Die Ekurhuleni-nooddienste aan die Oos-Rand het gesê minstens sewe mense, waaronder ʼn babaseuntjie, is dié week in twee afsonderlike gewelddadige voorvalle dood.
Die nooddienste het gesê paramedici is Woensdag na Katlehong ontbied waar die liggame van twee tienermeisies en ʼn sewe maande oue babaseuntjie aangetref is. Die meisies is glo deur twee mans aangeval. Die aanvallers het die meisies aangerand en saam met die baba in ʼn bad vol kookwater verdrink.
“Die slagoffers se bure het die angsgille gehoor en gaan ondersoek instel. Hulle het die twee verdagtes gevang en erg aangerand,” het ʼn woordvoerder van die nooddienste gesê. “Die verdagtes is geslaan totdat die polisie by die toneel opgedaag het. Die verdagtes is op die toneel gestabiliseer en in ʼn ambulans gelaai.”
Volgens die nooddienste het verdere geweld op die toneel uitgebreek toe ontstoke inwoners gereg in eie hande wou neem. “Die groep het die ambulans en polisievoertuie begin beskadig. Die ambulans kon gelukkig betyds daar wegkom en die pasiënte is na die Thele Mogoerane-streekhospitaal in Vosloorus geneem.”
Albei verdagtes is onder polisiebewaking in die hospitaal. Die motief vir die moorde word ondersoek.
Die ander voorval het byna gelyktydig in die Gugulethu/Everest-informele nedersetting in Springs plaasgevind. Vier mans is doodgeskiet en drie gewond. Die gewonde mans is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem.
Die motief vir die skietery is onbekend en word deur die polisie ondersoek.
My goeiste die arme kinders. Kookwater? Nee die wereld is wreed. Bly julle het die klomp aangerand net jammer hulle is nog hier.
Die beskaafde wêreld daarbuite weet nie wat in Suid Afrika aangaan nie. Die wreedagtige en onmenslike dade wat hier gebeur sal ordentlike mense wêreldwyd laat snak na hulle asems! Net God se imminente ingryping kan hierdie drek se siele nog red!
Ek kan nie sien hoekom die ambulaans “gelukkig” moes wegkom nie !!!!!
EINA!!! Èk het Maandagaand my hand met die stoom vd ketel gebrand. Glò my, dis die seerste seer denkbaar! En dit is slegs my hand… Èk kan my nie “maklik”, ‘n wreder dood as genoemde voorstel nie!!!
Goeiste, dis vreeslik! Ek kan my nie eers indink hoe erg dit moet wees nie. Hulle moes daai amulans op sy rug gekeur het en daai klomp verder aangerand het. Watse nonsies is dit met stabiliseer, druk hulle ook in kookwater. Ai, ek is nou vreeslik lelik, maar hoe kry iemand dit oor hulle hart om dit aan iemand te doen en dit nog kinders en n baba. Help ook nie mens sê jy hoop hulle sit vir lank nie, want ons almal weet dit gebeur nie sommer nie. Ai, dis net vreeslik om te dink wat daai arme kinders moes deurmaak. Siek siek siek verby.
Snel ek stem volmondig saam. En as iemand iets wil se, dan word jy orals geblok/gerapporteer.
Tog ons wittes mag niks se of doen nie. Dan word dit aan die hoogste en langste paal gehang vir die wereld en word dit ook let wel, verkeerdelik verdraai.
SA se wit mense is die verdrukte volk. Mag niks se, mag niks doen, en behoorlik word ons in ‘n blik gedruk.
As jy so wreed teenoor onskuldige kinders is, waartoe is jy instaat as jy iemand se besittings wil he?
Hierdie mense se wreedheid ken geen perke nie. Hoe siek moet jy wees om so iets te doen.
Die gemeenskap moes die kalprutte ook in kookwater gegooi het. Hoe kan mens só iets doen aan kinders?
Sulke mense moet verwyder word uit die samelewing!!
Dit is absoluut skokkend!! Wat gaan van ons blankes word in hierdie land mense? As ek net dink aan al die plaasmoorde op ons boere.