Tshwane weer op oorlogspad oor skuld

(Foto: Twitter)

Die Tshwane-metroraad is weer vasbeslote om agterstallige skuld in te vorder en geen wanbetalende Pretorianer sal ontsien word nie.

Die metro het Dinsdag sy pogings hervat om meer as R17 miljard se skuld van wanbetalende staatsdepartemente, ambassades, sakeondernemings, voorstedelike inwoners en ander entiteite te verhaal.

Die metro het vroeër vanjaar as deel van sy skuldinvorderingsveldtog #TshwaneYaTima talle wanbetalers se munisipale dienste voor die voet opgeskort in ’n poging om agterstallige skuld in te vorder.

Selby Bokaba, woordvoerder vir Tshwane, sê die metro gaan egter nou sy pogings verskerp nadat hy Dinsdag nie sy teikens kon behaal nie. Die metro se spanne wat gister in die stad se sewe streke ontplooi is, wou 311 eiendomme se dienste opskort in ’n poging om R408 miljoen se skuld in te vorder.

Die spanne kon eindelik slegs 53 eiendomme se dienste opskort en R60 miljoen verhaal.

Bokaba waarsku diegene wat van plan is om met infrastruktuur te peuter nadat hulle ligte afgeskakel is, dat hulle stewige boetes vir dié oortreding opgelê sal word. Dié boetes wissel van honderde duisende rande tot miljoene rande.

Die Tshwane-metroraad se agterstallige skuld het in 2020 van R12 miljard tot R16 miljard toegeneem voordat dit verlede jaar op R17 miljard te staan gekom het.

Randall Williams, burgemeester van die Tshwane-metro, het vroeër gesê die metroraad het vantevore tevergeefs kennisgewings uitgestuur en by sy klante gepleit om hul skuld te vereffen terwyl kontrakteurs omgekoop is om nie die ligte af te skakel nie.

“Ons moes die stelsel verander… Ons het toe besluit op ’n meer visuele ‘in jou gesig’-benadering.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Koos 100 ·

“wanbetalende staatsdepartemente, ambassades, sakeondernemings, voorstedelike inwoners en ander entiteite”
Waar is die ander inwoners se skuld dan? Afgeskryf? Geen agterstallige skuld nie? OF gaan julle maar net agter die maklike teikens aan en los die townships maar uit?

duiweboer ·

Ons huis hulp het so pas n HOP huis gekry, suid van Alrode, en hulle kry verniet water en elektrisiteit en ons moet ten duurste betaal. Ek ry in sekere areas in Wifield waar daar vreeslik baie onwettige krag koneksies is en daar word niks daaraan gedoen nie ?????

Nico ·

Ek stem saam hoekom word Sowet nog voorsien van krag, sny die krag daar ook af, die dag wanneer dit gaan gebeur gaan daar chaos wees.

Pieter ·

ooi, ek sal graag wil weet hoekom skuld so ophoop? Help die wat hulp nodig het, maar klink eerder of dit juis die lakse mense met geld wat skuld…
Kom nou Tshwane die paaie is vrot, vuil en bossies staan soos bome. Daar is net nie meer ywer en lus nie, maar selarise word getrek…

Ek was die naweek in die Kaap en stom verbaas met hoe die bogenoemde wel kan werk… Hoekom nie hier in PTA?

Keelvol ·

Yvonne, die DA is n volslae mislukking in Gauteng. In Ekurhuleni sit ons so gereeld sonder krag en die DA vol verskonings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.