Twee van die radiostasie 947 se platejoggies, DJ Fresh (Thato Sikwane) en Euphonik (Themba Nkosi), is dadelik van die lug af gehaal ná ʼn vrou vandeesweek ernstige bewerings teen die twee gemaak het.
Primedia Broadcasting, eienaar van die radiostasie, het Saterdag in ʼn kort verklaring gesê hy het met die twee vergader oor die aanklagte teen hulle.
“Ons beskou hierdie aangeleentheid in ʼn uiters ernstige lig en maak gebruik van ʼn streng, doelgerigte interne proses om dit te evalueer. Primedia Broadcasting, DJ Fresh en Euphonik het ʼn gesamentlike besluit geneem dat hulle nie nou gaan uitsaai nie, sodat hulle op hierdie saak kan konsentreer,” het Geraint Crwys-Williams, tussentydse uitvoerende hoof, gesê.
Die twee platejoggies het die besluit ook self op Twitter gedeel.
???????? pic.twitter.com/LVWOJuxVE5
— DJ Fresh (Big Dawg) (@DJFreshSA) January 16, 2021
EWN berig die vrou het die bewerings, oor ʼn voorval wat glo in 2011 gebeur het, vandeesweek op Twitter gemaak. Luidens die berig is ʼn klagte by die Sunnyside-polisiestasie aanhangig gemaak.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Nie aanhsnger nie maar 2011 en fit is nou 2021
.Hoekom soveel jare wzg voor klag ingedien word
Ons moet seker nou daai watse bewerings dit is. Ek het buitendien nog nooit van hierdie stasie gehoor nie. Is dit regtig nuuswaardig. Kon hierdie spasie nie eerder gebruik word om iets opbouend oor Pretoria FM of enige ander Afrikaansgesinde stasis te plaas nie.
Ag asb. Dis 10jr later!!!! Soek aandag , dis wat.
Wat is die klagte of bewering en hoekom 10 jaar later?
Dis presies wat met mans gebeur. Vrouens kan 5, 10, 15 of 20 jaar later bewerings van seksuele teistering, aanranding ens maak en onmiddelik word hulle geglo. Ek het ‘n vriend gehad waar sy vrou hom van verkragting aangekla het, hy was vir meer as 2 weke in die selle opgesluit want sy was bang hy gaan haar aanrand. Sy gaan toe saam met die nuwe boyfried na sy dorp toe, meubels en kar en al, en viola, 4 maande later jaag die nuwe boyfried haar weg, sonder meubels en kar, want die het hy toe al verkoop. Sy kruip… Lees meer »