Twee dood in botsing buite Potch

Die ongelukstoneel. (Foto: ER24)

Twee mense is dood en nog drie beseer toe twee motors Saterdagaand reg van voor op die R54 buite Potchefstroom gebots het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het sowat 10 km buite Potchefstroom in die rigting van Vereeniging gebeur. Paramedici het omstreeks 21:00 op die ongelukstoneel aangekom en die wrakke van die motors langs die pad aangetref.

“By nadere ondersoek het paramedici die bestuurder van een van die motors in die wrak aangetref. Die passasier van hierdie voertuig het op die grond langs die voertuig gelê. Nie een van hulle het enige tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar,” sê Van Huyssteen.

Die bestuurder van die ander voertuig is ook op die grond langs die voertuig aangetref met ernstige beserings. Hy is op die toneel behandel voordat hy na die provinsiale hospitaal in Potchefstroom gehaas is.

Twee ander beseerdes het matige beserings opgedoen en is na die Mediclinic Potchefstroom geneem.

Beamptes van die plaaslike munisipale brandweer- en reddingsdienste was op die toneel om te help om die oorledene se liggaam wat in die wrak vasgekeer was te bevry.

Die botsing word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Jammer dat die foto’s in die donker geneem is….want ek is amper lus en wed dat daar ‘n soliede wit streep in die middel van die pad is waar hierdie ongeluk gebeur het. Suid Afrikaners weet nie waarom ‘n soliede wit lyn in die middel van ‘n pad geverf word nie….en hulle gee ook nie om nie.

Liberaal ·

Solank as wat ons liberaliste aan bewind is sal die ‘menseregte’ en vryheid van padoortreders beskerm word, daarom sal sulke ongelukke op ons wettelose paaie gebeur. As julle nie hiervan hou nie, verwerp almal wat kriminele regte ophemel bo ander en verlinkse waardes steun.

DS ·

Dis elke persoon se persoonlike keuse hoe hy ry – my padgebruik word deur my waardes bepaal nie deur my politieke oortuiging nie. My waarde in die geval om eerlik te wees en nie die wet te oortree deur te jaag, rooi robotte en stopstrate te ignoreer nie en dan ook ‘n wetsgehoorsame burger te wees wat beteken ek betaal ook my taks al stem ek nie saam met hoe dit gebruik word nie. So Liberaal begin by jou en hou op om fout by ander dinge te soek.

Waarheid ·

Lisensies word gekoop so hierdie lot het geen kennis van padtekens ens nie.

bambi ·

Daai pad is in elke geval n nagmerrie!! ek sidder om JHB toe te ry vanaf PCH; mense jaag soos besetenes op die pad vd dood.

Hennie ·

80 persent van die motoriste steur hulle nie aan die pad ordinansie of reëls nie hulle sien dit as die ou bedeling se wette en is baie arrogant teenoor die wette op ons paaie , dit is hoekom daar so baie ongelukke is geen respek of gehoorsaamheid nie en ja 45 persent koop hulle bestuurs lisensie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.