Ramaphosa by MRK verkla oor kinders wat honger ly

bedelaar-armoede

Argieffoto.

Pres. Cyril Ramaphosa is by die Menseregtekommissie (MRK) verkla vir die “sentrale rol wat hy gespeel het in die land se verwoestende werklikheid dat byna vyf miljoen kinders honger ly”.

Volgens ʼn verslag deur die Nelson Mandela Kinderfonds ly 4,8 miljoen van die land se 20 miljoen kinders daagliks honger.

“Hierdie skokkende en tragiese situasie is die gevolg van suiwer nalatigheid en minagting van die lot van ons kinders deur die president, wat alleen die mag het om beslissend in te gryp,” sê John Steenhuisen, leier van die DA.

“Hy het eerder toegelaat dat hierdie ramp ontvou, selfs al beloop die spysenieringskoste aan boord van sy presidensiële straler R24 000 per persoon vir ʼn enkele vlug.”

Volgens Steenhuisen is dit heeltemal moontlik om hongersnood in die land uit te wis, maar die nodige ingrypings word bloot nie gedoen nie.

Die DA het in September verlede jaar ʼn brief aan Ramaphosa gerig waarin hy gevra is om Suid-Afrika se groeiende hongersnood te help teenwerk. Steenhuisen sê hy het ook uiteengesit hoe dit gedoen kan word.

“Die voorstelle is realisties en uitvoerbaar deur enige regering wat genoeg omgee om die land se behoeftes bo sy eie te stel,” sê hy.

“Dit is onder meer nodig om die kinderondersteuningstoelae te verhoog sodat dit strook met die voedselarmoedelyn. Hierdie ingryping sal R26 miljard kos.

“En vir enigiemand wat sê Suid-Afrika kan nie bekostig om R26 miljard per jaar te bestee om miljoene verhongerde kinders te red nie, sê ek ons kan nie bekostig om dit nie te doen nie.”

Steenhuisen voer aan dat Ramaphosa bewus is van die stappe wat gedoen moet word om die land se belastinginkomste te laat groei sodat die broodnodige ingryping gefinansier kan word. As korrupsie boonop uit die weg geruim word, kan nog meer aan dié inisiatief bestee word.

“Die land se mense het hom verkies op grond van sy verbintenis om die nodige ekonomiese hervormings teweeg te bring en korrupsie uit die weg te ruim. Hierin het die president klaaglik gefaal,” sê hy.

“In plaas daarvan om Suid-Afrika se belange eerste te stel, het hy die behoeftes van sy party voortdurend geprioritiseer deur voorkeurverkryging en kaderontplooiing te behou en te verdedig.”

Steenhuisen sê die wete dat soveel kinders honger ly, moet Ramaphosa snags laat wakker lê.

“Om dit te pak moet sy topprioriteit wees, maar dit is duidelik nie die geval nie,” sê hy.

“Ons kan net hoop dat die MRK in die guns van Suid-Afrika se miljoen verhongerde kinders beslis en Ramaphosa tot verantwoording roep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Chris ·

Daar is een skuldige en oplossing vir die probleem/vvrsagstukke van die land. Die skuldige is die kommunistiese regime. Die oplossing raak ontslae van die probleem. Weet nie of die bende ‘n verkiesingsuitslag waarin hulle mag verloor sal aanvaar nie.

Anel ·

Wel, ek stem nie saam met die kindertoelae nie. Dit moedig net arm mense aan om kinders te kry en belastingbetalers moet vir hulle sorg. So, as jy nie vir jou kinders kan sorg nie, moennie kinders kry nie. So maklik soos dit. Maar hoe hoër die toelaag hoe meet kinders! Maak ‘n ouderdoms beperking ook op die toelaag. Sê 21, en dan ook net vur ‘n sekere tyd. Nie permanent nie, en kom ons sê, niks vir buite egtelike kinders nie. Dit klink wreed, masr op die ou einde word dit ons, die belastingbetaler, wat vir sy eie probeer sorg, se probleem ook. Die Bybel sê daar moet vir die wese gedorg word, nie buite egtelikes nie! Dis wat ek dink en hoe ek die probleem sou aanpak!

