‘Tripel ses’-opmerking: Hoofregter moet geloofsoortuigings vir homself hou

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. (Foto: GCIS)

Dr. Glenda Gray, president van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR), sê hoofregter Mogoeng Mogoeng moet sy geloofsoortuigings vir homself hou wanneer hy die staat verteenwoordig.

“Ons leef in ʼn sekulêre samelewing: Die staat en die kerk is afsonderlik van mekaar. Jy moet jou mening oor geloof vir jouself hou as jy die staat verteenwoordig. Jy moet ook nie betrokke raak by samesweringsteorieë nie,” het Gray gesê.

Gray se opmerkings volg nadat Mogoeng verlede week in Tembisa in Gauteng ʼn gebedsbyeenkoms gelei en daar gesê het die Covid-19-entstof kan “tripel ses  in mense se lewe inbring”.

Die syfer 666 is ʼn oënskynlike verwysing na die duiwel.

“As daar enige entstof is wat van die duiwel is en bedoel is om tripel ses in mense se lewe in te bring en hul DNS te korrupteer … Enige sodanige entstof, Here Almagtige God, mag dit deur vuur verwoes word,” het Mogoeng gebid.

Sy gebed het gevolg op ʼn aankondiging van die Solidarity Fund dat ʼn betaling van R327 miljoen gedoen is as ʼn eerste stap om ʼn plek vir Suid-Afrika in die Covax-inentingsprogram te verseker.

Die syfer verteenwoordig 15% van die algehele betalings om toegang tot entstof vir 10% van die bevolking – oftewel sowat ses miljoen mense – te verseker.

Mogoeng het homself by ʼn mediakonferensie ná die gebedsbyeenkoms verdedig toe hy gevra is waar hy aan die idee kom dat “tripel ses”, oftewel drievoudig ses, in ʼn entstof ingebou kan wees en het gesê dit is sy grondwetlike reg om te bid.

Ten spyte daarvan dat hy die Covid-19-entstof verdoem het, het Mogoeng by dieselfde mediakonferensie gesê hy “weet niks van entstowwe nie” en dat sy gebed afgelei is van ʼn advertensie wat daarop sinspeel dat ʼn internasionale organisasie dit kwansuis oorweeg om entstofsertifikate verpligtend vir reise te maak.

Mogoeng het ook gesê hy is nie gekant teen alle entstowwe nie, net dié wat skadelik vir mense is.

Die president van die MNR het teruggekap en gesê entstowwe is die boustene van openbare gesondheid.

“Ons moenie toelaat dat onwetenskaplike opvattings die reaksie op openbare gesondheid ondermyn nie. Entstowwe vorm die boustene van openbare gesondheid. Daarsonder sou masels, polio en pokke nie uitgewis kon word nie,” het Gray gesê.

“Sonder entstowwe sal ons kinders masels kry, pneumokokkale longontsteking en hemofiliese meningitis. Sal ons verhoed dat ons entstowwe kry om dit te voorkom?”

Die menseregtegroep Africa4Palestine het reeds ʼn klag teen Mogoeng by die Regterlike Dienskomitee oor die opmerking aanhangig gemaak.

Muhammed Desai, direkteur van die organisasie, het gesê hulle steun vryheid van spraak, maar as hoofregter van Suid-Afrika het Mogoeng ʼn gedragskode om aan te voldoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

DLR ·

Ek ondersteun die regter 100% en Dr Gray, pasop dat jy nie te laat wakker skrik nie.

Sarel ·

Hy het my ondersteuning.
Dit is soos die Busbestuurder wat ontslaan was omdat hy gebid het.
Mag nie bid maar die Mediese Raad ondersteun Aborsie

Aai ·

Gelukkig sal ons seker die covid-19 inspuiting laaste kry so dan sal die ander mense al probleme ondervind het as daar gaan wees.

Ossewa ·

Daniël het nie sy geloof vir homself gehou nie, en die leeus se kake was gesluit en die vuur kon hom ook nie brand nie. Ons moet die sout wees in die wêreld (sout is ongemaklik en brand wonde). Wat help dit dat ons moet stil bly en “lawwe sout” word. Nou is die tyd om te volhard.

Jakes ·

Ek steun die hoofregter ten volle. Daar is tans geen entstof ter wereld wat bewys het dat dit Covid kan uitroei nie. Dr Gray kan dus ook nie die regter se mening afmaak as kwaadwillig nie want sy moet nog die teendeel bewys.

