Tribunaal bevind Hlophe skuldig

Die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe. (Foto: judgesmatter.co.za)

Die regterlike gedragstribunaal het regter John Hlophe, die Wes-Kaapse regter-president, eenparig skuldig bevind aan growwe wangedrag.

Die tribunaal, bestaande uit afgetrede regter Joop Labuschagne, regter Tati Makgoka, ʼn appèlhofregter, asook Nishani Pather, ʼn prokureur, het die verslag saamgestel na aanleiding van ʼn klagte wat regters van die Konstitusionele Hof teen Hlophe aanhangig gemaak het.

In sy verslag het die tribunaal bevind: Hlophe se gedrag is ʼn oortreding van gedeeltes van die Grondwet deurdat hy probeer het om regters van die Konstitusionele Hof onbehoorlik te beïnvloed, dat sy gedrag die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en doeltreffendheid van die Konstitusionele Hof ernstig bedreig en daarmee ingemeng het, en dat sy gedrag openbare vertroue in die regstelsel bedreig het.

“Gegrond op bogenoemde bevindings het die tribunaal eenparig tot die slotsom gekom dat regter-president Hlophe skuldig is aan growwe wangedrag soos uiteengesit in artikel 177 van die Grondwet,” lui ʼn verklaring van die sekretariaat van die regterlike gedragstribunaal.

Die verslag is nou aan die voorsitter van die regterlike dienskomitee (RDK) oorhandig. Die RDK sal die verslag bestudeer en dan op gepaste stappe besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

gatgogga ·

Ons is nou flink besig om te polariseer: die wettelose skurke aan die een kant, en die opgevoede mense wat soos wat die wet vereis wil leef, aan die ander kant. Vergeet nou maar van ras.

Sobymykoolkop ·

Nou word dit op hersiening geneem en dan na die onderskeie howe, en voor jy jou kom kry is hy op pensioen soos die dronk regter.

JohanR ·

Hoop hy #Voertsak nou. Die Kaap sal beter daarvan af wees sonder die ou. Maak al vir jare gemors aan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.