Tutu-egpaar ongedeerd ná brand in aftreeoord

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou, Leah. (Foto: Desmond & Leah Tutu-stigting)

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou, Leah, is ongedeerd nadat ʼn brand Woensdagoggend in hul aftreehuis uitgebreek het.

Die egpaar woon in ʼn oord in Hermanus in die Suid-Kaap.

Luidens ʼn verklaring van die Desmond & Leah Tutu-nalatenskapstigting is die egpaar nie beseer nie en opgeruimd, gegewe die oggend se dramatiese gebeure.

Die Tutu’s het die personeel van die aftreeoord, die nooddiens en almal wat hulle sterkte toegewens het vir hul bystand bedank.

“Ons kan nie die personeel by die aftreeoord genoeg bedank vir hul goedhartigheid en vinnige optrede nie; nog minder die brandweerlede – onbesonge helde – op wie se dapperheid ʼn mens in moeilike omstandighede staatmaak. God seën hulle,” het die egpaar gesê.

Die oorsaak van die brand is in hierdie stadium nog nie bekend nie. Dit is moontlik deur ʼn foutiewe gasverwarmer veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter J ·

Ek het Tutu nog nooit as ń kerkman beskou nie. In my oë is hy ń uiterste oppertunis. Volgens my siening is hy geensins nuuswaardig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.