Twee gevonnis oor ontvoerde seuns se moord

Argieffoto

Twee persone is in die Durbanse hooggeregshof gevonnis op aanklag van die ontvoering en moord op twee seuns.

Die twee seuns, Njabulo Mankayi (8) en Luyanda Msomi (10) was beste maats. Hulle is in November 2017 as vermis aangemeld by die Brighton Beach-polisiestasie, het kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, gesê. Die twee seuns is voor hul skool ontvoer.

“ʼn Soektog is van stapel gestuur in samewerking met die polisie se soek- en reddingseenheid en die honde-eenheid. Die seuns se liggame is ʼn paar dae later in ʼn kanaal opgespoor.”

Tydens die polisieondersoek is bevind dat die twee seuns deur Liziwe Ngwayishe (32) en Amahle Bongiwe Maliwa (37) ontvoer is. “Die twee kinders is na ʼn huis in Clairwood geneem waar hulle vergiftig en verwurg is.”

Die motief vir die seuns se moord was ʼn huishoudelike rusie.

Maliwa het skuld beken op twee aanklagte van moord en is reeds op 28 Augustus 2019 twee lewenslange vonnisse opgelê. Ngwayishe is Donderdag ook twee lewenslange vonnisse opgelê, het Gwala bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.