Toeris sterf ná kameelperd op voertuig val

(Foto: Sanparke)

Die Switserse toeris wat die naweek ernstig beseer is toe ʼn kameelperd tydens ʼn botsing in die Krugerwildtuin op sy voertuig beland het, is in die hospitaal oorlede.

Isaac Phaahla, woordvoerder van SANParke, het bevestig die toeris is Woensdag in die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorlede.

Die voorval het Sondag naby die Mopani-ruskamp plaasgevind. SANParke het vroeër gesê ʼn minibus met 13 dagbesoekers was op pad na Letaba, toe die kameelperd glo voor die voertuig ingeloop het.

Die minisbusbestuurder kon glo nie die kameelperd vermy nie en het met die dier gebots. (Foto: Sanparke)

Die minibus se bestuurder kon glo nie ʼn botsing met die dier vermy nie en die kameelperd het op ʼn gehuurde safarivoertuig te lande gekom.

Die bestuurder, ʼn Switserse burger, is ernstig beseer. Sy passasier het geringe beserings opgedoen. Twee van die insittendes in die minibus is na ʼn hospitaal vir waarneming geneem. Die kameelperd is op die toneel dood.

Phaahla het ook bevestig die polisie ondersoek die voorval. “Ons doen dus ʼn beroep op mense om nie oor die voorval te spekuleer nie en die reg sy gang te laat gaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Nika ·

Ja hoe durf mens spekuleer, want alles is tog nou so sensitief maar die hele Suid-Afrika weet hoe minibus bestuurders ry op ons paaie en meeste mense weet daai pad is n ‘shortcut’ vir hulle van punt A tot punt B.
13 dag besoekers? Waar is bewyse van hulle ingang slippies / vooie wat betaal is? Waar is al daai 13 dagbesoekers nou?

Willie Louw ·

Ek het al by verskeie geleenthede hierdie taxis gesien wat kortpad deur die wildtuin vat, dis heeltemal ongehoord en behoort onmiddellik stopgesit te word!!
Daardie taxi se rem merke was blykbaar oor 30m lank, hy moes teen ‘n baie hoe spoed gejaag het! Waar is hul kamtige spoedlokvalle nou?!

JJ ·

Jammer mens kan ni kru wees nie want die blik emmer loop weer weg sonder enige nagevolge geen boete geen envervolging vir manslag maak Suid Afrika se naam verder sleg en die ergste van alles is dat hy sweerlik geen berou het nie. Taxi drywers word toegelaat net wat hulle wil. Het enige iemand statistiek gesien oor onbetaalde uitstaande boet geld sit daarby dieselfde bedrag in bribe geld en jy kan 13 skole bou.

Joke! ·

Sal jou se waar die probleem le! N minibus taxi drywer wat jaag deur nasionale park! Was dit nie laas n klomp rooibokke wat afgemaai is nie dan stop hulle en laai diere om te eet nadat die of gestamp is of gevang deur n roofdier!Taxidrywers hoort nie in Kruger wildtuin nie!

Poplap ·

Taxi bestuurder moet nou aangekla word van strafbare manslag.

Sakkie ·

Yup ons mag nie spekuleeer nie, want ons weet wat die waarheid is.

Dom ·

Taxi het onverantwoordelik gery maar sy vel gaan hom laat wegkom met moord!!!!

Karien ·

Die bestuurder van die minibus was n toeris van Switzerland, maar duidelik het hy nie by die spoed gehou nie en gedi k hy kan 80 of n 100 deur die wildtuin jaag. Hierdie is sy skuld en heeltemal onnodig dat n onskuldig dier moes sterf en as hy net by die reëls gehou het, sou hy ook nog gelewe het.

Blondie ·

@Karien, jy het nie die berig of enige van die vorige berigte mooi gelees nie, het jy? Die Switzerse toeris wat oorlede is, was nie in die taxi nie, het nie die taxi bestuur nie, het niks met die taxi uit te waai nie. Hy het die voertuig bestuur waarop die kameelperd geval het NADAT die taxi die dier raakgery het.

