Minister lei klopjag op Durban-tronk

Foto: SABCNewsOnline/Twitter

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het Vrydagaand ʼn klopjag gelei by die Westville-gevangenis in Durban.

Daar is tydens die klopjag beslag gelê op 25 selfone, 16 selfoonlaaiers, vyf oorfoonstelle, dagga, twee daggapype, ses SIM-kaarte en onwettige kontant ter waarde van R390.

Lamola het homself verbind om nog meer klopjagte uit te voer by korrektiewe fasiliteite landswyd om toe te slaan op alle smokkelary in tronke. Hy het onderneem dat streng stappe gedoen sal word teen korrektiewe beamptes, wat skuldig bevind word aan smokkelary.

“Ons wil ʼn omgewing skep wat voordelig is vir die rehabilitasie van oortreders. Smokkelary is een van die ontwrigtings waarvan ons ontslae moet raak,” het Lamola gesê.

Hy doen ook ʼn beroep op lede van die gemeenskap wat gevangenisse besoek om met die departement saam te werk. Hy versoek dat die gemeenskap nie medepligtig moet wees en onwettige middele aan oortreders sal smokkel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nugter ·

Nou moet die minister nou elke keer saam gaan om die onwettighede in die tronk te kry. Wat doen die tronkpersoneel? Agge nee, baie snaakse storie die.

Ig ·

Nee my maat, die onwettigheid en voorsiening van dwelms ens is intern

Jimmy ·

Lamola moet eerder politieke rigting gee. Tydens die “klopjag” is hy net in die pad.

pieter ·

Goeie advertensie.Verseker betrokke by dit,want hoe anders sal hy weet.Iemand geplant natuurlik,dis hoe hulle werk ons ANC regering.

Hannatjie ·

Ai tog hierdie alewige negatiewe kommentaar maak my siek!! Hier is ten minste ‘n Minister wat sy werk doen. Gee hom immers die nodige krediet daarvoor!!

pieter ·

U weet beslis nie watse korrupte amptenaar hy is nie.Juluis.Malema se regterhand gewees.

Bernard Hellberg ·

Ons eie ministeriële Rambo – you go, Spiderman!

Gert van Wierdapark ·

Die enigste manier waarmee ‘n omgewing geskep kan word vir die reha-bilitasie van gevangenes, is hande-arbeid sodat hul produktief kan bydrae vir die gratis in-woning, “Finish en Klaar” !!!

Mustang ·

En dit is hoe kriminele van uit die tronk hulle besigheid buite laat gebeur!

Philippus Janse van Rensburg ·

Kwalik die plek vir ‘n minister! As politieke leier is sy pligte baie ver verwyder van klopjagte! Herinner mens aan Filkile en Panyasa, op die plek waar daar maksimum blootstelling is, verskuilde ego’s as “dramatis pesonae!”

Muffin ·

Mooi mooi maar Korrektiewe Dienste kort nog verskriklik baie Lamolas.

Cornelia ·

Dit wil gedoen wees. Diesulke ministers gee aan hul portefeuljes ‘n aangename nuwe dimensie. Van stapels papierwerk, praatwerk en dokumente na onderskragende leierskap wat die moue oprol en inspirerend die boodskap toepaslik uitleef. Dankie aan mnr. Lamola vir sy positiewe optrede tot morele ondersteuning aan sy span. Almal kan net baat by minder praat en meer doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.