Soorte resepte:

Twee SA wyne pronk op lys van wêreld se beste

Adam Wadewitz, senior wynmaker van Tolpuddle Vineyard (Foto: Verskaf)

Die 30 beste wyne ter wêreld vir 2020 is vroeër die week tydens ʼn aanlyn aankondiging van die International Wine Challenge aangewys en Suid-Afrika het twee van dié gesogte posisies opgeraap.

ʼn Chardonnay van Australië, Tolpuddle Vineyard Chardonnay 2018, het die prys vir die beste witwyn gewen. Australië is ook die land wat die beste gevaar het met vier wyne uit die 30 op die lys.

Vir die eerste keer in die geskiedenis van dié kompetisie het ʼn Georgiese produsent, Tbilvino, weggestap met die toekenning vir die beste rooiwyn ter wêreld met die inheemse saperavi-kultivar.

Suid-Afrika se Elgin Chardonnay 2018 van Boschendal en Groot Constantia Sauvignon Blanc 2019 het naam gemaak. Groot Constantia se Sauvignon Blanc 2019 het ook die prys vir die beste sauvignon blanc ter wêreld verower. Dit is die eerste keer in tien jaar dat dié toekenning nie aan Nieu-Seeland of die Loire-streek gaan nie.

Helen McGinn, medevoorsitter van die International Wine Challange, sê sy is trots daarop dat die beoordelaars die kompetisie streng demokraties hanteer het en dat hulle van die beste beoordelaars in die bedryf het wat op die paneel dien.

Hier is ʼn volledige lys van die wêreld se 30 topwyne: 

Portugal Justino’s Madeira Terrantez 1978, Justinos Madeira
AustraliëTolpuddle Vineyard Chardonnay 2018, Tolpuddle Vineyard
FrankrykTaittinger Comtes de Champagne Blanc des Blancs Brut 2008, Champagne Taittinger
GeorgiëSaperavi 2018, Tbilvino
Hongarye Royal Tokaji 6 Puttonyos Aszú 2016, Royal Tokaji Borászati
Portugal Bulas Vintage Port 2017, Bulas Family Estates
ArgentiniëApelación de Origen Paraje Altamira 2018, Terrazas de los Andes
AustraliëCoonawarra Cabernet Sauvignon 2016, St Hugo
AustraliëMorris Old Rare Liqueur Premium Topaque, Morris Wines
AustraliëLake Cooper Well Rhapsody Shiraz 2019, Lake Cooper Estate
OostenrykRied Gottschelle 1ÖTW Erste Lage Kremstal Reserve Grüner Veltliner 2018, Petra Unger
OostenrykRiesling Ried Zöbinger Heiligenstein 1ötw Kamptal 2019, Weingut Birgit Eichinger
ChinaSyrah 2017, Ningxia Helanshan Manor Wine China
EngelandClassic Cuvée 2010, Nyetimber
FrankrykClos de la Roche Grand Cru 2017, Edouard Delaunay
FrankrykChablis Grand Cru Les Clos 2017, La Chablisienne
DuitslandKirchenstück Hochheim Riesling Trocken GG 2019, Domdechant Werner’sches Weingut
ItaliëBalciana 2017, Sartarelli
ItaliëVin Santo del Chianti Riserva Colmano 2000, Azienda Agricola Colmano di Piero Masi
ItaliëCarminium 2016, Inama Azienda Agricola
Nieu-SeelandCoal Pit Tiwha Pinot Noir 2018, Coal Pit Wine
Nieu-SeelandChurch Road Grand Reserve Chardonnay 2018, Church Road
Nieu-SeelandChurch Road 1 Syrah 2017, Church Road
PortugalFonte do Ouro Encruzado 2019, Sociedade Agrícola Boas Quintas
PortugalTyto Alba 2016, Companhia das Lezírias
Suid-AfrikaBoschendal Elgin Chardonnay 2018, Boschendal Wines
Suid-AfrikaGroot Constantia Sauvignon Blanc 2019, Groot Constantia Wine Estate
SpanjeLegaris Moradillo de Roa 2016, Raventós Codorníu
SpanjeGranbazan Limousin 2017, Agro de Bazán
SpanjeLustau Oloroso V.O.R.S 30 Years, Emilio Lustau

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Francois Le Cochon ·

Hoekom sien ek nerens die naam Tassenberg? Drink ek dan vir die laaste 40 jaar die verkeerde wyn?

wim ·

Tassies hoef nie beoordeelaars om te koop om die produk verkoop te kry nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.