Anoniem ·

Karien, die bestuurder van die huurmotor was die toeris (Swis) nie die van die taxi nie…

Ons was so paar weke terug in daai area en die veld is droog, n dier soos ń kameelperd kan vêr vooruit gesien word, die taxi bestuurder het nalatig en te vinnig gery en dus is n mens en n dier dood asg van sy optrede, hy moet aangekla word vir strafbare manslag en die persoon (werker) wat die taxi toegelaat het in die wildtuin sonder om al die persone in die taxi in te check by die Wildtuin (indien wel) moet afgedank word.

Bella ·

Was Sept vakansie in die wildtuin. Die taxis steur hulle niks aan spoedgrens nie. Ry met spoed en as jy dalk in die pad is word jy dood eenvoudig met flikkerende ligte van agter af uit die pad gehaal

B ·

Opskrif moes eintlik lui ‘Toeris sterf na taxi ongeluk veroorsaak’

(Wat is die spoedbeperking in die Wildtuin?)

Spikkels ·

KNP se Spoed op teerpaaie 50km en op grondpaaie 40km
Maar Taxi bestuurders kan nie syfers onderskei of lees nie.

Mari ·

Ons is gereelde besoekers aan die Kruger. Taxi’s, afleweringsvoertuie en familie van Sanparke se werknemers jaag soos hulle wil.
Op ‘n keer gesien hoe ‘n persoon ‘n olifant jaag met ‘n blou Golf naby Olifantskamp.
Later dieselfde voertuig by die werkerskwartiere gesien.
Ons het fotos as bewysstukke van die insident geneem. Hierdie fotos is gestuur na Sanparke en die Minister, destyds nog Kortbroek van Schalkwyk! GEEN REASKSIE OF ERKENNING VAN E POS GEKRY NIE!
Ek hoop Sanparke besef: geen diere of geen besoekers = geen werk!
O, ek het vergeet, die koei sal al lê, dan wil hulle nog melk hê.

w ·

Ek hoop regtig daai taxibestuurder word nou aangekla ook vir manslag of moord, want hy het dit veroorsaak. die lae luis..ek voel bitter jammer vir die swiss man se vrou..wat ‘n tragedie vir haar om deur te gaan in ‘n vreemde land. Mag sy God se krag kry om hierdeur te kom.

Boxer ·

Kyk mooi op die foto van die taxi hoelank is die rem merke waar hy gerem het. Dit is versker nie 40 km per uur nie. Hy het gejaag.

Marius ·

As jy ky hoe die taxi lyk kan ons maar net wonder hoe vinnig was jou spoed as jy ry soos jy MOET sal daar meer as genoeg tyd gewees het om te rem

Doefie ·

Ek besoek die Wildtuin gereëld. Afleweringsvoertuie, taxi’s en 1 persoon per voertuig “besoekers” hou nooit by die spoedgrens nie. Dit is ‘n feit !

Sobymykoolkop ·

Hartseerlik hartseer is die verkeerde bestuurder oorlede

Michelle ·

Daar is nie ‘n manier wat jy ‘n dier kan raak in die Kruger Wildtuin as jy by jou spoed hou nie. Al loop ‘n dier voor jou in, sal jy genoeg tyd hê om te kan stop AS JY BY JOU SPOED GRENS HOU…

Grassie ·

Opskrif heeltemal anders as storie! Moes wees taxi veroorsaak dood in Kruger wiltuin!

JS ·

Het na verskeie ongelukke gekyk.
Bestuurder het nie stadig gery nie.
Slegte beeld vir toerisme bedryf veral in Krugerwiltuin en oorsee.

