Theo Vorster: ‘SA nou in ’n veel beter posisie’

Theo Vorster van Galileo Capital Suid-Afrika is reeds in ʼn veel beter posisie as vyf jaar gelede. Foto: Theo Vorster/Twitter.com

Suid-Afrikaners moet versigtig wees om nie so vas te val in ʼn soort “Zuma-staatskaping-geen-groei-ekonomie” ingesteldheid dat hulle die geleenthede in die land heeltemal miskyk nie.

Dit is die mening van Theo Vorster van Galileo Capital.

Vorster was Woensdag die spreker by die kreatiwiteitskenner dr. Kobus Neethling se kreatiwiteitkafee. Die geleentheid word kwartaalliks in die kreatiwiteitkafee in Brooklyn Mall aangebied.

“Hoekom sal internasionale maatskappye soos Pepsi Co. ʼn eg Suid-Afrikaanse maatskappy soos Pioneer Foods, wat die houermaatskappy vir die land se bekendste voedselhandelsmerke soos Weet-Bix en Ceres-vrugtesappe is, vir R24,4 miljard aankoop? Hoekom sal ʼn Israelse maatskappy vir Clover wil aanskaf? Is dit omdat hulle spotgoedkoop geleenthede in dié land raaksien?

“Ons sien ook aanduidings van buitelandse maatskappye wat ʼn aanbod maak om plaaslike maatskappye in die finansiëledienstesektor op te koop. Wat sien hierdie mense wat ons nog nie raaksien nie,” vra Venter.

“Hoekom sal ʼn boer R275 miljoen betaal om sy bure se besproeiingsplaas in die Laeveld aan te skaf of hoekom sal ʼn plaas in die Noord-Kaap R440 miljoen op ʼn veiling haal te midde van planne om grond te onteien sonder vergoeding? Is dit omdat hierdie mense en maatskappye geleenthede sien in Suid-Afrika wat ons mis omdat ons ons self nog blind staar teen die slegte posisie waarin die Zuma-administrasie die land gelaat het?”

Vorster meen Suid-Afrika is reeds in ʼn veel beter posisie as vyf jaar gelede.

“Ons moet onthou die onthullings wat nou voor die Zondo- en Mpati-kommissie gemaak word, is reeds geskiedenis. Dit het al vier jaar gelede gebeur en is nie ʼn aanduiding van die moontlike verandering in die toekoms nie.”

Vorster sê Suid-Afrikaners is vasgevang in hierdie geskiedenis en verloor fokus op dit wat tans in die vooruitsig gestel word vir die toekoms. Hier het hy verwys na aanstellings wat pres. Cyril Ramaphosa reeds by instellings soos die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die onlangse aantelling by Eskom gemaak het. “Boonop onderskat ons ook nog wat die waarde van hierdie aanstellings is.”

Te midde van talle uitdagings is daar hoop

Vorster erken egter dat daar steeds verskeie massiewe uitdagings vir Suid-Afrika se ekonomie wag.

“Suid-Afrika het ʼn té groot staatdiens en ons kan eenvoudig nie die staatsamptenare se salarisse meer bekostig nie. Iets sal hieraan gedoen moet word. Eskom het ook heeltemal te veel skuld. Uit die R450 miljard is daar sowat R250 miljard wat die kragvoorsiener nie kan betaal nie en hiervoor sal ʼn oplossing gevind moet word. Daar is ook ongelukkig geen maklike oplossings vir hierdie probleme wat ons in die gesig staar nie.

“Die regering sal ook nie meer betrokke kan wees in projekte en semi-staatinstellings soos SAL waar hulle ons belastingbetalers se geld verloor nie.”

Vorster reken Ramaphosa se administrasie het egter begrip vir net hoe groot hierdie uitdagings vir die land se ekonomie is en dat sy regering wel besig is om stappe in die regte rigting te doen om dit te hanteer.

“Hierdie is gevaarligte wat tans oranje flikker maar ek het hoop dat hulle groen kan word. Ek dink die tesourie het duidelik ʼn boodskap gestel aan die regerende party en staatsdepartemente dat Suid-Afrika nie met sy staatsfinansies kan voortgaan soos nou nie. Tot watter mate dit verstaan en deurgevoer word sal die tyd ons leer.”

