Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het teen 17:40 by die toneel naby Suidstraat aangekom. Daar het hulle twee mans aangetref wat albei veelvuldige skietwonde opgedoen het.
“Die mans het geen tekens van lewe getoon nie. Daar was niks wat paramedici vir hulle kon doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar,” het Vermaak gesê. “Omstanders het verduidelik hulle het verskeie skote gehoor en net gesien hoe die twee mans op die grond val.”
Vermaak kon nie meer inligting oor die omstandighede rondom die voorval verskaf nie. Maroela Media wag op meer inligting van die polisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Nie eers 250 m van my werk af nie!
Wanneer laas was daar n klopjag gedoen op die taxi staan plek ,waneer laas n padblokade saam met die metro om te kyk of die voertuie padwaardig is?? ….nou gaan hulle weer ondersoek lol
Mafia-SA