Unisa het in ʼn verklaring gesê regter Bernard Ngoepe, wat 15 jaar as kanselier diens gedoen het, het vandeesweek uitgetree. “Hy het onbaatsugtig en met waardigheid en integriteit gedien op ʼn wyse wat Unisa se profiel en goeie naam versterk het, selfs tydens die moeilike tye.”
Volgens die universiteit was daar wye konsensus rakende Mbeki se aanstelling aangesien hy ʼn “intellektuele reus” is en internasionaal hoog geag word. “Hy was by verskeie leiersrolle in die anti-apartheid-bevrydingstryd en nasiebouprogramme betrokke die afgelope ses dekades. Hy is steeds betrokke in ʼn reeks konflikresolusie- en ontwikkelingsinisiatiewe in Afrika.”
Mbeki was van Junie 1999 tot September 2008 die president van Suid-Afrika. Hy het in September 2008, met sowat nege maande oor in sy tweede termyn, sy bedanking aangekondig nadat hy deur die ANC herroep is.
Slim skuif deur UNISA
Die vorige een word net LOF toe geswaai, maar internationaal is UNISA afgegradeer ? Wie lieg vir wie ?
O genade UNISA……
Ooooo my genade, net wanneer jy dink dit kan ni nog slegter gaan ni………
Noujatoe .die mense se aftree-ouderdom word al hoe later. Hulle druk ons op 60 oral uit, maar op 74 word hierdie man nog Kanselier? Wonder net wat gaan sy funksie presies wees. EK dink baie meer van sy broer.
Dis nou mooi lojaal, pragtige gebaar.
Thabo Mbeki het meer klas en verstand as die hele huidige kabinet.
Hy is n man waaroor jy ten minste nie oor skaam hoef te wees nie.
Geen skandes soos Zumpie nie
Geen Nkandla
Geen stortkoppe
Mbeki het die tafel gedek vir zuma om by aan te sit,
Politiek moet nie met onderwys inrigtings gekoppel word nie. Bevoegdheid tussen ouderdom 45 tot 60 moet van toepassing wees. Nie ou toppies +60 nie.
unies is 74 nie pensioen ouderdom nie? witmens moet aftree op 60/65. hoekom nie swart man ook nie?
Uiteindelik kan hy ook sien hoe lyk ‘n Universiteit van binne.
Yoh het nooit gesien die man kan glimlag nie – was altyd so n suur knol. Moet net nie beginne hehe nie asseblief!
UNISA is ‘n grap. Ek het my studies maar opgeskop. Langafstand leer deur hulle is ‘n nagmerrie. Dan merk hul nog jou vraestel sodat jy moet dop. Vra jy vir ‘n hermerk en is jy gelukkig om terugvoering te kry, word 34% vervang met oor die 70%. Betalings vat eeue om te registreer. Niemand reageer op jou e-pos nie. Hopenlik is ek nie 90 voor ek ‘n ander langafstand Universiteit ontdek wat die moeite werd is.