Vorster voeg by dat hy weet mense is steeds gefrustreerd omdat hulle voel die NVG tree nie vinnig genoeg op nie. “Dit is vir my ook ʼn frustrasie, maar ek dink ʼn mens mis die vervolging wat wel plaasvind omdat dit nie die groot name is wat almal wil sien nie. Daar is wel opgetree teen die voormalige burgemeester van Ethekwini, Zandile Gumede, en die voormalige LUR van finansies van die Noordwes-provinsie, Wendy Nelson. Verder is omtrent al die senior beamptes by VBS gelikwideer en nou kan ʼn kriminele proses volg. Dié soort optrede neem ongelukkig gewoonlik tyd.

“Ek dink daar is ʼn daadwerklike poging om Suid-Afrika terug te skuif na ʼn konstitusionele demokrasie waar daar ook weer ekonomiese groei kan plaasvind.

Vorster sê hy is egter bekommerd dat talle Suid-Afrikaners hulle verwysingsraamwerk skoei op die gebeure van vier jaar gelede in plaas daarvan om te fokus op wat kán gebeur. Om dinge te vererger eis inwoners ook vinnige optrede en kitsoplossings vir die land se grootste probleme.

“Die Zuma-projek het minstens vyf jaar geneem om die land op sy knieë te dwing. In teenstelling hiermee is die Ramaphosa-regering nou maar eers van Meimaand vanjaar werklik in beheer van die land met ʼn mandaat wat papierdun is. Dit is ʼn belangrike aspek wat ʼn mens nie uit die oog moet verloor nie.

“Daar is beslis nie eenvoudige en maklike oplossings nie, maar Suid-Afrika is reeds in ʼn veel beter posisie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Willie ·

Dit kan net toegeskryf word aan onkunde! Voorbeelde spreek vanself in die huidige omstandighede!

Thinus Erasmus ·

Ja slim mense wat nie die feite reg lees nie. Enkele (mal) voorbeelde is voorwaar nie die reël nie.
En dis nie te sê dat as groot buitelandse maatskappye hier wil kom skep, dat dit met die gewone mense beter gaan nie.
Die syfers wys wel dat die rykes nog ryker word en die res nog armer in SA, totdat…………..

Kerneels ·

Gaan vertel die twak vir 10 miljoen werkloses en 30 miljoen wat onder die broodlyn lewe. Dan sal die groot geld wat hier genoem word weinig beteken. Daagliks moet baie klein ondernemings hul deure sluit en boere is op hul knieë. Boonop is St Cyril nie eers in beheer van die ANC nie. Wag totdat die Marxiste hom onttroon.

AfrikaanseKnaap ·

Almal met wie ek praat wat vanuit die buiteland SA besoek na hul emigrasie se dinge gaan net erger.

En met dinge bedoel hulle minder water, minder krag, minder geld, meer geweld en meer rassisme.

Ek sien die verkoop van hierdie magtige maatskappye as hulle “exit strategy”.

Ek het baie geld in SA verloor, en daai fout maak ek nie weer nie.

Ons toekoms is in die buiteland, en die toekoms is blink.

RP ·

Ek het nog hoop vir SA, mits dinge verbeter binne die volgende 5 jaar. Indien nie, dan is ek ook uit. My vaardighede word nie hier waardeer waar velkleur meer relevant is as ondervinding nie.

Lucille Brummer ·

Vanuit ‘n arendsoog hoog in die lug is die “positiewe” besighede of vooruitgang net spikkels in die vrot moeras van vermorsing, korupsie, ekonomiese verrotting. Ek weet van goeie opgeleide gewone werklose Suid Afrikaners wat besig om te versmoor in die armoede moeras. Op watter vlak bevind Theo Vorster hom op die sinkende SA? Met respek gesê ek vind nie genoeg positiewe nuus om sy opwinding te deel nie.

m ·

Theo ek dink jy moet vir jou nuwe brille kry, jy hou die kaart verkeerd om vas.
Die juffrou het gese Suid Afrika, nie Australie nie!!