Piet ·

Hoe kon dit sover bewys gewees het dis dan ‘n nuwe ding met ‘n bitterkort tydsverloop? Dis wel suksesvol gevind in die toetsfase Dit beteken egter nie ons moet ons koppe in die sand steek en sommer vooraf besluit dit gaan nie werk nie. Iewers moet daar ‘n begin gemaak word soos die geval was met inentings teen masels, ens. wat die toets van tyd deurstaan het.

Petrus Johannes ·

Wat is verkeerd met Regter se gebed as die waarheid seer maak u probleem In ons almal se lewe moetGod eerste wees.Die wat nie daarvan hou bly stil

Estelle ·

Hoofregter, jy is n man so na God se hart. N Dawid vir Suid Afrika. Baie dankie, mens kan n wetenskaplike wees en tog niks van God of Sy Woord weet nie. Ons Christene ondersteun jou!!

Jaco ·

Ek wonder net, sou koning Dawid ook, soos dié hoofregter, stilgebly het oor ‘n grondwet en landswette waarin aborsie en dobbelary en pornografie alles wettig is? Oor regstellende aksie wat openlike rassisme teen wit mense is, is dié hoofregter ook stil.
Maar nouja, met ‘n salaris van R2.8 miljoen per jaar, is dit seker te verstane dat hy selektief net kla oor goed waar dit hom pas. Wat sê die Bybel nou weer? Dis makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van God in te kom.

Plaaskind ·

Ek dink dis die land se grootste probleem, die staat en die kerk afsonderlik van mekaar is. Ek ondersteun jou regter Mogoeng Mogoeng.

Dine ·

Is die staat en kerk werklik afsonderlik van mekaar? Ek wonder……

Plaaskind ·

Dink jy hulle respekteer Christus, nee, kyk maar vir ene Eff ook, hulle glo in toordokters en muti. Hoeveel byeenkomste en parlement sittings word nog geopen met gebed?

Renier johannes ·

Jan nie eers n entstof vir kanker en hiv nie maar nou het hulle sommer een vir covid ha ha

Dirk Mostert ·

Die entstof is rypgedruk soos ‘n vrug en oorhaastig goedgekeur deur die owerhede. Gaan daar verantwoordbaarheid wees as daar na ‘n jaar komplikasies aan die lig kom?

Samuel ·

My stuiwer in die armbus is, dat die hoofregter niks verkeerds gedoen het nie. Hy is nie ‘n geheime agent nie, maar bely sy geloof openlik. Hy is nie’n nominale christen nie.

Adam Adriaan ·

Hoof Regter moet jou nie steur aan die Linkse Liberale Sosialistiese gepeupel nie!!! Hulle sal nog eendag bykom, maar dan sal dit te laat wees

Francois Le Cochon ·

Gaan na ekerk.org en lees wat die bekende teoloog Ds Stephan Joubert se^ van Openbaring 13.

Danie ·

As almal soos die regter kan opstaan vir hul geloof in Christus dan sal God terugkeer na SA. Enige iemand wat hom tee gaan en aanval kom van Amalek.

Jaco ·

As hy regtig so ‘n “weergebore” Christen is, waarom bly hy dan stil oor regstellende aksie, wat openlike rassisme teenoor wit mense is? Dobbelary, aborsie en pornografie is ook alles wettig in SA. Hoofregter Moegoeng is ook stil daaroor. Ek wonder maar net…

Indien die Antichris agter dié hele Corona ding sit, dan is dit maar swak beplan. Ek het regtig beter verwag. In die Bybel sê Openbaring 13:3b “En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.”
‘n Nuwe wêreldorde onder die Antichris, met permanente mondmaskers, alewige hand sanitizer, geen toneelopvoerings, geen simfoniekonserte, geen kunstefeeste, TOE biblioteke (ja dis waar), bitter min toerisme, min internasionale vlugte en verpligte coronatoetse om internasionaal te reis, gaan maar erg vervelig wees. Selfs al sou ek ‘n atheïs wees, verwonder dié dinge van die Antichris my nie

Vrijburger ·

Ja Dr. Gray, so asof die staat / regering hul neuse uit die kerk / geloof se sake uithou.

Verder het ek geen probleem met die regter se stelling nie gegewe dat hy sy stelling begin met “as” begin. (“As daar enige entstof is wat van die duiwel is…….”) Hy verkondig nie ‘n ‘sameweringsteorie’ nie. Tipiese ooreaksie van die autokratiese elite.

Ps. Selfs MM stel in die artikel hier bo “……. Covid-19-entstof KAN “tripel ses in mense se lewe inbring”.” Dit is nie wat die regter gese het nie.

