Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, het ʼn groep polisiebeamptes geloof vir hul dapperheid ná hul betrokkenheid Donderdag in ʼn operasie om vermeende gewapende rowers aan die noordkus van KwaZulu-Natal aan te keer.
Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê verskeie polisie-eenhede was omstreeks 12:00 besig met ʼn gesamentlike operasie op die N2 naby Nyoni. “Polisiebeamptes het die motor opgemerk wat die verdagtes gebruik het. Hulle wou die bestuurder voorkeer, maar die twee insittendes het op die beamptes begin skiet. Die polisievoertuig is beskadig.”
Naicker het gesê die twee verdagtes is noodlottig gewond tydens die skietery met die polisie.
“Beamptes het beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens. Die mans word vermoedelik verbind met verskeie sake van gewapende roof in KwaZulu-Natal.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Uitstekende werk… well done KZN Police!
Die polisie in KZN vat nie nonsens van kabouters nie… wel gedaan !
Hierdie KZN polisie doen hul werk uitstekend en verdien alle lof. Kan daar nie n soort kompetiesie met groot toekennings in die polisiemag gestig word tussen streke nie.
Jy verras my met wat jy sê Elna. Ek woon op presies tussen Suid & Noordkus. Links van my is Noordkus en Regs is Suidkus en as ek omdraai is dit andersom. Nog nooit die idee gekry dat misdaad erger is aan de regterkant as aan die linkerkant nie. Miskien is dit jou (ek is Engels ingestel en soek die woord vir perception) omdat julle deurgeloop het, maar daar is miskien nie rede om te dink dit gaan erger op die Suidkus as elders. Jammer om te hoor julle het ook deurgeloop.