Stephen ·

Theo. Die massas beheer reeds Suid Afrika.
Hoe stop jy hierdie vloed van chaos wat trokke uitbrand, plunder soos hulle wil en mense koelbloedig doodskiet? Die Regering met CR aan voorpunt steek sy kop in die sand.
CR het gulde geleentheid gehad om die SAL debakel tot sy voordeel te gebruik. Hy moes opgestaan het teen die vakbonde en hulle eise maar hy was soos gewoonlik nerens te sien nie.
Onthou dat buitelandse maatskappye wat hier bele n belasting voordeel in hulle land van herkoms kry. So dit is in elk geval geld wat hulle aan belasting sou betaal het.

Kasper ·

In watter SA bly die mense, of moet ek eerder vra wat rook hulle, want dit is nie dieselfde SA as waar ek in bly nie. Die Rand is in sy maai in, die ekonomiee is op sy laaste stuiptrekkings. Werklossheid skiet die hoogte in. Die SOE’s se audit verslae is die slegste wat dit nog ooit was, soos sopas aangekondig deur die aditeur general se kantoor. Waar was die Rand 5 jaar terug, waar is hy vandag. Neewat , en dan vertel julle SA is in ‘n beter posisie?.. Ek sal vir jou eerder kan bewys die maan is van kaas gemaak, as wat enige van die stellings oor ‘n beter SA bewys kan word.

Feite ·

Natuurlik is daar geleenthede te midde van massiewe uitdagings, dit is ongelukkig nie langtermyn lewensvatbare geleenthede nie en vir witmense is dit erg beperk, maar ja dit is daar!

Droë Perske ·

Ek en my gesin lewe baie goed in Suid-Afrika. Ons is baie dankbaar daarvoor en benut elke geleentheid wat ons pad kruis. ‘n Positiewe gesindheid help geweldig baie op alle gebiede.

Stem saam ·

Ek stem saam met jou. Ek weet dis net genade, maar leef ook baie lekker hier. ‘n Positiewe, maar realistiese siening het my baie geleenthede gegun.

Risko ·

Positiewe gesindheid maak nie ‘n mens se maag vol nie. Wag tot jy jou werk verloor agv ons ekonomie dan kou jy daai positiwieteit. Glo my, as 50 jarige het ek nog nooit iets soos die jaar beleef nie.

Droë Perske ·

Risko, ek is ook ‘n 50-jarige wit man. My hart gaan uit na jou, vriend. Ek hoop goeie geleenthede kom oor jou pad. Hulle is daar, ‘n ou moet hulle net soek en aangryp.

Kallie ·

Risiko, sluit aan by die ANC en word ‘n politikus. Dan sal dit goed gaan met jou.

Gaan gerus ·

Ek en my gesin leef ook baie lekker hier. Ons is nie ryk in vergelyking met ons vriende of familie nie maar ons leef soos ryk mense en het bykans geen skuld nie. My vrou se suster en haar gesin trek eersdaags NZ toe en sy karring aan my vrou dat ons ook moet gaan. Nie een van ons twee wil nie, maar ek het die akademiese oefening gedoen ter wille van ingelig wees.
NZ se regering het ‘n uitstekende webwerf met baie inligting en hulpbronne vir mense wat daarheen wil gaan. Ek is 47 maar sal ‘n visum kan kry om daar te woon en werk en my gesin kan saamvat. As ons alles verkoop sal ons so R1miljoen en ons meubels en klere oorhou na die visums en trek. Dis al waarmee ons daar sal aankom. Die gemiddelde huisprys in NZ is R5,7miljoen. Ek sal nie krediet kan kry die eerste paar jaar nie en die eerste jaar mag jy nie eiendom koop nie. Die R1miljoen van hier af sal dus vinnig klaar wees en dan moet ek oor begin op 48?
Die NZ immigration weberf het ook ‘n “cost of living calculator” en dit dui aan dat ons R7000/maand gaan kortkom en dus sal moet afskaal (ek weet nie hoe nie – ophou vleis eet en klere koop?)
Nee wat, ons leef eerder soos konings in die land van die armes as soos armes in die land van konings.