Persheks Adri ·

Enige entstof maak ‘n mens siek verby in my opinie. Ek’t nog net waterpokkies gehad in my hele lewe. Ek stem saam met die regter. Dit moet nie op ons af gedwing word nie en ons moet self kan besluit of ons dit wil hê of nie. Ek soek glad nie die entstof nie hou verby! Dis my grondwetlike reg!

Kremetart ·

Ek kry die idee baie mense lees die opskrif en lewer kommentaar sonder om te weet waaroor dit gaan. Dit gaan nie oor gebed nie. Dit gaan oor die belaglike opvatting dat ‘n inenting ‘n merk van die duiwel sou voorstel.

Robert ·

Gaan vind uit presies wat die Regter gebid het voor jy oordeel.

Boerkind ·

So… maak Gray nou vryheid van spraak dood?? Het sy ENIGE iets gesê toe Patel spesifieke kleredrag probeer afdwing het om ‘n virus te stuit? Nogal vreemd dat Gates wat ook GEEN mediese agtergrond het nie ook nie deur Gray berispe word nie en hy en sy “planne” vir aborsies en inentings (om die bevolking van Afrika te laat afneem (JA sy eie woorde) net as wet aanvaar word…. mmmm. Gray het seker ook geen beswaar dat China van waar die C19 gekom het die WGO beheer nie?? Hier is ‘n slang in die gras met die afdwing van entstowwe deur Digital ID 2020 ens. Ek het my respek vir Gray verloor! Kan ek versoek dat Gray en Sirril sommer die eerstes mag wees om dubbel porsies van die inentings te kry – ek staan myne gelate af! Ek dink Gray se beswaar gaan meer oor die gebed en die openbare aanroep van God as oor iets anders. Skande man!

Riaana ·

Ek stem 100% saam die Hoof regter, waar n rokie is is daar altyd n vuurtjie, nou mag jy nie een Meer jou geloof uitleef nie, nee Gray, gaan bars n aar op n ander planeet….

Piet ·

Alles het ‘n begin. Mense het ook nie geweet Penicillin gaan veilig wees nie. Vandag weet ons dat dit al miljoene lewens gered het.

Piet ·

Ek dink nie mens moet sy stellings as Christelik beskou nie want baie (meeste) Christene sal nie met hom saamstem nie.. Hy weet duidelik nie waarvan hy praat nie en sy stellings is wetenskaplik ongegrond. Ons kan nie sonder entstowwe klaarkom nie al bid jy hoe hard. God het die mens die verstand gegee om teenmidels teen siektes te ontwikkel en onsself te beskerm.

Dirk Mostert ·

Ek verkies natuurlik verworwe immuniteit bo ‘n aangejaagde entstof.

Oros Soros ·

Wat soek die Mediese Navorsingraad hier? Jou kommunistiese en sosialistiese onderrok hang sover uit, dat daar geen kredietwaardigheid aan jou siening gegee kan word nie, persoon Gray. Julle het die jaar een van die mees arroganste instellings geword en wil aan almal voorskrf.

Withaai ·

As Malema vir jare al sê wat hy wil en nog nooit ‘n dag in die tronk gesien het nie kan ek nie verstaan hoekom ‘n regter nie ook sy opinie kan lig nie. Mogoeng gee gelowiges en die wat nie in die geforseerde inenting glo nie ten minstens hoop.

Piet ·

Dis moeilik om hierdie negatiewe houding van sommiges teen die entstowwe te verstaan. Dit kan net “deniers”wees wat dink Covid is net ‘n lastige griepie wat gaan oorwaai. Vreemd dat hulle so min dink van hulle toekomstige gesondheid. Eintlik onverklaarbaar.

Nico ·

Sê vir daardie dokter as almal so optree on die land gaan ons ‘n land van melk en heining hê.

Toby ·

Ek onthou jare gelede vd foto op die Burger se voorblad waar dolosse en n toordokter sy danse voor die parlement met bokspringe vir die eerste maal oopgemaak het. Kyk die resultaat van die onchristelike. Wie was toe ingenooi om hul leiers te help?

Gawie ·

En weereens het niemand regtig geluister wat die Hoofregter gesê het nie, maar almal se monde is vol daaroor.
Hy het gesê dat AS daar probleme met die entstof is, dan bid hy daarteen. Hy het geen feite gestel nie, hy het nie eenkeer gesê dat daar WEL fout met die entstof is nie. Hy het self na die tyd gesê hy weet niks van entsowwe af nie.
Is dit nie maar hoe ons almal bid nie – dat die Here ons sal beskerm teen enige MOONTLIKE aanslag teen ons?
Ek ondersteun die regter daarin dat hy opstaan vir sy geloof. Die kritisie moet net bietjie mooi luister na wat hy wel gesê het voor dat hulle begin baklei.

