Foto’s: Toestand van Potch-landboukollege skok

(Foto: Annelise Lange Photography)

Die organisasie Saai het ʼn brief aan die bestuur van die Potchefstroomse Landboukollege, bekend as Pampoenboere, gerig waarin hy sy kommer oor die haglike toestande van die infrastruktuur by dié kollege uitlig.

Foto’s en verslae van diere wat vermaer is vanweë swak en verkeerde voeding, haglike krale en weidings waar rommel gestort word en dierewelsynpraktyke wat die Dierebeskermingvereniging na sy asem sal laat snak, staaf die organisasie se klagtes.

Die organisasie eis in die brief dringende optrede van die bestuur om die kollege tot sy vorige funksionering en toestand te herstel.

Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê afhangende wat die kollege se repliek is, sal die organisasie daarvolgens stappe doen.

Die brief volg nadat verskeie personeellede en studente aan dié kollege Saai gekontak het rondom die agteruitgang van die kollege.

Die kollege word as ʼn erfenisterrein beskou wat ’n deurslaggewende rol in landbounavorsing en -opleiding speel. Van die geboue het historiese betekenis en word as historiese monument beskou, soos die Selbourne Hall en Administrasiegebou.

Maroela Media het vroeër berig Pampoenboere is in 2003 deur wyle minister Edna Molewa as die grootste navorsing- en opleidingsentrum vir landbou op die vasteland beskryf.

Saai lig in die brief die volgende kwessies uit wat onder sy aandag gebring is. Al hierdie kwessies word met foto’s in die brief gestaaf:

  • Die geboue van die kollege is vervalle en val uitmekaar omdat dit nie in stand gehou word nie. Weens die verval is daar ʼn groot moontlikheid van verdere strukturele skade wat deur reën of wind aangerig kan word.
  • Daar is verskeie waterlekkasies van krane, toilette en wasbakke, wat tot verdere skade kan lei en water wat vermors word.
  • Die geboue, sypaadjies en strukture is oorgroei met onkruid.
  • Die perseel is met rommel besaai.
  • Van die vee en diere is ernstig ondervoed en onversorg. Hulle leef ook in vuil toestande.
  • Die skape word verkeerdelik hoendervoer gevoer en nie voldoende versorg nie.
  • Verskeie van die melkbeeste het mastitis, wat onbehandeld bly.

Vrae oor die kwessie is in die brief gestel en die bestuur het geleentheid tot 10 Julie op daarop te reageer.

Maroela Media het navraag oor die saak aan die bestuur gerig, maar wag nog vir terugvoer,

Volgens die organisasie het verskeie studente by die kollege en lede van die gemeenskap dit op hulself geneem om die perseel skoon te maak en die plantegroei te onderhou.

Een van die studente aan die kollege het op voorwaarde van anonimiteit aan Maroela Media vertel hoe hy en sy medestudente al self moue opgerol het om die terrein te probeer opknap.

“Ons het al keer op keer dele van die terrein skoongemaak en onkruid uitgehaal, maar daar is ook net soveel wat ons in ons eie hoedanigheid kan doen, aangesien ons nie die regte toerusting of gereedskap het nie,” sê die student.

“Dit is oor die algemeen net sleg om te sien hoe die kollege agteruitgaan.”

Die student ervaar ook dat die gehalte van onderrig agteruitgaan, veral as hulle by vorige studente en dosente hoor hoe goed die onderrig vroeër jare was.

“Die vertaling van Engels na Afrikaans belemmer ons studies, omdat vertaling in aantekeninge en vraestelle nie ordentlik gedoen word nie.”

Hy sê die lesingslokale word wel nog redelik goed in stand gehou, behalwe vir die plafonborde wat inmekaarstort.

Saai meen die kollege en die departement van landbou en landelike ontwikkeling in Noordwes versuim in hul verpligting om die kollege in stand en skoon te hou om ’n funksionele en veilige leeromgewing vir die studente te skep.

“Ons wil weet hoe dit gebeur het en iemand moet aanspreeklik gehou kan word,” sê Rossouw.