Andre ·

@Gaan gerus. Wat jy noem is die probleem vir mense wat te lank neem om die skuif te maak. Oor vyf jaar sal net jonges wat pas die skool of universiteit verlaat kan emigreer, tensy ouer mense baie geld het. Die Amerikaanse platteland en sekere kleiner stede en dorpe bied oplossings. Huise is wel bekostigbaar en lewenskostes is laer. Werksgeleenthede kan wel ‘n probleem wees, maar doen eers jou huiswerk. En in Amerika is entrepeneurskap belangrik. Vergeet van stede in Oz, NZ en Kanada. Dis duur, maar die sosiale voordele is tops, baie beter as Amerika waar jy op jou eie is. Voornemende emigrante moet nie verwag om in weelde te leef nie. Nie almal is Nohas of Therons nie.

@Andre ·

Ek het uitgevind van emigreer na Amerika, maar dit is soveel duurder en moeiliker Aus of NZ? En dinge in Amerika lyk vir my maar erg deurmekaar tans?

Boer-in-die-Wind ·

Uit die aard van Voster se besigheid moet hy ‘n “sunshine economist” wees, hy het ‘n gevestigte belang om te beskerm.

Die vraag – waarom buitelandse maatskappy vir Pioneer Foods en Clover wil koop moet dalk omgedraai word, waarom wil Pioneer Foods en Clover uit?

Anneli ·

Ek stem 100% met jou saam. Ek skud net my kop as ek hierdie artikel lees.
Enigste nut wat ek hier leer is waar om nie my geld te belê nie.

MTSteyn ·

Korrek, met die klem op ‘gevestigde belange’, en alles wat Theo probeee opdis, maak sin.
Lees eerder die finansiele skrywes van ‘n realistiese Magnus Heystek om ‘n korrekte en akkurate beeld van die SA ekonomie te kry.

Gertjie ·

Boer-in-die-Wind, altwee jou stellings is 100% in die kol.

Gaitsigubib ·

n Baie belangrike punt wat mens ook moet noem/vra, is waarom Barkleys al sy aandele in ABSA verkoop het? Hulle was dan groot ondersteuners van die struggle nou het hulle laat weet dat hulle klaar is met Afrika. Hulle weet presies wat kom!

Jimmy ·

Indien ‘n ekonoom en ‘n prokureur my dieselfde storie vertel sal ek eerder die prokureur glo.

Judge Dredd ·

Ek kan moontlik die Lotto die naweek wen!!
Jislaaik, kyk hoe gelukkig is ek nou!

Realis ·

Theo is vasgevang in die super ryk mega sitrus, bees en groente boere se geselskap en weet nie wat aangaan met die gewone boer in SA wat klippe kou om te bestaan….

Piet parys ·

Jys reg Realis . As iemand vandag n goeie werk het en goeie salaris het met n lekker leefstyl dan is hy seker gelukkig . Vir die mense wat miljoene in Sa belé is dit kleingeld vir hulle wat baie het en is dit baie vir die wat nie het nie.. Ryk mense word ryker omdat hulle die wat vir hulle werk swak betaal . Of wat sé ek ?

@Piet Parys ·

Daar was maar nog altyd Base en Klase. Party mense is maar net Klase, en klaagkouse… Neem inisiatief, doen iets!

Koos de Meyer ·

Party mense moet maar uit hulle drome wakker word en sommer ook ordentlike brille kry. Die unies help ons land nog verder in die afgrond in. Wat beleggings aanbetref sal ons maar moet sien.

Koos de Meyer ·

‘n veel beter plek, iemand leef in ‘n droomwêreld. Met die klomp wat so betoog betwyfel ek dit sterk.

Erik ·

Laat mense toe om positief te wees. Sommige mense styg uit bo al die probleme, hulle skep geleenthede uit die probleme en leef ‘n fantastiese lewe in Suid-Afrika. Ek is een van hulle. Ek en baie ander ook. Moenie my/ons oordeel omdat ons dit reggekry het om die beste te maak van moeilike omstandighede nie. Ons sien al die probleme raak en leef nie in lala land nie, maar sien ook al die geleenthede en gebruik dit.

Stan ·

Van watter land praat die ou?
Het hy al maande laas ‘n salaris gekry? Het hy skuldeisers wat hom bel?
Hy droom soos CRl!

