Twee dood, een beseer in Jhb-skietery

Die motor met koeëlgate (Foto: Verskaf)

Twee mans is dood en een beseer toe ʼn skietery Woensdagmiddag in Ormonde in die suide van Johannesburg uitgebreek het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is omstreeks 13:30 na Xavierstraat in Ormonde ontbied.

By hul aankoms op die toneel het hulle ʼn silwerkleurige Toyota Corolla in die middel van die pad aangetref. Die motor was vol koeëlgate.

“Twee mans is voor in die motor aangetref terwyl ’n derde man agter in die motor gesit het,” vertel Meiring. “Die mans voor in die motor het verskeie skietwonde opgedoen en het geen teken van lewe getoon nie. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Die man op die agterste sitplek is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling. Hy het ook verskeie skietwonde opgedoen.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, sê die polisie in Gauteng ondersoek tans die omstandighede rondom die skietvoorval.

“Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie,” sê Masondo. “Die polisie is op die spoor van die verdagtes wat verantwoordelik is vir die skietery.”

Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die skuldiges kan lei, kan die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alexander ·

Dit klink vir my na bendepret. Omtrent sifdraad geskiet.

Spook ·

Of taxipret. Die manne dink niks daarvan om die opposisie letterlik uit te haal nie.

JM ·

Land van moord en doodslag. Gaan dit ooit eindig? ‘n Mens het nie meer woorde nie.

Deonne ·

Bende “Hit”, hier in die Kaapse vlakte is dit niks nuuts nie, die nagskof werkers van Soutrivier en Tygerberg Lykshuis se hande is vol oor naweke. n mens se lewe beteken vir hierdie bende groepe niks nie. Ironies is dat 80% van daai ouens wat daai sneller trek , gewoonlik die doderyk ingaan op dieselfde manier, en ek is seker dat nie vir hulle plegtig sal wees daar nie.

Louise ·

Cowboys en crooks in die wilde Weste. Eintlik net crooks en crooks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.