Ekke ·

Ag asseblief… “die Minibus bestuurder kon nie die ongeluk met die kameelperd vermy nie” Dis die grootste lot snert…net weer ‘n geval van wetteloosheid wat ‘n onskuldige Toeris se lewe geëis het, en ‘n arme Kameelperd se lewe ook geneem is.

Dis Nou ·

Toeriste – gaan spandeer liewer julle geld in ander lande.

Susanna ·

Ek sê verban taxis uit die wildtuin. Toeriste kan ander operateurs gebruik. Of voertuie huur en self bestuur. Werkers kan Sanparke vra om te help met vervoer na / van hekke.

ap ·

Ek hoop daai taxibestuurder gaan tronk toe , op vir moord , hulle maak net soos hulle wil , sien dit daagliks

ap ·

Klaar die jack reg on wiel reg te maak , wil seker wegjaag ook nog

Niklaas ·

En dinge sal beslis nie verbeter in die KNP nie. Dalks is daar ‘n stil plan agter die skerms om besoekende toeriste getalle te laat verminder in die KNP . Maak dinge gevaarliker daar vir besoekers ! ‘n Paar maande gelede het ‘n senior parkeraad beampte in die media gesê daar gaan nou drasties opgetree word teen jaagduiwels in die KNP. Nou wonder mens net hoe drasties opgetree sal word dan ? Sal dit graag wil sien. Intussen jaag die personeel karre , taxi’s en aflewerings voertuie maar voort en daar is geen oplossing vir hierdie oorsaak van swak SA publisiteit in die buiteland nie.

Hanlie ·

Ek wonder net waar kruip die taxi bestuurder nou weg? Hulle moes hom daar en dan in hegtenis geneem het en sy bloed getoets het. Nou is iemand oorlede die KP sonder ‘n kameelperdjie.

Sonja ·

Volgens die een paragraaf in die berig; die bestuurder, n Switserse burger, was die bestuurder nie van Suid Afrika af nie en is hy die een wat nou oorlede is. Miskien was hulle n groot groep en het die minibus taxi (kombi) gehuur om almal in te pas. Duidelik het hy nie die erns van 40km per uur besef in die wildtuin nie en hoekom dit so is nie, hy het seker gedink dis belaglik en soos n maniak gejaag om sulke lang briekstrepe te moes gee.

Stella ·

Sonja, daar was twee voertuie in die insident betrokke. Die minibus taxi-bestuurder met 13 mense het die kameelperd getref (omdat hy te vinnig gery het soos almal kan aflei na aanleiding van die lang rem-merke op die pad). Die tweede voertuig was ‘n gehuurde safari-voertuig met ‘n Switserse toeris en passasier in wat toevallig in dieselfde omgewing moes gery/gestaan het. Daar was geen konneksie tussen die Switserse toeriste en die taxi se passasiers nie. Die kameelperd se liggaam het bo-op die toeriste se gehuurde voertuig te lande gekom na die impak met die taxi wat dus die Switserse bestuurder van die gehuurde voertuig se beserings en uiteindelike dood veroorsaak het. Die taxi-bestuurder moet van moord aangekla word!

beegee ·

Ai @sonja lees tog net reg die Switserse burger het die safarivoertuig bestuur en is nou oorlede. Die taxi bestuurder kruip nog weg

Feite ·

Die TAXI het die Kameelperd getref en DAARNA het die arme Kameelperd op die Switserse toeris se voertuig geval!

Die toeris was nie in die Taxi nie……….

Martha ·

My friend and her husband, both sincere nature lovers, booked into Mopani a while ago. Much to their surprise later the evening quite a number of staff members had a very loud lively party in the bungalow next to theirs! Some even came with the linen vehicles! People go to nature for peace and silence and then this! The KNP is definitely not the same anymore. What a tragedy!

Chris ·

Ag asseblief , kyk na die bande se sleepmerke van die taxi op die foto en die skade aan taxi se dak etc .. dis nie rocket science nie hyt gejaag klaar . Is baie in die wildtuin en ekt al gesien hoe jaag daai taxis … moenie my kom vertel n skaap is n scrambler nie .

