ʼn Duiker en maritieme geskiedeniskenner het twee skoeners gevind wat meer as 140 jaar gelede gebots en in die koue dieptes van Michiganmeer gesink het.
Lees meerAlles vir Saterdag 21 September 2019
Twee gevonnis oor ontvoerde seuns se moord
Twee persone is in die Durbanse hooggeregshof gevonnis op aanklag van die ontvoering en moord op twee seuns.
Nege verdagtes in KwaZulu-Natal doodgeskiet
Polisiebeamptes in KwaZulu-Natal het Saterdagoggend omstreeks 01:50 reageer op inligting dat ʼn rooftog by ʼn onderneming in Isipingo beplan word.
Springbokke teen All Blacks: Baie vrae, maar genoeg antwoorde?
Daar is nie ʼn baie groot verskil tussen die rugbyspanne van Suid-Afrika en Nieu-Seeland nie, maar tog sal die Springbokke ʼn bietjie meer moet doen om die All Blacks te troef.
Twee van 12 ontsnaptes aangekeer
Twee van die 12 verhoorafwagtendes wat uit die aanhoudingselle by die Seshego-polisiestasie in Limpopo ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Departement sê oor tekorte aan antidepressante
Die departement van gesondheid doen stappe om die tekorte aan sekere antidepressante en antipsigotika te takel.
Minister lei klopjag op Durban-tronk
Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het Vrydagaand ʼn klopjag gelei by die Westville-gevangenis in Durban.
Wêreldbeker: Hane (ook maar net) en Wallabies seëvier
Frankryk klop Argentinië en Australië klop Fidji tydens die Rugbywêreldbeker 2019-toernooi in Japan.
Foto’s: Gebeure verloop vreedsaam, feestelik by Area 51
Verrigtinge in Nevada in die VSA verloop hoofsaaklik vreedsaam ná duisende persone op die woestyn toegesak het in reaksie op ʼn uitnodiging op sosiale media om “Area 51 te bestorm”.
Regstappe oorweeg ná SAUK-dokument uitlek
Die SAUK oorweeg regstappe ná ʼn “memorandum deur twee nie-uitvoerende direkteure wat aantygings bevat” aan die media uitgelek is.
Spoedvraat gevonnis
ʼn 36-jarige man is Vrydag in die landdroshof in Kempton Park gevonnis op aanklag van roekelose bestuur.
11-jarige doodgeskiet, pa ernstig beseer
ʼn 11-jarige seun is Vrydagaand doodgeskiet en sy pa ernstig beseer by hul huis in Batho, Bloemfontein.
VSA stuur troepe na Midde-Ooste ná Saoedi-aanval
Die VSA sal bykomende soldate na die Midde-Ooste stuur ná ʼn reeks hommeltuig-aanvalle op Saoedi-Arabië se Abqaiq-olieraffinadery.
Regering versuim weer om elektrisiteitsplan bekend te maak
Ondanks ʼn versekering van die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, dat die geïntegreerde hulpbronneplan (IRP) vandeesmaand vrygestel sou word, wil dit voorkom of dit onwaarskynlik sal wees.
Drie vas ná Ikemeleng-betoging
Drie persone is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld ná ʼn betoging in Ikemeleng, Kroondal naby Rustenburg in Noordwes.
Vier sterf in Middelburg-ongeluk
Vier persone is Vrydagaand dood in ʼn ongeluk op die N4-tolpad tussen Middelburg en Belfast in Mpumalanga.
Ekurhuleni-metro mors openlik belastingbetalers se geld
“Die Ekurhuleni-metroraad het weer sy onvermoë om die gebied suksesvol te bestuur onderstreep met die besluit om 42 straatname en agt bekende bakens se name na ANC-politieke ikone en anti-apartheidsaktiviste te verander.”
Boer sterf in plaasaanval in Oos-Kaap
Shaun Krull (48) van die plaas Sunrise Eggs in Crossways in die Oos-Kaap is Donderdag dood tydens ʼn plaasaanval.
Talle sterf in ongeluk op Ou Kaapse Weg
Ou Kaapse Weg in Steenberg in die suide van Kaapstad sal Saterdagoggend tot minstens 10:00 gesluit wees ná ʼn ongeluk wat minstens nege persone se lewens geëis het.
Gedagte vir die dag: Doen wat jy sê
Hulle wat korrup en ongelowig is, gee voor dat hulle God ken, maar hulle lewe weerspreek dit. (Titus 1:16)