Volgens dr. Theo de Jager, uitvoerende voorsitter van Saai, verwag Suider-Afrika van sy tersiêre landbou-opleidingsinstellings om jong boere op die snypunt van internasionale opleiding kompeterendheid te hou. “Daar is mense wat glo dat die foto’s oor vervalle infrastruktuur en vermaerde beeste aangedik is omdat dit so buitengewoon sterk kontrasteer met die uitnemende kollege wat duisende boere en landbousakelui as hulle alma mater onthou, maar ʼn foto kan nie lieg nie” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Pietertjie ·

Nog ‘n top-prestasie aan die hand van our people. Waar is al die stemme nou wat so geskree het vir demokrasie?

Herman ·

Is daar enigiemand in hierdie land wat iets anders verwag het? Stuur die goed vir ramaparra en sy sogenaamde ministers van landbou en opleiding en ontwikkeling. Ek het nie woorde nie.

Marcello ·

Dit is skokkend, weereens ‘n top innstansie wat uitmekaar val, a.g.v. die Korupte ANC Regering.

Waarnemer ·

En wie moet ons bedank vir hierdie toestand?Beslis nie die landbank nie…..

Wondermaarnet ·

Wie dink jy Eugene? Ons kan dink wat ons wil, maar nie sê wat ons wil nie.

SjN ·

Instandhouding en onderhoud is nie deel van hul kultuur nie!!

Kosie ·

Hoe word so iets toegelaat, hoe gebeur dit wat is verkeerd met die mense se koppe om alles so agteruit te laat gaan. Sal daarvan hou om te hoor wat bestuur se salarisse is en hoe hulle huise en karre lyk en hoe gereeld hulle by die werk is.

Kokerboom ·

Dis ‘n skreiende skande ! Kan DBV nie ASB optree? Doen asb iets Saai!!
Ekt nie woorde so kwaad is ek vir die gemors wat die land so opvoeter. Die kollege was ‘n baken van landbouvooruitgang!!!Sedert 1994 was en is die NW kaderregering ‘n absolute skande en verleentheid!!!

Wondermaarnet ·

Ek wonder wie staan aan die stuur van SAAI en wie neem die besluite daar.

Annelie ·

Kan DA , Solidariteit, VF of enige organisasie nie ingryp nie????? VOOR DIT TE LAAT IS!!!!!!!!! ( As dit nie al is nie!) Hierdie is kultuurhistoriese plekke en geboue!!!!!!
ASSEBLIEF!!!!!!!

Maritza ·

Verbaas my nie want die cANCer kan net afbreek en niks op bou nie

Marius ·

Dit is soos die hele land , alles val uit mekaar uit , tot die mense wat in beheer is.
Skokkend om die minste te se.

anniekiewiet ·

Ek het nie gedink iets omtrent hierdie kômmin anc se vrot bedrogregering kan my nog skok nie, maar ek sit met afgryse en n naar kol in my binneste en kyk hierna; die plek was die beste, het die hoogste respek en agting afgedwing. My verbystering laat my sonder woorde.
Is dit werklik onmoontlik om n verduideliking uit ramaphosa en kie vir die land se verval te wurg?

Miena ·

Hoekom is daar nog enigsins diere? Kan die DBV nie maar m.b.v. plaaslike boere die diere gaan wegvat en her-plaas nie? ek vra net – kan dit gedoen word? Sal dalk beter wees vir diere

Mien ·

Word hierdie kollege nog gebruik? Hoe kan enige mens of dier in so vieslike plek wil bly!!!

Annelie ·

Ons praat van GEBOUE !
So baie kundigheid en harde werk verlore…………

Swerwer ·

Die foto’s sê genoeg! Weer net ‘n bewys dat ons Hemelse Vader ons na sy beeld geskape het om Sy eiendom te gebruik en op te bewaar maar waar die Kommunis/Antichris oorvat word alles vernietig.

Mariana ·

Ongelooflik hoe die plek verval het. Ongelooflik dat als wat eens mooi was en iets waarop.ons trots kon wees, so onder die ANC verval het. Wat ‘n skande is dit nie dat ons land in so ‘n toestand is nie. Van die hartseer in my sal ek nie praat nie.

