Tronk toe met POF-bedrieërs

Argieffoto (Foto: PublicDomainPictures / Pixabay)

Drie mense wat die Padongelukkefonds (Pof) bedrieg het, is in die Johannesburgse streekhof tronkstraf opgelê.

Magdil Groenewald (64) is vyf jaar tronkstraf opgelê en Tanya Senekal (42) en Jaco Senekal (47) is albei agt jaar tronkstraf opgelê op verskeie aanklagte van bedrog. Twee jaar hiervan is vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat hulle nie weer oortree nie, sê Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Die drie beskuldigdes het as werwers gewerk. Groenewald het 134 eise voorberei wat uit 10 beweerde voertuigongelukke gespruit het. Tanya en Jaco het 403 eise voorberei wat glo uit 30 voertuigongelukke gespruit het.

“Dit kom neer op altesaam 537 individuele eise wat in 2006 by die Padongelukkefonds ingedien is. Die beskuldigdes het nie self die eise ingedien nie, maar mense gewerf wat die eise namens hulle kon indien.”

Mjonondwane sê die drie beskuldigdes het gereël dat die persone, wat hulle gewerf het, deur dokters ondersoek moes word. “Hulle het die eise aan prokureursfirmas verkoop en die eise is deur dié prokureurs by die Pof ingedien. Die prokureurs het die beskuldigdes R1 000 per eis betaal en dit later verhoog na R1 500 per eis. Die beskuldigdes is in hegtenis geneem toe ʼn ondersoek hul betrokkenheid by die bedrogspul onthul het.”

Die NVG loof senioradvokaat Sandra Maat en ondersoekbeamptes lt.kol. McCarthy en ao. Ntshalintshali dat hulle seker gemaak het dié bedrogspul word ondersoek en suksesvol vervolg.

“Die vonnis sal prokureursfirmas en die groter samelewing ontmoedig om instansies te bedrieg soos die Pof, wat ingerig is om padgebruikers te vergoed vir enige verliese of skade wat mag spruit uit die bestuur van enige motorvoertuig binne die Republiek van Suid-Afrika.”

Adv. Andrew Chauke, direkteur van openbare vervolging in Johannesburg, sê die Pof beleef finansiële beperkings weens selfsugtige prokureursfirmas en hebsugtige individue. “Die NVG sal steeds op die voorpunt bly teen diefstal uit die staatskas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Robert ·

Vra ek ook efjy.. Ek glo of hoop dat hulle ook vervolg sal word!!!

Martie ·

En wat van die Werkloosheids versekering. Ek sukkel al twee jaar om doodsvoordele van my seun te eis. Hulle kommunikeer nie eers met jou nie.

Delia ·

Ek wil vra…die prokureurs.
En skaam vir julle. So baie eise, so julle het dit oor en oor en oor gedoen. Julle is niks beter as die korrupte regering waaroor ons elke dag gal afgaan en vir alles blameer nie. En daai tronkstraf is n klap in die gesig van die mense wat die werk gedoen het om julle te vervolg en al die mense wat werklik Die POF geld nodig het.
SKAAM vir julle.

Oosieoos ·

Nee nee kry almal wat betrek word in die hof en sraf hulle swaar

Miskruier ·

My plaaswerker het uit eie toedoen n ongeluk gemaak met my motor. Net n klein besering aan pols gehad… Die prokureurs het hom die maan, son en sterre beloof as hul sy eis kon indien.

electricmango ·

Gretigheid is n euwel, dis mense soos daai wat in die apartheids jare lewenslank sou kry. Ek hoop hulle vrot in die selle en dat hulle ook hul beurt sal kry om n ongeluk te ervaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.