Erich ·

Gaan die taxi bestuurder aangekla word vir Manslag? Sal daar ‘n ondersoek wees? Nagevolge vir aksies is dood in hierdie land. Almal vir hulself, waar gaan dit eindig

Willa ·

Sluit die taxie drywer toe en gooi die sluitels weg.Hy moet verseker aangekla word.Waar is die polisie.Hulle kan mos die remmerke meet en sodoende bepaal hoe vinnig hy gery het.Hy het gejaag.Daar word daagliks honderde wildsoorte in ons wildtuine doodgery agv.spoed.Sekere mense steur hulle nie aan reëls nie.Hartseer vir die onskuldegis wat daaronder lei.

Oom Doug ·

Daar was n tyd toe die park iets special was. Nou is dit verby.
So sad.

w ·

Ek was ‘n groot aanhanger van die KNP. maar met hulle “mismanagement” en net doen hoe hulle ook wil, en geen gevolge vir mense wat wette daar oortree nie, kom ek nie maar daar nie. daar is baie mense wat nie met my sou saamstem nie, maar ek mom al daar vandar ek ‘n klein kind was, dis nou al ver oor 50 jaar. die plak het baie varander en NIE meer dieselfde nie.

Sandy ·

As die taxi teen ‘n redelike spoed bestuur het, sou hy die kameelperk nie raakgery het nie, maar betyds kon stop, en die hele insident, die toeris se dood en die kameelperk se dood sodoende kon verhoed. Ek spekuleer nie, maar ek dink die taxi bestuurder is heeltemal verantwoordelik vir albei, meer spesifiek die toeris se dood.

ursula ·

Sanparke, ons en julle weet wat regtig daar gebeur het.
Genade, het die kaders hulle vingers daar ook in die pie dat die moet toe gesmeer word?
Mens sien mos die dekselse briek merke op die fotos.

Morne ·

Ek wil graag weet, hoe de hell kry jy dit reg om die arme dier raak te ry? en dit nogal n kameelperd. kyk die briekmerke? hierdie ou wat die taxi ry gan seker niks oorkom nie. nou is da iemand dood. ons almal weet hoe taxi`s ry. en dit gan nou nie oor die kleur van n mens se vel nie. maar iemand se ogies moet oopgaan met die saak.

Pampoen ·

Spekuleer maar rustig voort. Die ondersoek gaan laaaank uitgerek word en tot geen gevolg kom nie. Spekulasie is alwat ons het!

Christa ·

Die kameelperd is ook dood. Jaag tussen wild Kon Baie meer gedood het.

KrokodilBotha ·

Die taxi het gejaag. Polisie moet wakker skrik, en minder spekuleer en hulle werk ten minste half doen.

Lou ·

Almal weet wat gebeur het maar dit is “our people” wat betrokke is so daar sal niks van kom nie.

Rika ·

Hoekom enige mense van oorsee af nog in hierdie nes van n land kom vakansie hou gaan my verstand te bowe. Hulle kan eerder in Botswana , Tanzania of Kenia ook n Safari vakansie gaan beleef. Ek raai almal af om hulle voete hier te sit. Dis lewens gevaarlik, gaan stap op die strand en jy word beroof en verkrag ( vra maar die franse toeris en haar man van so paar jaar gelede) en nou selfs in die KNP is daar nie respek vir padreels of diere nie, daar op 25km n uur is jou lewe in gevaar. Nee wat mense van ander lande, bly weg uit SA .

JV ·

Ons bly naby ‘n natuurreservaat en oppad na ‘n dam daar naby moet jy deur die reservaat ry, daar is “spoed hobbels” wat ek dit noem elke 100m van mekaar en glo my dit werk om almal se spoed te beheer, die geld wat so vermors word oral kan gebruik word om dieselfde in KNP te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.