Tersia ·

Ek weet ook nie of dit enigsins gaan help om die kindertoelae op te stoot nie. Heelwat mense met wie ek gesels op ‘n dag tot dag basis vertel dat baie van die ouers wat toelaes eis, reguit drankwinkels toe hardloop sodra hulle hulle toelaes kry aan die einde van die maand. Min daarvan word op hulle kinders spandeer.

Wondermaarnet ·

CR voel vere. Solank hy en sy kaders kan baat vind by korrupsie, is hulle gelukkig.

Snowball ·

Die land en sy mense het hom nie gekies nie; sy korrupte bendebroers het die vorige gekose bendelid (wat ‘n absolute verleentheid geword het) vervang met ‘n ander een wat kan lieg soos ‘n tandetrekker. Hulle werk net vir die ANC en hulle eie koffers. Honger kinders staan nie tou voor hulle wildsplase en herehuise nie, so hulle bestaan nie. Dis moeilik om die ellende te sien as jy in geld rol en die vet van die land jou en jou kadervrate varkdik voer.

Elma ·

Ek weet nie of om die kindertoelae te verhoog n werklike oplossing is nie. Daar gaan dan net nog meer kinders gemaak word omdat die ouers die geld soek, dus gaan daar net nog miljoene bykom wat honger ly.

SjN ·

Besef die op voetsoolvlak wat boonop vir hul stem dat hul niks omgee nie en net hul self verryk.

Di ·

O nee! Om kinder toelae te verhoog sal die grootste ramp wees wat DIE land tref! Van hulle kry hoeka net meer en meer kinders vir meer en meer toelae. Moedig ook hulle kinders aan om kinders te kry, daarom soveel jong kinders wat babas kry

Jacobus ·

Om belasting te verhoog om kindertoelae te verhoog is absurd. Die lot kry reeds kinders om die geld dan op drank te spandeer. CR moet aanspreeklik gehou word in persoon en aangeklae word eerstens vir vergrype van sy eie regering wat werkskepping verhinder en tweedens vir die invoer van buitelanders vir hulle stemme en dan moet die belastingbetaler vir hulle sorg.

gatgogga ·

Ramaposa, sleg en tipies.
Wat dink Roelf Meyer en Peter Bruce nou? Hulle was mos Ramaposa se lofsangers.

domheks ·

Ek stem saam met meeste kommentaar hierbo. Die drankwinkels kan nie voorbly op SASSA dae vir kinder toelae nie. Die geld word NIE op kos spandeer vir die kinders nie, maar eerder vir ma se drink gewoontes. Voorsien liewer mieliemeel, dan kan die drank aankope dalk verminder.

Papsak ·

Ja reg kla hom aan hy kort dit dit nue net sy mense wat honger ly nue wat van ander kleuriges wat net so honger ly daar bitter baie kindertjies onder ons wittes ook wat honger het ek hoop daar word byde kante gekyk daarna

MrMagic ·

Daar moet geen kinder-toelaag betaal word nie. Die staat kan dmv kombuise die kinders voer en die ouers wat nie vir die kinders kan kos voorsien nie moet aangewend word om vullis te verwyder of die gras langs die paaie te sny ens. Die kostes om die kinders te voed moet dan van hul verdienste verhaal word .

Samuel ·

Die kamtige MRK is ook ANC organisasie en sal katvoet wees vir CR.

Ina ·

‘n vrou kan net kinder toelaag kry wanneer sy 18jr is en ook net tot die kind 7jr oud is en net vir 2 kinders. Vanaf 7 jr word daar by skole vir die kinders kos voorsien, wat by die skool geëet word. So sal kinders skool toe gaan en nie vir kwaadgeld rondloop nie.

Olive ·

‘N toelaag moet slegs toegestaan word indien bewys van sterililsasie ingehandig word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.