Twee tienerseuns, albei vermoedelik 14 jaar oud, is Saterdag in ʼn “baie ernstige” ongeluk op ʼn grondpad naby Vanderbijlpark, Gauteng, beseer.
Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het Sondag gesê die seuns was na bewering op ʼn plesierrit toe die voertuig waarin hulle gery het omstreeks 15:15 op die Tucker-grondpad in die omgewing van die Ardenwold-kleinhoewes omgeslaan en verskeie keer gerol het.
“Een van die seuns is tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger,” het Dollman gesê.
“Paramedici van Netcare 911 was eerste op die toneel en het een van die seuns in ʼn kritieke toestand aangetref. Hy is aan ʼn ventilator gekoppel en gestabiliseer voordat hy per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir mediese behandeling.”
Die ander tiener het “relatief” geringe beserings opgedoen en is ook met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem vir behandeling en waarneming.
Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
26 Kommentare
Was die 2 seuns alleen in die voertuig?
Was niemand ooit jonk gewees en skelm die kar gevat nie? Hoekom is dit so maklik om te vergeet wat ons as jong mense gedoen het? Dit het nou gebeur en dankie, niemand is dood nie. Lesson learned. Sterkte met herstel.
Ai tog. Verantwoordelikheid: #jouself #publiek #omgewing is belangrik
“Wie laat toe…?” Niemand. Maar het julle nooit in julle jong dae die kar “geleen” vir middernagtelike rondry nie of as die ouers oor ‘n naweek nie by die huis was nie?
Al die plisier word weg gevat ons was jonk het het baie aan gejaag dit is hoekom kinders is soos wat hulle is hulle word niks meer toe gelaat nie