Twee tweelinge verkool onherkenbaar

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Cullan Smith/Unsplash)

Die polisie in Mpumalanga het bevestig twee tweelinge, onderskeidelik agt en 13 jaar oud, is Maandag in die vroeë oggendure verkool.

“Die polisie is na ʼn toneel ontbied waar ʼn brand by ʼn plakkershuis in die Marikana- informele nedersetting in Hendrina uitgebreek het,” sê brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie. Brandbestryders is ook na die toneel ontbied.

Ongelukkig is twee stelle tweelinge, twee seuns en twee meisies, dood verklaar.

“Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, maar los kabels was op die grond te sien. Dit kan dus moontlik met ʼn onwettige kragverbinding verband hou.”

Die 33-jarige ma van die kinders het hulle na bewering drie dae gelede in die sorg van hul 17-jarige boetie gelaat. “Toe die brand uitgebreek het, wou die broer sy broers en susters red, maar hy kon nie iets doen nie, omdat die brand reeds in ʼn gevorderde stadium was.”

Die ma en die 17-jarige seun is na ʼn hospitaal in Middelburg geneem om vir skok behandel te word.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Sy moes dalk gaan werk..en 17 jr is oud genoeg.vir oppasser

Swerwer ·

Dit is verskriklik. Kulture en opvoeding verskil darem maar net verskriklik.
Vir die 17 jarige moet dit verskriklik traumaties wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.