Trokdrywer sterf ná petrolbom

Bernard Groenewald (Foto: Facebook)

Bernard Groenewald, die vragmotorbestuurder wat sowat twee weke gelede ernstige brandwonde opgedoen het toe sy vragmotor op die N1 naby Touwsrivier in die Wes-Kaap aan die brand gesteek is, het Vrydagaand gesterf.

Groenewald (50) het omstreeks 18:00 in die waakeenheid van die Mediclinic Worcester aan sy beserings beswyk, het Ciska Groenewald, Bernard se vrou, aan Maroela Media gesê. Hy was nog onder verdowing en aan ʼn ventilator gekoppel.

“Dit was net te veel vir sy liggaam, die brandwonde was te groot skok. Sy liggaam kon dit nie meer hanteer nie,” het Ciska verduidelik.

Dít volg nadat Groenewald derdegraadse brandwonde oor 60% tot 70% van sy lyf opgedoen het toe boosdoeners op 2 Junie ʼn petrolbom deur die venster van die vragmotor gegooi het waarin hy in die vroeë oggendure langs die pad gerus het.

Maroela Media het vroeër berig Groenewald het uit die vragmotor gespring toe die voertuig vlamvat waarna hy toe glo deur ʼn onbekende aantal mans gejaag is wat ʼn petrolbom in sy rigting gegooi het. Hy het later sy hemp afgepluk en op die grond gerol om die vlamme aan sy lyf te blus.

Die egpaar woon in die Paarl en het onlangs saam ʼn vervoermaatskappy op die been gebring. Ciska het gereeld saam met Groenewald in die vragmotors gery en saam het hulle die land plat gereis, het sy vroeër gesê.

Groenewald was 30 jaar lank in die vervoerbedryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Wessel Viljoen ·

Gaan die boosdoeners wegkom met die moord op die trokdrywer of gaan hulle boet daarvoor?

Pieter Bezuidenhout ·

Ons inige mee gevoel met die families en vriende, en so jammer om dit te verneem. Hierdie ding wat met hom gebeur het is onaanvaarbaar.

Kallimaari ·

Daar is sóveel wat gesê kan word…maar God wéét. Ciska, mag Hy jou, en jou familie dra in hierdie moeilike, seer tyd. Mag Sy vrede wat menslike verstand tebowe gaan jou omvou, en mag jy Sy teenwoordigheid beleef.

Rus sag Bernard. Rus sag in Sy arms.

Rupert Ashford ·

Boosdoeners? Miskien… Rasse ondertoon miskien ook?

Danie ·

Dit is ook elke liberalis eat vir liberale regte van misdadigers gestem het se skuld.

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan jou Ciska, mag Jesus jou dra deur al die hartseer.

Roberto Betta ·

We live in one of the most brutally inhumane societies on the planet with the end nowhere in sight.

Andre ·

@Roberto Betta – Yes that is exactly what the “conservatives” warned about in ’92 but you did not want to listen

Roberto Betta ·

@Andre, I never agreed to anything. I had the foresight to see that this was going to happen.

Fransie ·

Dis nou vreeslike nuus om te lees . Voel so jammer vir sy vrou en familie. Baie sterkte vir almal en ook sy swaer. Vreeslike ding om deur te gaan. Innige simpatie vir almal.

Essie ·

Ciska sterkte ek was ook n trokdrywer en weet presies wat dit is nt om bietjie jou oë toe te maak

Netso ·

Hy was dan nie net nog ñ trok drywer nie, maar ñ eienaar in die vervoer bedryf wat sy eie trok gery het ? Die opskif moet lees “Besigheids man sterf”! Ek lees nêrens van enige arrestasie of iets nie? Gaan haal daai hele township waar daai lorrie gebrand is uitmekaar uit? Hulle almal weet wie petrol in bottels gegooi het!

Woedend ·

DIS NIE BOOSDOENERS NIE, HULLE IS MOORDENAARS!!!! My innige simpatie vir die familie.

John ·

Tyd om te begin bid dat die Here GOD sy geregtigheid begin uit oefen op SA.

Bekommerd ·

Kom ons trek ñ petisie op vir die doodstraf om terug te kom. Betoog en alles wat daarmee saamgaan. Ons moet die doodstraf terugbring na die onregeerbare land toe. Ons kan nie meer terug sit nie. Al ons mense word uitgemoor!

heila fourie ·

GOD VADER in die hemel hoe verskriklike wrede dood hierdie man gestry en gesterf het.
U o GOD weet hierdie is openlike politieke stilswye van hierdie regering.
o GOD ek het nie meer woorde vir hierdie wreedheid nie.
Heila Fourie

PJC ·

Duidelik was die wigte en teenwigte nie beskikbaar vir hierdie bedroefde gesin nie. Ek het nie woorde om my weersin in al hierdie dinge te beskryf nie.

Dries du Toit ·

En die mense wat hierdie hel op ons losgelaat het is nou doodstil. Wonder waar pruik hulle vredes pryse

N Lourens Reitz ·

Ja Dries en luister ook na Theuns Elof hierdie mense dink nog steeds hulle het die regte ding gedoen om na Dakar toe te gegaan het.

JP ·

Ons innigste simpatie met die familie en naasbestaandes, jammerlik ons moet hierdie grieweldade net so aanvaar, niemand doen fisies iets daaraan nie

???? leser ·

die is nie meer ‘n piesang ” REPUBLIEK” nie, dis ‘n sosialistiese , kommunistiese , eensydig beheerde , staat , waar tot die president nie meer boe of ba kan se nie , sy kaders / mense regeer hom

Louis ·

Daar gaan n dag en tyd kom CR dat nog een, een te veel is CR, terwyl daardie dag nog in die baie nabye toekoms lê. DOEN JOU VERDOMDE WERK !!!

Foxi ·

Louis, ek stem saam. Daardie ‘DIE’ dag is nie meer vêr nie! As n weegskaal te swaar word, kan hy nie meer weeg nie……dan val als inmekaar.
My innige simpatie aan Bernard se geliefdes.???????? Ons vergeet nie hierdie dinge nie.

Meraai ·

dit is skokkend wat die arme man moes deurmaak, sterkte aan naasbestaandes

Elize Basson ·

Ai ai shame so hartseer. Baie sterkte aan sy gesin en familie.

Saint ·

Ek het simpatie met die familie, maar ek sou graag veel meer agressie wou sien teenoor die moordenaars.
Hulle kom gans en al te maklik weg met hul misdrywe wat lyk of hulle dit as ‘n sportsoort be-oefen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.