Kobus ·

Die toekomstige boere wat daar studeer sê niks? Waar is hulle?

Elma ·

SJOE. Is die kollege dan in werking en word daar klas aangebied?
Dit lyk regtig nie so nie. Die Stasie gebou in Potch wat AFGEBRAND het, lyk beter as hierdie instansie.

domheks ·

Weer eens ‘n bewys dat cANCer niks kan doen behalwe hulle sakke vol stop nie!
Skaam om te se die diere lyk so in ‘n Landboukollege>>>>>

Genis ·

Mense word wakker hulle doen die aspris, dis doelgerig… Dis hulle modes operandi om als wat opgebou was af te breek…

Herman L ·

Eendag as alles wat nog heel is so lyk, sal transformasie voltooi wees en ons almal sal gelyk wees (met die grond).

Johan ·

Net soos jy sê. Eks net bevrees EU en die VSA is nie vêr agter nie.

JM ·

‘n Skreiende skande!! Die kaders is so besig met hul vingers in die geldlaai, dat alles verder maar kan vergaan. O, ekskuus, hierdie uiters vervalle toestand is eintlik apartheid se skuld! Mag die Vader uitkoms gee.

houopkruip ·

…. de klerk en die nasionale party se nalatenskap.
Die meerderheid van ons mense sal naief hierdie aarde groet.

Hendrik ·

Walglik skokkend. Kan nie glo dat hd gemors nog nie behoorlik instaat is om die innerlike verrottheid van die mense hier in beheer te weerspieel nie . En tog is daar nog talle van ons wat die sogenaamde reenboognasie besing.

Althes ·

Sies! Wat het van die vooruitgang, trots en dissipline geraak by SA se instellings? Duidelik het dit in ñ varkhok ontaard.
Staatsgeboue lyk deesdae armlastig en krotagtig.

Johan ·

Die oog van die regering sal nooit oopgaan nie want daar is net geen omgee nie. Dit sal nie verander totdat daar iemand anders oorneem wat omgee om die werk te doen waarvoor hy egter betaal word nie.

Stephen ·

Let us call a spade a shovel. Pieter Marais spoke a great truth when he in a recent interview said that the country should be given back to the white people, even for just a short time, in order for the current infrastucture and myriad of other problems to be fixed, since the current administration is not able to do so. An honest statement indeed Pieter.

Eden ·

As jy al in Afrika lande was, sal jy weet dat die verval in SA nou skaars begin het. Die groot ineenstorting gaan nou eers kom.

anniekiewiet ·

Is daar geensins studente uit die stal van trotse Boere wat die verval nie lankal uitgewys het nie?

Peter ·

Het ons enigiets anders verwag? Vernietig alles waaraan daar geraak word.

Martie Smartie ·

He he he he. Lewe die Afrika droom. EK het nou die dag fotos gesien van hoe die SAP Kollege in Pta Wes nou lyk, lyk omtrent dieselfde, en dit was eens ‘n spog terrein met mooi tuine en ‘n omgewing van dissipline. Nou ja, as enige iemand nog wonder oor onse volkie, weet ek nie …

Leon ·

Ek moes dit nie gelees het nie, my bloed kook as ek sien wat maak die goet in ons land.

Nettie ·

Geen MM leser kan hierna kyk en nie geskok en ontredderd voel nie. Dis net nie in ons aard om diere so te laat lei nie, of om iets so vervalle om jou te laat word nie. Ons verstaan die dinge nie. Hoe kan mense so leef, en dit net aanvaar? Absoluut skokkend en aaklig om te sien. Mens voel skoon naar.

Barend ·

Ek wil sommer huil. Ek ken die instansie goed en my Pa was student daar gewees en ek het baie vriende gehad wat daar gestudeer het. Hoe op aarde kan hulle dit sover laat agteruit gaan. En die arme diere. Nee sies man,

Johan ·

Koop net ASB die plek, Akademia? Maar dit is baie moeilik om eiendom uit hul verwoesting te koop. Wou self ook al ou verwaarloosde eindom by die staat koop, maar was onsuksesvol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.