ES ·

Ek wil graag buiteland toe maar ongelukkig is my vrou vreeslik familie-vas en dit beperk ons albei. Ons is albei baie lief vir die land en sy mense en sy kan net nie haarself hier sien weggaan nie.

Dis maar moeilik.

Dries ·

Dan moet jy haar maar hier los broer dan kom kuier jy net vir haar

Piet left the Building ·

Probeer jou hele familie oortuig om te skuif na Amerika, so een vir een. Skep geleenthede vir mekaar. So bou jy ‘n nuwe gemeenskap in die vreemde.

Frik ·

Jy’s reg Piet, dis presies wat die Grieke en Portugese gedoen het toe hulle in die 1950s en 60s in groot getalle na SA verhuis het. Hulle het veral op die platteland nes geskop en familiebesighede geeopen.

@Piet ·

Hoekom Amerika? As ek die nuus kyk lyk dit vir my maar asof dit baie onseker gaan daar. Dreigende oorloë, Trump se skandes en dan is dit ook nie juis ‘n veilige land as daar na die misdaad statistiek gekyk word nie?

LO ·

Ek wonder in watter wêreld die skrywer leef, saam met al die “beleggers”
Met watse mense gaan hulle die land vorentoe vat. Die kundiges loop, die wat kan help, gaan landuit, en ons wat agterbly, word vermoor, elke dag!! Word wakker en kyk wat gaan om jou aan man!!

Judge Dredd ·

Hy hoop om geld te maak uit die beleggers – so hoe dan anders as om kamstig te se hoe Suid-Afrika nou soveel beter is.

Francois ·

Mnr. Theo Voster, met respek – HOEKOM gaan lees jy nie gerus die OG se oudit verslag nie, dan praat jy weer.

susan ·

Dankie Theo jy gee ons hoop. Suid-Afrika het meer soos jy nodig. Die Here voorsien en laat geen haar van jou kop val.

Boerseun ·

Theo,vra jouself die vraag,hoekomword hierdie groot besighede deur buitelandse maatskappye gekoop? Om dit te red terwyl dit te redde is,net jammer Saldanha staal het dit nie gemaak nie,ek wag nog dat die eiendoms mark plat val,dit gaan binnekort gebeur,huise gaan niks werd wees nie,dan koop ek n paar.

Potskerf ·

Dis vreeslik maklik en lekker om aanmerkings te maak oor “positiewe ingestledheid” en “geleenthede benut” as jy ‘n werk het, ‘n goeie salaris verdien, mediese fonds heten jou maandelikse pensioen opbou maand ma maand. Maar dit kan eensklaps van jou af weg geneem word en na jy meer as 1000 CV’s uitgestuur het en altyd moet hoor jy is “too white and too bright”, oor gekwalifiseerd, te oud, te Afrikaans, is en jou geld word al minder en jy is al drie jaar werkloos, help die “positiewe ingestledheid en gryp geleenthede aan” konkoksie ongelukkig nie om brood op die tafel te sit en te keer dat ek my huis gaan verloor nie. Dink bietjie daaraan ook. Nie almal het gemaklike en gerieflike lewens in SA nie. Sommige van ons het alles verloor weens regstellende aksie ens.

@Potskerf ·

Ek stem saam met jou, maar moet die met wie dit goed gaan nou negatief wees en die land slegpraat net omdat daar baie ander is wat swaarkry? Ek het simpatie met die met wie dit swaar gaan, maar gaan nie die met wie dit goedgaan sleg sê nie.

Bizza ·

Al hoe hierdie land gaan regkom is as jy mense in beheer het wat glo in integriteit, eerlikheid en harde werk. Hierdie eienskappe bestaan ongelukkig nie in die gene van sommige groepe nie.

Koos B ·

Mense ek stem 100% saam met Theo dit gaan baie goed met hom.

