Twee korrektiewe beamptes vermoor

(Argieffoto: Reint Dykema)

Twee beamptes van die departement van korrektiewe dienste is doodgeskiet terwyl hulle besig was om ’n vrygelate gevangene wat sy paroolvoorwaardes verbreek het, te probeer opspoor.

Die korrektiewe beamptes is Dinsdagoggend in Duduza aan die Oos-Rand doodgeskiet en een van die beamptes se vuurwapen is ook gesteel. Die twee beamptes van Boksburg is omstreeks 07:45 doodgeskiet.

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het sy skok en hartseer oor die sinnelose koelbloedige moord uitgespreek.

“Die geweldige gevoel van verlies word vergroot deur die tragiese omstandighede waaronder dit plaasgevind het. Ek betuig my innige meegevoel aan die families van die oorledenes sowel as hul kollegas.”

Die departement sal saam met die SAPD werk en geen steen onaangeroer laat om te verseker dat die skuldiges vasgetrek word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Wondermaarnet ·

Vang hulle asb, want hierdie is geharde misdadigers wat nooit weer parool moet kry nie.

Prikkie ·

Omdat mense op parool vrygelaat word wat NIE op parool moet wees nie.

Witbaard ·

Misdaad is buite beheer en die kriminele weet dat hulle n beter kans het om weg te kom as om gevang te word. En as hulle gevang word, sit hulle vir n jaar of 3 in die tronk met 3 etes per dag, tv, en n warm bed.

Hennie ·

Waar is daai gehoede tuin ingenieur nou? Hoe help sy struggle en koue water sy eie mense nou?Dis wat gebeur as ‘n tuin ingenieur probeer regeer… Dis ‘n ramp!

Harley Davidson ·

Die sisteem is verkeerd bou bring die doodstraf terug alternatief bou meer tronke en gee moordenaars 70 tot 100 jaar effektiewe tronkstraf sonder parool dit is ‘n afskrik middel nie 15 jaar maksimum waarna jy oor 2 jaar vrygelaat word omrede die tronke vol is nie.

JL ·

Tragies. Vrede vir die families. Dié is die norm in ons land. Te vinnig te veel parool.

Peter ·

Die tronke het ongelukkig verval in menseregte institusies. Prisoniere moet 8 ure handearbeid vageketting aan mekaar verrig soos paaie skoonmaak ens. Dan sal dit tesame met die doodstraf afskrik middels teen misdaad raak.

Oujongvrou ·

Maak oop daai university vir kriminele, naamlik robbeneiland. Gooi die spul kriminele daar neer en laat hulle vir hulself sorg. Geen niks. Daars genoeg plek vir groente tuine ens. Daar kan hulle lekker tussen selfde soort leef.

Swerwer ·

Mnr Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, sinnelose koelbloedige moord is aan die orde van die dag en die kommunis vra nie wie jy is en wat jy doen voor hulle toeslaan nie. Dit is ongelukkig die huidige omstandighede in ons land wat deur die ANC/EFF gevestig is en nog steeds word daar vir hul gestem ongeag al die moord en misdaad.

T-Man ·

Ek dink die woorde “Ons veroordeel dit ten sterkste” en “ons sal geen steen onaangeroer laat” is die enigste twee sinne in die ANC se handboek how to govern a country for dummies. Want wragtig hierdie mense doen alles verkeerd, die omstandighede van die krimineel se parool vereistes moet ondersoek word.

Miena ·

“…het sy skok en hartseer oor die sinnelose koelbloedige moord uitgespreek”. Uhmmm Goeiemore Ronald Lamola – Word wakker en drink jou koffie. Hierdie tipe dade is lankal nie meer skokkend en hartseer nie. Jy behoort dit te wagte te wees want hierdie aard van dade gebeur al te meer gereeld deesdae en is die norm. Parool-rade gee te gou parool vir enige Jan, Piet en Koos wat om parool aansoek doen.

Mallie ·

Wat van al die ander moorde? Is dit nie ook sinneloos nie?

Toy ·

Hoekom is hulle op parool vrygelaat in die eerste plek nou is daar nog twee moorde op hulle lys.

Anel ·

Nou hoekom is die hoedman nie daar om ook trane te stort nie? Dis dan geregsdienaars? En hoekom is daar nie ook 11 speurders aangestel om ook hierdie sinnelose moorde te ondersoek nie? Of is wetsgehoorsame burgers se lewens minder werd as misdadigers of moordenaars se lewens? Ons samelewing is siek!! Sterkte aan die families wat geliefdes verloor het.

Waarnemer ·

In Texas skiet die polisie moirdenaars dood…on the spot…..in SA kry moordenaars(indien hulle opgespoor word) 5 ster behandeling.Ons moet emigreer Texas toe….daar is dit veiliger as in SA.

Miena ·

Ek het in die week gehoor op radio SA se misdaad klassifikasie is nou van nr 8 in die wereld af na nr 4 toe. Welgedaan SA, hou soo aan – die misdadigers gaan maak dat ons 1e plek behaal nog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.