Twee mans, ʼn veiligheidswag en ʼn vermeende rower, is Dinsdagmiddag tydens ʼn mislukte gewapende rooftog by Bosmont Café in Roodepoort doodgeskiet.
Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het ʼn groep verdagtes omstreeks 17:15 probeer om die onderneming te beroof, toe ʼn oor-en-weer-skietery uitgebreek het.
“Toe Netcare 911 en ander nooddienste by die toneel aankom, het die mans reeds aan hul skietwonde beswyk. Hulle is op die toneel dood verklaar,” het Mathe gesê.
Nog vier mense, waaronder twee verdagtes, het skietwonde opgedoen. Die twee verdagtes is kritiek gewond en is onder swaar polisiebewaking na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.
Die polisie ondersoek die voorval.
My innige meegevoel met die wag wat gesterf het.
Ek wonder altyd of die naasbestaandes darem bystand kry vanaf die werkgewer in so ‘n geval?
My broer het by SBV gewerk en is dood in nie werk vervante omstadnighede en hulle het ons baie mooi bygestaan. Hoop dit geld by alle sekureiteits maatskappye
My innige simpatie met die veiligheidswag se naasbetaandes. En vir die 2 nie verdagtes wat ook in hierdie voorval gewond was, mag jul pad van herstel sommer spoedig vir jul wees.