Tiener sê Malema is vaderfiguur

Foto: @POWER897News

Foto: @POWER897News

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), is ‘n rolmodel, het een van sy ondersteuners Saterdag by ‘n partysaamtrek in Sandton gesê.

“Julius Malema is soos ‘n pa vir my,” het die 14-jarige Jacqueline Mojela gesê. “Ek wil in sy voetspore volg.” Mojela sê sy kyk op na hom. Mojela het die uitlatings gemaak by die Innes Free Park in Sandton waar honderde EFF-ondersteuners byeengekom het ter viering van die party se uitslag in die verkiesing.

Ondersteuners geklee in rooi hemde, sweetpakke en die party se kenmerkende rooi berets het op die grasperke bymekaargekom. ‘n Rooi markiestent is langs die verhoog opgeslaan. Malema sal na verwagting later die skare toespreek.

Die party se Dali Mpofu het vroeër aan die skare gesê dat die EFF die land se volgende regering is. “Ons gee [president Jacob] Zuma vyf jaar kennis dat hy moet uittree en in Nkandla moet gaan bly of moet tronk toe gaan,” het Mpofu gesê.

Mpofu sê die ANC se grootste fout sal wees om net agteroor te sit. “Hulle moet nie ontspan nie, hulle dae is getel. Hierdie keer vuur ons slegs die waarskuwingskote af. In 2019 moet hulle die parlement verlaat.”

Die EFF was derde in vanjaar se verkiesing nadat die party meer as ‘n miljoen stemme op hom gevestig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

george barnard ·

ai ai ai ek kry die oningeligte tiener jammer,as hy maar net sy bewussyn betyds kan herwin

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.