Henry ·

Ai Theo, hoe graag mens ookal positief wil wees, mens kan nie. In Zuma se tyd was ons nog nie so na aan gemorsstatus soos tans nie. My skatting is, is dat Moody’s ons na afloop van die hoofbegroting gaan afgradeer, na gemorsstatus. Dit is drie maande van nou af. Ek het my basiese salaris gaan uitwerk in $-terme. Op 1 April 2010, was my salaris $43008 werd gewees. Vandag is dit $40111 werd. Dit, saam met al my jaarlikse ” verhogings” . Ja ek werk vir die Staat en is in middelbestuur.

ne? ·

Wat?
Ja ons kan sien dit gaan vreeslik beter, die resultate stem natuurlik ooreen met die POSITIEWE uitkyke, as mens ‘n blom uit die grond uitruk bly hy mooi maar hy gaan NIE GROEI nie, maak nie saak hoe mooi hy vir JOU lyk nie

Jongboer ·

Arbeid wat bedank het en afgedank het, plak hier by my.. ek is nou January 2jr besig met uitset bevel. Ek brei nie uit nie, want ek kan nie positief wees oor die omstandighede nie. Ek ry arbeid aan nou, maar die gery maak my klaar en kos geld.. partykeer wonder ek of dit die moeite werd is. Wil graag sukses maak en positief bly, maar die wet moet werkgewers begin ondersteun.. ons het mooi land en ek is lief vir die mense. Hul is onkundig en weet nie wat hul doen nie. Maar die wat kundig is se hulp het ek nou nodig, al maak hul net of hul omgee sal nogsteeds help.. glo baie voel so.

Realis ·

Theo moet so praat anders gaan hy nie meer so baie maatjies in top kringe hê nie. Hulle sal hom ook nie meer nooi vir seminare nie. Dis maar die dooie visse wat saam met die water vloei. Hy het seker van Vaaldam se water ingekry.

Jimmy ·

So oor ‘n jaar volg Theo Vorster vir De Ruyter op by Eskom….

potlood ·

Sjoe praat jy van SA?want al wat ek sien is agteruit gaan en afbreek en as ek kyk na moodys en hoe hulle sa sien dink ek jy is verkeerd om so n stelling te maak.

Posithief ·

This clever guy made me feel even more posithieved in a posithief country filled with hordes of positieves.

Wielspore ·

Uitstekende berig, my werkgewer het R14 Miljard belegging in die vervaardigings sektor gesit wat oor die volgende 5 jaar bestee gaan word.
Ek het self vandag met ‘n ekonoom gepraat en daar is heelwat meer buitelandse beleggings as wit in die berig genoem word.
Die sigbare resultate van die beleggings word eers oor tussen 3 tot 5 jaar sigbaar.

Wielspore ·

Terloopse opmerking oor wat werklik in ons land aangaan. In 1997 het ek my eerste werkgewer se pensioen belê, dit was R82 000. Vandag, 22 jaar later is daardie geld tot my beskikking en staan op R618 000.
Die regering besit nie die ekonomie, mense soos ek en jy besit die ekonomie. Die regering werk net met jou belasting geld, die meerderheid van jou salaris in jou (privaat besit). Die grootse gedeelte van SA ekonomie is in goeie hande, neem net wyse besluite in wat jy met jou geld doen.

NeeBroer ·

Uhm en die regering gaan sorg dat die rand so min werd word soos die Zim$ so met jou R618,000 gaan jy sukkel om ‘n brood te koop.

Good luck !

Wielspore ·

Vir party mense kan jy ‘n goue lepel gee en hy gaan mense daarmee voed, ander mense sal dieselfde lepel in ‘n kas sit.

Wingman ·

@NeeBroer. Dis die probleem. Jy kan jou geld verantwoordelik bestuur, maar eksterne faktore waaroor jy geen beheer het nie krap alles om en jy is in ‘n Zim scenario. Dieselfde met eienaars van klein ondernemings. Boere moet droogtes ook nog trotseer.

Wens ·

Ek wens tog net so mense wil ophou om Suid-Afrika met Zimbabwe te vergelyk. Meeste van ons provinsies is groter as Zimbabwe. Zimbabwe het net twee redelik groot stede, ons het vele. Ons sal nooit soos Zimbabwe kan word nie – so ontspan.

Martin ·

Hy is n ANC kader is maar net besig om sy eie belange te beskerm.

@Martin ·

En jy beskerm seker nie jou eie belange nie, want jy stem FV+?

ManieM ·

Duidelik op ‘n ander planet. Onthou hy en Piet lapkop is betaalde amptenare om dinge te praat wat omstrede is dat dit kan verkoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.