Johannes Andreas ·

Die Hoof Regter het die hoofregter se gebed aangehoor in die gees waarin dit aan Hom opgedra is. Die Ver Linkse Liberaliste hoor wat hulle WIL hoor en reageer histeries oor enige idee wat tog net klink of dit strydig met hul eie dogma is. Hierin speel die hoofstroom media al basuin-blasend saam, want histerie is sensasioneel en dus goed vir sirkulasie.
As ‘n predikant só gebid het, of selfs ek en jy, het geen haan daarna gekraaai nie, maar nou was dit ‘n prominente persoon, dus is dit ‘nuuswaardige histerie’. Hoera vir die sirkulasie syfers….

Stof ·

Kort voor Sy hemelvaart het Jesus self gesê: Gaan dan heen en maak dissipels van alle nasies….
Broer Mogoeng Mogoeng, dankie dat jy ons Meester se woorde ernstig opneem. Ek sien uit om, sou ek nie die voorreg hê om ooit jou blad op aarde te skud nie, dit met trots te kan skud in ewigheid. Jy stel ‘n voorbeeld wat ons almal by kan leer.
Jou dubbelnaam broer, Stof Stof.

Charlotta ·

Ek het groot respek vir hom, want hy is nie skaam vir sy geloof nie.

Daizee ·

Henetjie tog, ons is darem nou ‘n ou sensitiewe ou lotjie bymekaar!!!! Gelukkig het dié sensitiwiteit nie al eeue gelede begin nie………ons sou al by die 75ste wêreldoorlog gehuiwer het!!!!! Én dis wonderlik hoe vinnig voel ons beter as daar ‘n geldjie gemeld word!!!!

Rentia ·

Respek vir jou regter. Verskil is, polio, masels en al die ander siektes se inentings is oor jare en jare ontwikkel, en word nou nog dopgehou vir verbetering. Dis nie “ons weet absoluut niks van die siekte af, dus sal miljoene sterf” tot ‘n “ons het ‘n uiters suksesvolle inenting” in 8 maande ontwikkel nie. Die argument daaroor is onprakties, onlogies, en heeltemal onwaar. As jy die inentig wil kry, kry hom. Mooi so, goed vir jou. As jy dan beskerm is, waarom ‘n bohaai opskop vir die wat kies om dit nie te doen nie? Jy is dan “beskerm” so hou op om die res aan te val.
Staan vas op jou beginsels regter. Derduisende staan bankvas agter jou.

Marieta ·

Lees en luister mooi… Hy sê AS daar enige entstof is wat van die duiwel is… Hy het nie bloot net enige entstof verdoem nie. Ons as kinders van God, steun hierdie gebed en lê dit voor Jesus se voete neer. Net Hy is die Groot Geneesheer.

Phillip ·

Wel hoekom laat julle julle babas dan laat inend dan is dit mos ook n gode wat in gespiut word . Ek kan nie glo julle is dommer as grond nie leeke is julle wat teen die entstof is . DIT word deer n labetorium gekweek daar is porfesoore betrokke kom net by mense

koei ·

Ek stem saam met die regter, hy het n reg om sy geloof te volg, ek staan 100% agter hom. Daar is darem maar baie vinnig n teenstof gekry vir Covid maar nog nooit vir HIV of kanker of enige ander siekte nie. Hoe werk dit?? EN vandag Covid daar is is daar ook geen ander “dread diseases” nie, HEL het almal vir Covid geskrik en die pad gevat? EK SAL NIE MY OF MY GESIN EN FAMILIE LAAT ENT MET HULLE GEMORS NIE!!! Ek het n mense reg, en ek sal dit uitoefen, hierdie gemerkery met 666 kom jare, so hulle is al jare daarmee besig. Hulle kan doen net wat hulle wil.

Connie ·

Ek ondersteun hoofregter Mogoeng Mogoeng 100%, ons almal weet van die 666 en dankie hy ook. Mag Vader ons beskerm en lei.

Robert ·

Dr Gray moet oppas om ‘n Karen te wees. Sy is nou suur omdat sy gekap was oor haar kommentaar so ruk terug. Sy het ingegee op druk van die ANC. Die Hoofregter is egter van ander stoffasie gemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.