Twee van die drie verdagtes wat tereg staan vir die moord op Leon Brits (41), eienaar van die gewilde Pofadder-hotel in die Noord-Kaap, is op waarskuwing vrygelaat.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê Amantle Bareki (24) en Enrich Williams (37) het Vrydag in die landdroshof op Pofadder verskyn.
Hulle sal na verwagting weer op 22 Februarie in die hof verskyn.
Die derde verdagte, Jacques van Vuuren (34), het Maandag vlugtig in dieselfde hof verskyn. Hy sal na verwagting op 11 Desember ʼn aansoek om borgtog indien. Hy bly tot dan in aanhouding.
Ramatseba sê die polisie se ondersoek duur voort.
Maroela Media het vroeër berig Brits is op 7 Oktober vanjaar met meswonde dood aangetref. Hy is vermoedelik verwurg en met ’n skerp voorwerp gesteek voordat sy liggaam in die onderdakswembad agtergelaat is.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
22 Kommentare
In this land I despair….net op waarskuwing vrygelaat!
Net ‘n waarskuwing regtig? Nou gaan hulle verder kan moor pffft
Uit op waarskuwing want in die land is dit wettig om witmense te martel en te vermoor…
Kan jy dit glo. Het geen woorde nie. Waarskuwing vir moord
Geen reg stelsel nie . Dood straf vir alle moordenaars en verkragters dan sal die tronke leeg wees .word wakker anc