyf miljoen kinders honger ly”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Danie ·

Hulle moet geen toelaag kry nie. Hulle wil net kinders maak en geld kry verniet.

Alta Alleman ·

Kinders word deur hulle ouers aangemoedig om babas te maak net om daai toelae elke maand te kan ontvang. Glo my dis waar.

Karoo ·

Ek is baie dankbaar dat dit nie verhoog gaan word noe want dan sou nog meer jong meisies dit as ‘n opsie sien om’ n paar rand in die hande te kry.

Johan ·

Lees ek nou reg wat die DA voorstel? Dat hierdie toelaag aan leerders betaal moet word totdat hulle matriek geslaag het… Nee o aarde, dit kan vertolk word dat tienerswangerskappe aangemoedig word… Stem nie saam nie.

Casper ·

Hieveel van die “honger”kinders sien die toelaes,en hoeveel daarvan word aan drank en dwelms spandeer.Hoeveel skoolmeisies kry babas vir die meevallertjie.Hoeveel vroue kry vet salarisse en eis nog die toelaag ook.Julle sal verbaas wees hoeveel buitelandse babas word hier onwettig geregistreer net om toelaes te kry.

Ria ·

Dankie tog daarvoor. Dis tyd dat mense besef alles is nie gratis en verniet nie

Martie ·

Dankie tog daarvoor. Hierdie R350 moet ook onmiddelik gestop word dan is daar sommer baie geld beskikbaar vir werkskepping. Lyk regtig of Da tienerswangerskappe aanmoedig. Geen toelaag vir skoolkinders wat kinders het nie, moet maar gaan werk.

Papsak ·

Nee hulle dink alles is gratis en verniet daarom gaan hulle so aan !!!!

Laurika ·

Ek werk as Finansiele Bestuurder by ‘n Nie-Winsgewende organisasie wat juis met die werkloosheid onder die juig deel. Die jong mense glo dis standaard om tot 16 skool toe te gaan, en jou eersteling op 16 in die wereld te bring sodat jy verseker is van jou toelaag. Die babatjies word dan so verwaarloos omdat die geld vir ander dinge gebruik word. Deur die toelaag te verhoog maak die saak mos nog net erger? Hoe DINK die regering dan??

trotsNAMSA ·

Stop die toelaes, stop meer babas. Die jeug kan gaan strate vee vir inkomste.

Republikein in die Wes Kaap ·

Laurika, daar is iets wat ek nie verstaan nie. Baie volwassenes met wie dit goed gaan leef soos volstruise. Toe die onderwysdepartement dié jeugdiges wou beïnvloed deur programme om eerder te studeer en babas te vermy het kerkgroepe en welaf volwassenes gekerm en gesê die kinders is te jonk vir al die sketse. Skokterapie is juis nodig.

Jacobus ·

Verander die regulasies om vir kindertoelaag te kwalifiseer,
Moet getroud wees.
Moet ouer as 18 wees.
Bewys van die pa moet voorsien word, om te voorkom, dat die pa, of naby familie die dogter bevrug.
Beperk toelaag tot 2 kinders per moeder.
Verseker dat aansoeker nie lieg oor haar inkomste, moenie net woord of “affidavit”, wat niks beteken aanvaar.
Alle ontvangers moet geboortebeperkings klasse bywoon, gebruik R350-toelaag hiervoor, en verminder so Tik gebruik.
Geen toelaag, indien nie bewys dat geboortebeperkings inspuiting gedoen is, na geboorte van 1ste kind.
Dit is niemand se plig om vir enige mens se wellus te betaal nie.

Di ·

WAT verstaan party mense nie, daar is NIE meer GELD nie. Hulle moet minder kinders kry dan sal daar minder armoede onder hulle wees. As jy weet jy kan nie vir hulle sorg nie, WAAROM bly hulle net meer en meer kinder kry. STOP die grants, dis die grootste “euwel” in die land

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.