Twee sterf in twee brande in Kaapstad

Argieffoto

Twee mense is dood in twee aparte brande wat Woensdagoggend in Kaapstad uitgebreek het.

Volgens Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer en reddingsdienste in Kaapstad, het hulle Woensdag net ná 03:00 op ʼn brand in Mars-weg, Ocean View, gereageer.

ʼn Liggaam van ʼn man wat noodlottige brandwonde opgedoen het, is uit die puin verwyder. Die brand is net ná 04:00 geblus.

Nóg ʼn brand het dieselfde oggend in De Havilland-straat in The Hague in Kaapstad uitgebreek. Dit was na wat verneem word ʼn informele nedersetting wat in die brand deurgeloop het. By die aankoms van Belhar se brandweer en reddingsdienste, is dié nooddienste deur omstanders ingelig dat een persoon vermis word. ʼn Liggaam van ʼn minderjarige meisie is later gevind.

Die brand is om 9:22 geblus.

Die polisie is tans op albei tonele om ondersoek in te stel. Geen verdere inligting is nog bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

daniel ·

Daar is deesdae uitsonderlik baie brande. Is dit normaal of is daar n element van misdadigheid te bespeur?.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.